{"id":6390,"date":"2026-02-28T17:56:20","date_gmt":"2026-02-28T17:56:20","guid":{"rendered":"https:\/\/abbavader.co.za\/?p=6390"},"modified":"2026-03-02T11:54:23","modified_gmt":"2026-03-02T11:54:23","slug":"verduideliking-van-die-openbaring-van-johannes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/verduideliking-van-die-openbaring-van-johannes\/","title":{"rendered":"VERDUIDELIKING VAN DIE OPENBARING VAN JOHANNES"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>(Ontvang deur Gottfried Mayerhofer 1875)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie Openbaring van Johannes is `n afbeelding of beskrywing van die gewoontes en sedes van die totale tydperk wat op die planeet aarde gekom het, gedagteken vanaf My oorgang in die geestelike sfeer tot op die tyd van My terugkeer. Hierdie Openbaring was verduidelik, ondersoek en uitgel\u00ea deur menige ondersoeker. En tog het nie een die korrekte sleutel gevind om hierdie boeke te ontsluit van hierdie apartgesette Woord &#8211; of was in staat om die gebeure en periodes van alle tye na waarheid te oordeel nie, alles wat sou kom na My terugkeer na My Woning,- nie solank as wat die mens, as `n vrye wese, meester was van sy eie aksies nie. Nou, nadat ons amper aan die einde van die totale profesie gekom het, en die meeste daarvan het alreeds gebeur, sal Ek hierdie Openbaring stap vir stap aan julle verduidelik. Daarna kan julle vir julleself oordeel hoe ver verwyderd van die ware betekenis elkeen was wat probeer het om dit te deurgrond deur die letterlike sin van die Woord wat ook slegs deur analogie verduidelik kan word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eers totdat die mens die uitleg van die geestelike sin van die Woord\/e verstaan &#8211; wat \u2018korrespondensie\u2019 genoem word &#8211; is dit nutteloos om die innerlike sin van My Woord te snap en te verstaan. Selfs die groot aantal nuwe woorde wat julle tot nou toe bekom het, is getuienis hiervan. Want hoe meer julle dit lees, hoe geesteliker word dit in vergelyking met baie ander vroe\u00ebre verskillende uitlegte, aangesien die inhoud nou duideliker vir julle word. Julle moet begin vanuit die standpunt dat Ek, as Opperwese, slegs geestelik kan dink en spreek. Net so beklee Ek geestelike gedagtes en idees in woorde wat aan julle verstaanbaar is in ooreenstemming met die kapasiteit van die menslike brein of denke. Daarom is dit by verre nie die laaste interpretasie van hierdie woorde &#8211; soos wat julle dit verstaan en dit lees nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus, Ek het Johannes hierdie storie laat neerskryf deur My idees aan te pas tot sy vermo\u00eb om dit te kan verstaan. As Ek met `n ander manier met hom gespreek het, sou hy My nie verstaan het nie. Of hy sou My woorde mis verstaan het, of hy sou dit nie neergeskryf het uit vrees dat hy `n slagoffer van misleiding sou geword het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus vind julle in hierdie Openbaring slegs simboliese beskrywings. Julle vind \u201cDie Wraak van God\u201d, die \u201cPlae\u201d en baie ander uitdrukkings wat, in daardie tye, baie dikwels deur die profete gebruik was, maar wat nie bedoel was om letterlik verstaan te word nie. Ek, die God van Liefde, kan nie wraak, of haat, of gramskap uitoefen nie, wat absoluut onmoontlik is, alhoewel Ek, as God kan, deur middel van `n skielike vernietiging of deur&nbsp; morele dwang &#8211; alles onmiddelik terugplaas in hulle regmatige orde.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As Ek in vuur is oor iets wat Ek Myself geskep het en nie anders nie? Sal Ek miskien vloeke laat neerdaal op skepsele wat &#8211; net omdat Ek hulle geskep het as vrye wesens &#8211; mag faal en dan val ten einde die groot goddelike toerekenings en hulle waarde deur die teenoorgestelde te erken. Hoe kan julle die lig waardeer, maar weet niks van skaduwee of duisternis nie? Hoe kan julle die voordelige krag van hitte waardeer, maar weet niks van koue nie? Hoe kan julle die verhewe deugsaamheid, moraliteit, of morele gevoelens verstaan, tensy die teenoorgestelde bestaan? Hoe kan julle die idee van geestelike vooruitgang verstaan, tensy julle die weg na ondergang ken?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kyk, gevolglik volg dit dat al die Geskrifte van die Ou en Nuwe Testament baie dinge bevat wat nie bedoel is om letterlik opgeneem te word nie, maar slegs in ooreenstemming met die krag van insig wat in daardie tyd in swang was; maar dit bevat nog steeds vir ewig die groot kern van die geestelike. Dit is hoekom die geeste in die hoogste anderkant en selfs die engele geeste hulself daarin vir ewig die mees verhewe waarhede sal vind; en hoe ho\u00ebr hulle hulself bevind, hoe groter sal hulle eie geestelike insig wees. Dus is al My Woorde vir ewig `n ryk bron van geestelike rykdom wat nooit uitgeput sal raak nie, omdat Ek, as Oneindige Gees, kan slegs dink en spreek in die oneindigheid en het dit laat neerskryf deur my skryfknegte. Nou sal ons nog `n stap vorentoe neem en begin met die eerste hoofstukke van die Boek Openbaringe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie eerste hoofstukke het betrekking met die sewe gemeentes wat bestaan het na My opvaarding, wat as die eerste en beste, bedoel was om as basis te dien vir die bewaring van My relegie of geloof, of die eksegese (uitlegging) en opheldering van die Joodse godsdienstige kultus. Hulle was bedoel om aan te toon hoe om stadigaan die formele en die seremoni\u00eble te verander, oor na `n geestelike bewustheid ten einde die werklike, egte basiese waarhede te herstel wat in die Joodse relegie opgeteken staan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie gemeentes, wat bestaan het uit slegs `n paar uitgesoektes, was as nuwelinge &#8211; apart van die vervolging van hulle met `n ander geloof &#8211; ook uitgelewer aan foute as gevolg van die misinterpretasie van My Woorde. Daarom, die simboliese verwysings was daar wat die lede van die verskillende gemeentes aan hulle leiers sou moes onderhou, wat, as sterre van lig, die weg moes wys om te neem; sodat ook die gemeente (en individue) in eenheid met hul leiers, self \u201cbakens\u201d of gidse vir ander sal wees wat nog in die duister wandel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volgende hoofstukke bevat vermanings aan die verskillende gemeentes. Soos orals is daar altyd valse profete wat opstaan, oor-yweraar-verspreiders, en alle moontlike afwykendes van die menslike hart, presies omdat die betekenis van My Woorde verstaan was op verskillende maniere deur verskillende persone. Verde meer, hierdie gemeentes het verskillende verhoudings, gedeeltelik onder hulleself, gedeeltelik met hulle met wie hulle moet saamleef, en is dus blootgestel aan baie versoekinge.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In hierdie sewe gemeentes sal jy alle moonlike omstandighede vind wat oorheersend is onder die vry denkende mense; vurige mense vasgeklewe aan `n doktrine van geloof sowel as afskeiding van dieselfde, die vurige begrip daarvan sowel as die misverstaan daarvan, en die weifeling tussen die geestelike en die w\u00eareldse rigting. Net soos julleself, vorm as\u2019t ware `n gemeente, en kan ervaar dat dit \u201cnie die koud of warm\u201d, is nie, toepaslik op julle, soos dit was eens meer as een-duisend jaar gelede. En julle sal ook in konflik kom met die w\u00eareld wat julle omring, hoe meer julle vaskleef aan My onderrig, en dan is julle aktiwiteite en gedrag in teenstelling en konflik met die res van die w\u00eareld. So was dit met elke vestiging van elke nuwe godsdienstige sekte wat geglo het hulle is op `n beter pad. Net so is dit nou met julle, en dit sal gebeur met baie ander wat My Woorde beskikbaar stel tot voordeel van die w\u00eareld.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Iets anders is betekenisvol met hierdie eerste hoofstukke, naamlik, dat die bekende nommer sewe genoem word as `n geestelike simbool (sewe sterre, sewe gemeentes, sewe engele, sewe Geeste ens.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ten einde die nommer sewe meer duidelik te demonstreer voor julle geestelike o\u00eb, moet Ek julle aandag vestig op die belangrikheid om al die ongelyke nommers baie versigtig te ondersoek, sodat julle hulle belangrikheid beter kan verstaan &#8211; en in die besonder alle ongelyke nommers soos drie of sewe.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kyk, as julle baie versigtig die nommer sewe beskou of ook die nommer drie &#8211; geoordeel in terme van eweredigheid &#8211; moet julle agter kom dat met nommer drie, dat die twee enkel syfers, die een in elke kant is, en met die sewe, dat die drie aan elke kant is:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir harmonie in die geestelike sin is dit slegs moontlik waar daar `n basis of `n sentrale punt rondom is waarom elke ding draai, waarop dit staat maak en waardeur dit ondersteun word. Nou, by die nommer drie moet julle altyd&nbsp; die middelste syfer in aanmerking neem as die sentrale punt waarop die ander twee relatief op staat maak, wat daardeur gekom het, of betekenis daardeur gekry het. Net so met die nommer sewe waar die drie aan elke kant die vormende is. Komplimenteer en bindende faktore van die geheel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Neem My Sewe Eienskappe (Geeste) en julle sal vind dat Orde in die middel is; want sonder Orde kan niks bestaan nie, en dus is dit die fundamentele pilaar van alles wat geskep is, as dit onderhou word. Julle sien, Orde kom voort uit die Liefde, Wysheid en Wil, Orde moet dus die basis van die vorige wees, sowel as die opvolgende Eienskappe, dit is, die basis van Erns, Geduld en Barmhartigheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Neem die eerste drie Eienskappe: Liefde, Wysheid, en die Wil. Weer-eens &#8211; Wysheid, net soos die Orde, is die fundamentele pilaar van die vorige. En as julle na die laaste drie kyk, is Geduld die hoof faktor tussen Erns en Barmhartigheid. Want as ek vrye wesens skep soos Myself, moet Geduld ten alle eerste teenwoordig wees om te verhoed dat Ek My eie Werke vernietig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat Ek nou hier aan julle demonstreer aangaande My Eienskappe, kan julle ook leer uit die Wet van die Sewe Kleure en die Sewe note van Musiek, wat ook materie\u00eble korrespondensies van My Geestelike Eienskappe is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons sal nou voort gaan na die volgende hoofstukke. Net soos die Openbaring die grootsheid van al die afbeeldings verteenwoordig van My godsdienstige onderrig, so moet die verduidelikings ook aan julle toon hoe elke ding plaasvind. Hoe, en spoedig, die Duisend-jarige Regering hierdie harmonie moet herstel wat bestaan het tussen Myself en My dissipels, en wat later herstel sal word tussen Myself en alle mense sodat daar slegs EEN herder en EEN kudde sal wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volgende hoofstuk bespreek `n visioen van Johannes, en toon aan hom die Meester en Skepper as Opper Heerser van die hemele. Sy tydgenote beskou die prentjie soos wat hulle dit waarneem soos wat dit is: Hy sit op `n Troon, omring deur die oudstes en die vernaamstes versier met goue krone. Hier kan julle weer sien dat Ek, om verstaanbaar te wees, gebruik moet maak van Johannes se intelligensie. Dus, die getal van die oudstes, vier-en-twintig, is die nommer van die hoogste priesters in Jerusalem waar vyf-en-twintig, insluitende die Ho\u00eb Priester, die hele Raad verteenwoordig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat betref die vier diere en die see van glas, die diere op sigself is die beliggaamde eienskappe van Myself: die leeu as die sterkte en krag of die almag; die kalf as die simbool van sagtheid; die mens as geestelike&nbsp; vermo\u00eb; en die arend as heerser oor die universele eter. Die feit dat hierdie diere toegerus is met baie o\u00eb en het vlerke net soos arende, beteken die universele soewereiniteit oor die aarde en die hemele. Maar die see van glas verteenwoordig alwetenheid, en beteken; voor die O\u00eb van Elohim is alles deurskynend, en Sy starende blik beweeg reg deur die universum met die spoed van `n arend. Met die sterkte van die leeu regeer Hy almal, met die sagtheid van die kalf herstel Hy alle mishandeling, en met Sy Gees, soos `n menslike wese in Sy beeltenis, veredel en vergeestelik Hy alles, sodat selfs dit wat materie is, in die toekoms kan terugkeer na die punt van waaruit dit voortgekom het. En na alles buig die kragte van die skepping &#8211; bewustelik of onbewustelik &#8211; voor die soewereine Skepper, die oudstes, wat die groot geestelike w\u00eareld aan die anderkant verteenwoordig, val ook op hul knie\u00eb om die nodige lofprysing aan die Skepper te bring!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus was Johannes ten eerste in metaforiese analogie die majesteit van Elohim getoon, voordat hy in staat was om te verstaan Wie die Een was wat op hierdie aarde neergedaal het ten einde die mense te red van die verloor van hul totale geestelike waardigheid. Dit was die begin van die groot gistings proses wat geestelik opgewek is op hierdie aarde om die suiwerste onderrig te vestig wat die Elohim waardig is, as `n Seun van die mens, deur Sy grootste vernedering om van nuuts af die hoogste menslike waardigheid van die inwoners van die aarde te hernu.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar deur die loop van tyd was daar `n weerstand oor alles, en die finale uitslag hiervan word alles beskrywe deur middel van korresponderende metafore in die opvolgende hoofstukke. Soos dit inderwaarheid gebeur het toe die Goddelike ten eerste verhoog was deur die mens, en dan verneder word, maar in sy finaliteit &#8211; as oorwinnaar van die gees oor die materie &#8211; `n permanente regering van vrede en kalmte te kom vestig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die volgende hoofstuk word Johannes `n boekrol getoon, beskrewe aan die binnekant en aan die buitekant, en is gese\u00ebl met sewe se\u00ebls. Dit beteken my enigste en ware Onderrig wat Ek aan die mense in twee bondige en verstaanbare Gebooie gegee het. Hierdie proklamasie, deur die Seun van die Mens as die \u201clam\u201d (simbool van onskuld en lyding) is wat bedoel word deur die \u2018ontse\u00ebling\u2019 van die Boek van die Lewe verse\u00ebl met My Sewe Eienskappe, sodat Hy dit bekend kan maak aan die gehele skepping en veral aan die mense op hierdie aarde.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die eerste se\u00ebl verteenwoordig `n prentjie van `n wit perd<\/em> wat opkom uit `n Boekrol as `n simbool van My alles-omvattende Liefde, gekroon met al die ander Eienskappe, en met `n boog om die mees verharde harte te verwond, sodat alles een dag in liefde opgelos kan word. Die w\u00eareld was uit liefde geskep, uit liefde het Ek afgedaal na die aarde, en is uit liefde dat My eerste hoeksteen sal bestaan, wat My goddelike Onderrig sal bevestig op aarde, en wat nooit oorwin sal word nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die tweede se\u00ebl produseer `n rooi perd, <\/em>`n simbool van wysheid, of in menslike terme, van rede en die krag van oordeel, wat alles krities wil analiseer. Dit sal die goddelike hemelse onderrig vergelyk met bestaande materie, en daardeur die verskille blootl\u00ea. Daarom sal die gevolge wees, nie vrede nie, maar konflik, soos die menslike passie in konflik is met die beginsels van die siel van die geestes-gesinde mens, wat die dweepsug aan beide kante as gevolg sal h\u00ea &#8211; godsdiens oorlo\u00eb aan die uiterlike, en innerlike konflik van die gewete &#8211; as `n noodwendige gevolge van twee ekstreme strome wat mekaar opponeer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die derde perd wat tevoorskyn kom was swart, <\/em>en sy ruiter hou `n paar skale vas. Dit was die ferm en geregverdige wil wat vasbeslote is om die finale doel na te volg, onversteurd deur enige ander hindernis. Die wil korrespondeer met die geregtigheid, wat die aksies oorweeg, die goeies bring hulle eie belonging, en die slegte hulle eie straf. Geregtigheid moet oral die oorhand h\u00ea, beide in sake van die geloof en in die sosiale lewe. Ek, as die Gesalfde, het die mensdom geleer om die onderrig wat hulle ontvang het, beter te verstaan. Ek het hulle liefde en wysheid geleer wat die liefde op sy regmatige plek toeken. Ek het hulle verdraagsaamheid en regverdigheid teenoor almal geleer, en hierdie drie se\u00ebls is daarom die sleutel hoe My Onderrig versprei moet word as hulle wil h\u00ea dit moet veredeling onder hulle bewerkstellig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die vierdie se\u00ebl wys aan julle `n vaal perd, <\/em>dit is, `n onbeduidende kleur, nie koud of warm nie, maar metafories, soos `n mens dit kan stel &#8211; dood! Maar dood dui nie die einde aan nie, maar slegs `n oorgang (transformasie). Dus is die kleur van die perd soos die pad gedurende die transformasie wat deur My Onderrig teweeg gebring is, waarop geloop kan word &#8211; of opwaarts &#8211; of afwaarts: Opwaarts na `n ho\u00ebr vergeesteliking deur die aanvaarding &#8211; en afwaarts deur die verdierliking van die edel eienskappe wat Ek, as Skepper, in die menslike hart geplaas het. Hierdie se\u00ebl korrespondeer tot die orde of die ordelike koers van alles wat geskep is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie lei natuurlik tot die uitleg van die <em>vyfde se\u00ebl <\/em>waar die offers metafories beskrywe word wat, ter wille van My Onderrig, materialisties gemaak is op grond van die mens se hartstogte. Daar is alreeds op gesinspeel wat die belonging in oorwinning vir hulle gaan wees wat alles wat hy het &#8211; sy eie natuur, en sy eie fisiese liggaam ter wille van die geestelike gaan opoffer. Dus waar die skale van geregtigheid hier metafories voorheen afgeskilder is, is die belonging en opperste saligheid vir hulle bedoel wat te midde van worsteling, daarin sal slaag om die banier van hulle Elohim se Onderrig te beskerm en hoog te hou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die sesde se\u00ebl<\/em> toon aan julle `n totale revolusie op die hele aarde, dit is, korrespondenslik: die dryfkrag na die geestelike Onderrig sal alle sosiale omstandighede verander. Die vurige haas om daardie doel te bereik sal die opponente aanspoor tot eweredige haas. Daar sal innerlike en uiterlike oorlog en verwoesting wees; hulle wat kragtig is sal die swak nasies bestorm, en die nasies sal teen hul regeerders opstaan as hulle regte te veel ingekort word. Dus sal die relegie van liefde, vrede en verdraagsaamheid, in die stryd vir sy eie oorlewing, slegs aanleiding gee na die opkoms van die teenoorgestelde, en hierdie kragte sal oorlog maak &#8211; die een teen die ander totdat die geestelike oorwin het. Hierdie sesde se\u00ebl korrespondeer daarom om Geduld wat niks anders beteken as &#8211; dit is nutteloos om daarteen te stry! Wanneer `n godheid Sy goddelike reg wil neerl\u00ea, moet selfs die rotse ingee, want Syne is die geregtigheid vir ewig en ewig!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En kyk, hulle wat met die se\u00ebl gemerk is, korrespondeer met hulle wat oorwin het en aan wie die geluksaligheid toegestaan is waarvan Ek gespreek het: \u201cHulle wat in My Woord glo en daarvolgens handel, sal vir ewig die geluksaligheid aan die anderkant geniet wat die menslike oog nog nooit gesien of van gehoor het nie!\u201d Hierdie geluksaligheid word aangedui deur die wit bekleding as `n simbool van onskuld en reinheid. En hulle wat gemerk is sal die belonging ontvang vir al die lyding en beproewinge wat hulle moes verduur ter wille van My en in die naam van My Godsdiens en Onderrig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op hierdie manier sal die hele prentjie stadigaan ontwikkel, wat duidelik die hele geskiedenis van My Onderrig beskrywe gedurende sekere tydperke in tyd, vanaf die eerste woord van liefde na al die godsdienstige oorlo\u00eb, vervolgings, en offers deur fanatiese priesters.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die oopmaak van die <em>sewende se\u00ebl<\/em>, of die einde van die hele ontwikkelings proses, en ten spyte van al die plae en verdrukkings, doen die genade uiteindelik sy werk, en word afgeskilder deur die sewe oproepe van die trompette en die daaropvolgende plae, wat slegs deur middel van `n skoonmaak proses die mense teruglei na die uiteindelike goeie. Netso is die trompet se geroep `n afskildering van die morel- geestelike veranderinge wat nou plaasvind in die menslike hart sodra die tweesnydende swaard van vertwyfeling tussenbeide kom en die wantroue van ongeloof word gegesel met sy roede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus, die wierook offer op die altaar van liefde was, metafories, `n plaag op die selfsugtige mensdom. Soos wat, metafories gesproke, elke ding wegkwyn, so sluit die mens sy hart vir alle edele eienskappe; hy wil geen deel h\u00ea aan `n relegie wat offers vereis en wat sy w\u00eareldse hartstog en begeertes beteuel nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos wat vuur, figuurlik gesproke, elke ding verwoes, so verwoes die hartstog en begeertes alles wat goed is. Vervolgings vervang verdraagsaamheid die dinge wat die geloof aangaan &#8211; een prober die bloed vernietig wat suiwer van geestelike aard is en daarom onuitwisbaar. Dus was dit nog steeds onder die Romeine in die vroe\u00eb Christelike tydperk, toe alle moontlike wreedaardighede ontstaan het uit fanatiese godsdienstige gebruike wat bestaan het onder die heidense priesters waarop die priesters die stempel van godsdienstige heiligheid geplaas het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat met individue gebeur het, was later uitgebrei na die massas; hoe meer die gelowiges gegroei het in getalle, hoe meer het die vervolgings gegroei teen hulle; en hoe groter die ywer vir die suiwer onderrig, hoe groter die offers van martelare. Dus het dit gebeur dat, nadat die Roomse Ryk geval het, daar twee biskoppe op die troon gesit het, een in Bizantyn en die ander in Rome. Hulle was nooit in ooreenstemming nie, en vertroetel hierdie disharmonie vir hulle eie voordeel. Soos in die vroe\u00eb tyd, was die Christene vervolg deur die heidene, en nou vervolg die pouse die massas wat nie glo in dit wat hulle dink reg was nie, of wat hulle verkies om te verklaar as die waarheid op daardie oomblik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is vanaf die tydperk van die verdeling van die Roomse Ryk wat die latere Biskop van Rome die Pous geword het, dat die godsdienstige oorlo\u00eb begin het; die twiste van die Kerklike Rade, die vervolgings deur die Kerk met die Inkwisisie, die onderwerping van die konings deur die Pouse, en uiteindelik die Kruistogte! Dan kom die pogings vir die reformasie en die bloedige gevolge hiervan in al die lande, asook die ontwikkeling en ontstaan van verskeie siektes bekend as die \u2018plaag\u2019 (pestilensie) ens. &#8211; en dit deur die vermenging van die menslike rasse. Al hierdie dinge is metafories verteenwoordig in die roep van die trompette en die skale van die toorn van gramskap, en ook die korresponderende geestelike metafoor \u201cDie Vrou se oorlog met die Draak\u201d; `n prentjie van die oorlog tussen die menslike hartstogte en w\u00eareldse belange aan die een hand, en die geestelike vooruitgang en onderrig van die liefde aan die ander hand. Verder meer ook die arbeidspyne in die leiding van die eens-beginnende werk tot aan die einde; en dan die geweldadige worsteling met die Bose Een wat ontsteek is teen almal wat teruggedraai het na die geestelike.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al hierdie sinnebeelde soos gesien deur Johannes is niks anders as uitdrukkings van die woeste weerstand wat My Onderrig ontsteek het, en sy natuurlike gevolge, en in die oorlog tussen die goeie en die bose, moet en sal die goeie in sy finaliteit triomfeer. Moet nie aanstoot neem oor die vorm van die sinnebeelde nie; hulle was in ooreenstemming met die begripsvermo\u00eb van daardie tyd en met die manier van skryf wat toe ingebruik was. Op geen ander manier was dit moontlik om die mensdom te be\u00efnvloed in die eeue wat kom nie, wat baie min liefde geken het, en op die uiterste, onderworpe aan vrees. As Ek, as die Elohim van Liefde, die hele proses van ontwikkeling georden het in die taal wat toe in swang was in daardie tyd, sou die woorde vervaag het, en niemand sou omgegee het vir hul geestelike betekenis nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skerpioene, die drake met die sewe koppe, tien horings en goue krone dui op die veelvuldige uitlegte van My Onderrig, soos dit somtyds, ondersteun deur die w\u00eareld se outoriteit, mense dwing om sekere godsdienstige dogmas en seremonies aan te neem, wat aanleiding gegee het tot die stigting van baie godsdienstige sektes.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sinnebeelde toon die historiese wel bekende opper-heerskappy van die kerk tesame met die metodes waardeur dit opgestaan het in sy mag; en ook hoe mense in groot getalle die slagoffers was van die fanatisme van die Roomse Kerk en haar inkwisisie. Die daaropvolgende beskrywing van die godsdienstige ywer verminder geleidelik en die w\u00eareldse denke triomfeer skynbaar, deur hoe goud en silwer nou meer gesog is as geestelike rykdom, dit kan julle lees in die volgende hoofstukke. Die se\u00ebvierende opkoms van boosheid onder die vaandel van godsdienstige kultusse, later deur die ontdekking van die wetenskappe en die verval van eersgenoemde, maar ook van enige godsdiensywer, en die oorgang na materialisme, word die val van die Roomse Kerk in hierdie sinnebeelde voorspel, alhoewel, nie dat Ek haar verwerp het nie, maar sy het haar eie ondergang teweeg gebring, en moet beloon word in ooreenstemming met haar eie aksies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die vermoorde profete wys na die martelare van vroe\u00ebre tye, toe menige God-ge\u00efnspireerde mens op die brandstapel moes sterf. Daar het nie `n eeu verby gegaan sonder dat Ek profetiese wakker-makers uitgestuur het wat moes voorkom dat die mensdom in `n totale geestelike slaap verval nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skale van gramskap en hulle besonderse effekte dui op die epidemies en die oorlo\u00eb wat die mens self na vore roep, gedeeltelik deur hul eie onnatuurlike metode van leefwyse, en gedeeltelik deur die pleeg van skadelike wreedaardighede. Selfs nou kan julle aanskou hoe die effekte van selfsug, materialisme, onbeteulde hartstogte, in die algemeen en individueel, die onheil van allerhande soorte na vore bring; onheil ter see en op die land, onheil deur natuurlike katastrofes veroorsaak deur die mens se swak behandeling van hulle eie aarde, selfmoorde en moord in enige vorm as gevolg van die gebrek aan enige godsdienstige gevoel, gebrek aan geloof in die bestaan van `n ander w\u00eareld, en so aan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oorweeg al hierdie dinge tesame en skryf dit neer in die skilderagtige taal van die Ooste soos My dissipel Johannes eens gedoen het, en julle kan selfs meer skale van gramskap byvoeg wat gelykwaardig net soveel aaklige omstandighede beskrywe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus het My Onderrig deur al hierdie fases gegaan waartoe die menslike hart in staat is, vanaf die suiwerste vroomheid tot blatante ongeloof en die verwerping van alles wat gegee was. Julle sien dit voor julle in metafore, van die strengste vasklewing aan My gebooie, tot die skoolmeesteragtige uitlegging van My Woorde, tot die totale verwerping van alles wat geestelik is wat gepreek word deur duisende stemme in `n sigbare en `n onsigbare gesteldheid. Dit was gegee in die vorm van `n vermaning en die roep van die trompette, wat, as gevolg van die nie-nakoming daarvan, vinning opgevolg is deur die aksie van straf. Beginnende by die skale van die grimmigheid en hulle uitstorting &#8211; as `n simbool van wat boos, morel en fisies onnatuurlik is wat hulle eie straf aanbring &#8211; julle sien dit baie duidelik voor julle; Hoe My sewe Eienskappe aangedryf word, bietjie vir bietjie, na dit wat die beste is; hoe die vrye natuur van die mens in teenstelling daarmee is, hoe afwyking na afwyking, en dwaling op dwaling mekaar opvolg! Hoe die pogings om My Woorde uit die verstand van die mens uit te roei alles nutteloos is, en hoe selfs die slegste na die beste sal en moet lei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie lang uitgestrekte konflik van die draak met die hemel, hierdie vervolging van die vrou met haar kind &#8211; die Gesalfde as Vredemaker &#8211; al hierdie dinge sal julle nou duidelik verstaan. En dit sal nou aan julle duidelik word dat na hierdie lang uitgerekte oorlogs kragsinspanning (tug-of-war) daar een of ander tyd `n beslissing moet volg, wanneer dit bepaal moet word wie die oorwinnaar en wie die oorwinde is! Julle nader nou daardie tyd. Dit word aangebied deur die metafoor van die Duisendjarige-Regering as die geestelike lewe van vrede wat aan diegene toegeken gaan word wat nie gemerk is met die teken van die dier nie, maar met die teken van Elohim.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Net v\u00f3\u00f3r My Neerdaling, was daar `n geestelike oorlog in `n gematigde vorm aan die gang tussen die geestelike en die materie, en hierdie proses van afskeiding moet lei na `n finale resultaat na My Opvaarding, dan sal daar `n tydperk van vrede neerdaal na hierdie meer as duisendjarige konflik. Dan sal die mens weer begin om `n ware menslike wese te wees, soos wat Ek hulle geskep het, en soos wat Ek hulle wil h\u00ea, &#8211; as hulle wil h\u00ea dat Ek hulle \u201cMy Kinders\u201d wil noem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit sal die tyd van vergelding wees, die tyd wanneer die geestelike die materie oorwin het, wanneer die mens, as burger van twee w\u00earelde, net so tuis sal voel in die een as in die ander, sodat My Woorde uiteindelik verstaan sal word, en My vorige afdaling in julle w\u00eareld gewaardeer sal word in die volle lig van sy goddelike missie, en dit opgevolg met liefde! Dit sal die tyd wees wanneer die draak neergevel en gevange geneem sal word, en die Tien Gebooie van Moses en My eie Twee verstaan sal word in hulle ware betekenis en bedoeling. In hierdie tyd van vrede en kalmte, sal ook die koninkryk van die geeste in staat wees om hulle aktiewe deel by te dra, sodat diegene wat agter gelaat word, ge\u00efnspireer deur die voorbeeld van die lewende menslike wese, meer gemaklik sal vorder as wat dit tot nou toe moontlik was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie tydvak in die <em>Boek van Openbaring<\/em> is onder die titel van \u201c<em>Die- Duisendjarige-Regering<\/em>\u201d of ook genoem \u201c<em>Die Nuwe Jerusalem<\/em>\u201d. Want Jerusalem was eens die plek waar die <em>\u201cHeilige Ark\u201d<\/em> van die Verbond gehou was in die tempel waar die ewigdurende brandende vlam gebrand het, en waar slegs Psalms en wierook op die offertafel die suiwerste goddelike diens aan JHWH (IEOUA) aangekondig was. Hierdie Jerusalem was&nbsp; nou besoedel en ontheilig deur sy eie priesters, en deur My ervaring van die dood daar as `n menslike wese &#8211; in plaas van `n se\u00ebn &#8211; het dit `n vloek op himself opgehoop; hierdie Jerusalem waarvan sy ondergang deur die profete voorspel en deur My bevestig was, sal geestelik weer afdaal na julle aarde. Dit sal kom soos in die grootsheid en praal van sy eertydse glorie, en bring vrede, kalmte en rus aan almal van hulle wat glo in Die Een wat eens in hierdie stad gepreek het, wat hier gely, gekruisig was en opgestaan het. Hierdie stad, as `n simbool van die eerste vergadering van die Skepper met sy geskape wesens, sal neerdaal met die oorwinning en vrede vir almal, na soveel konflik en lyding, en wat die status van kindskap van die Elohim verkry het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos wat die Jude\u00ebrs eens net een Jerusalem geken het, so sal dit wees &#8211; daar sal net een gemeente wees, een herder en een kudde! Die godsdienstige sektes sal verdwyn, en Elohim, die Skepper en Meester, wat eens julle aarde bewandel het as `n menslike wese, sal herken word soos wat Hy is; wat Hy was, en wat Hy nou is, en wat Hy sal wees tot in alle ewigheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeenskap van die geestelike w\u00eareld sal versterk word deur die feit dat Ek Myself sigbaar in person sal kom na My kinders om hulle te troos en om aan hulle te bewys dat alles wat My apostels geskryf het, en wat Johannes ges\u00ea het in sy Openbaring, in vervulling gegaan het. Eens, as al die geestelike en materie\u00eble oorlo\u00eb opgehou het, dan sal elkeen My verstaan en sal gewilliglik My Gebooie volbring, wat begin met die liefde vir jou naaste, en eindig met die liefde tot Elohim.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar selfs die Duisend-Jarige-Ryk sal gevolg word deur `n ander epog, wanneer die mens se dierlike natuur een laaste aanslag sal maak, en die Gevalle Groot Gees sal sy afstammelinge opeis. Helaas! Sy pogings sal pure verniet wees, en hyself sal die vraag in die gesig staar; om voort te gaan &#8211; of agteruit, wat sy toekomstige bestaan of nie-bestaan sal bepaal!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al hierdie is die ware essensie van die Boek Openbaring van Johannes. Gegee as metafore, maar gelees met geestelike o\u00eb en in die taal van die \u2018korrespondensie\u2019 (of analogie), sal dit duidelik aantoon hoe hierdie klein blommetjie van liefde, deur My geplant in die harte van die mensdom, nooit ontwortel sal word nie. En hoe hierdie kern van goddelike oorsprong nooit uitgeroei kan word nie, beide in die geestelike en die materie\u00eble sin, des ondanks al die planne aan die kant van hulle wat die mag besit. Liefde, wat die fondamentele Eienskap van Myself is &#8211; \u201cEk\u201d was die rede waarom Ek die universum geskep het. Hoe kan hierdie vonk ooit verlore raak of tot niet gaan? Tevergeefs het hulle hierdie gebou geskud, tevergeefs het die mens prober om My woorde verkeerd uit te l\u00ea. Dit het alles weer op hulle teruggespring en hulle moet nou oes wat hulle gesaai het. So, nou kan julle sien hoe al die wetenskaplike en haarklowery uitlegte van die liefdes-woord van die Heilige Skrifte stadigaan verdwyn soos sneeu voor die Son van die Waarheid!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe groter die weerstand aan die een kant, hoe vinniger ontwikkel die proses aan die ander kant. Dus, as `n finale gevolg, &#8211; al hierdie aktiwiteite sal slegs My Onderrig bevorder en plaas dit onder `n meer helderder lig, en meer en meer berei die grond voor vir die oorgang na die Duisend-Jarige-Ryk. Dan sal die Nuwe Jerusalem, as die simboliese Tempel van Vrede, die vereniging tussen My en die mensdom herstel, en tussen die mensdom en die geestelike w\u00eareld, waar geen trompet geskal of skale enige verwoestende effekte sal veroorsaak nie, maar waar selfs op julle aarde, die wesens daar, soos die diereryk en die planteryk, dieselfde tipe liefde sal aanneem wat die mense nou in hulle het. `n Hele generasie van die manslike ras, verenig in bande van liefde, sal mekaar help, waar nie die meester en kneg, maar die band van broederlike en sisterlike liefde totale nasies sal verenig; waar grondgebiede se grense sal verdwyn en die hoofde van state en pouse nie meer langer sal prober om die mensdom te verslaaf nie &#8211; die eersgenoemde die fisiese en laasgenoemde die geestelike magte.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gelei deur `n innerlike rasionale godsdiens, sal hulle meer geredelik luister na die influisteringe van ander volwasse geeste en selfs My Stem en dit dan glo. Dus, selfs die gemeenskaplike verkeer met die geestes w\u00eareld sal `n bindende faktor wees waardeur die dood met sy afgryslikheid verban sal word vanaf hierdie aarde, en die ander w\u00eareld aan julle aangebied sal word presies soos wat dit werklik is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus het julle hier `n verreikende geestelike uitleg van die Openbaring van Johannes. Alhoewel, nie soos wat die w\u00eareld dit van My verwag nie, maar op `n manier waarop die w\u00eareld dit kan verstaan, maar deur te leer om dit met `n geestelike oog te lees. Metafore bly metafore, en elke metafoor is gebaseer op `n gedagte wat dan daarna streef om homself individueel in vorms uit te druk. Dit is hoe julle die metafore van die Apokalips (Openbaring) moet verstaan, en nie woord vir woord nie, andersins sal julle nooit die regte vertolking vind nie, omdat daar te veel teenstrydighede sal ontstaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bowendien, julle moet ook aanvaar dat `n verskillende assosiasie van idees en denke in die geestesw\u00eareld bestaan as di\u00e9 wat bestaan onder die mense wat hier op aarde&nbsp; lewe, en daarom, visioene soos die wat gesien is deur Johannes moet `n ander karakter h\u00ea wat anders is as julle aangeneemde en goed geordende spraak. Kyk, sedert die vroegste tye word gedagtes nie in woorde uitgedruk nie, maar eerder in \u2018prentjieskrif taal\u2019; selfs die Egiptenare het sulke tekens op hulle monumente nagelaat. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die Ooste is \u2018prentjieskrif\u2019 nog steeds in gebruik. Dit is `n oorblyfsel van tye baie lank gelede toe die mensdom nog naby sy oorspronklike bron was, en sy manier van uitdrukking was ook nader aan die geestelike w\u00eareld.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al hierdie voorbeelde&nbsp; bewys ook dat na die oorgang in `n ho\u00ebr lewe, en in ooreenstemming met die vlak van geestelike vordering, die spraak en kommunikasie tussen geeste baie anders sal wees as die stadige woord, waarvan julle baie moet gebruik om `n enkele gedagte uit te druk. Wat betref My hele skepping, wat anders as `n \u2018prentjieskrif\u2019 is dit vir julle almal? En so sal dit bly totdat julle in staat is om die dieper geestelike \u201choekom\u201d wat inherent daarvan is, te verstaan; hoekom is al hierdie dinge so geskep en nie anders nie. Net soos wat julle `n taal van julle eie het, net so het Ek Myne in die sigbare natuur, en so het die geeste van die ho\u00ebr streke hulle eie taal van kommunikasie wat klaarblyklik anders klink as wat in werklikheid daarbinne verborge is. Daarom is dit `n nuttelose poging vir julle geskooldes om die w\u00eareldse woorde en konsepte op die geestelike natuur toe te pas. Vir hierdie einste rede is My teenswoordige Woorde wat, in toevoeging tot die uitleg van `n groot Openbaring, bedoel om julle `n stappie verder te neem in My Huishouding in. Ek sal dit aan julle oorlos om die vredevolle metafore van Openbaring te verstaan en slegs die meer moeiliker gedeeltes te verklaar waarin daar klaarblyklik niks anders die oorhand het as Elohim se toorn en onverbiddelike vergelding nie &#8211; ten einde dat julle nie sal versuim om ook die metafore van Elohim wat ook liefde is, mis te kyk nie. Die tyd kom nader wanneer die geestelike wind, wat homself nou manifesteer, sterker sal waai, wanneer julle nie, soos riete, heen en weer gebuig word nie, maar sal binnekort geneig wees om die korrekte pad te neem wat Ek vir julle uitgel\u00ea het. Daar sal, soos die Bybel metafories s\u00ea, valse profete opstaan. Die mensdom sal baie onheil veroorsaak met die suiwerste Onderrig, met geeste kommunikasie, inderdaad, met alles, net om hom te dien om sy dieragtige passies te bevredig. En totdat die Koninkryk van Vrede sal aanbreek, sal menige skaal van grimmigheid op die mensdom uitgegiet word &#8211; en dit deur die mense hulleself, soos wat die partye geestelik en materiel mekaar opponeer op `n meer vyandige manier. Deur hierdie gevegte sal die laaste skale tot hulle vervulling kom, waarna daar `n depressie, ellende, en gejammer sal volg, waarna alle weerstand nutteloos sal wees. Sommiges sal in wanhoop verval, maar ander sal vertroosting verwag op die einde in gelatenheid en met dit die oorwinning van `n goeie saak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die meeste wat in Openbaring afgeskilder word se ontwikkelende krisisse het alreeds verby gegaan, maar die slegste moet nog kom. Maar julle moet Geduld h\u00ea en vertou op My. Julle wil My kinders word. Toon julleself dan waardig teenoor hierdie naam en die oorwinning soos voorspel in Openbaringe, sal julle nie faal nie. Wees voorberei op enige ding! Dit is nie Ek, maar die mens se dierlike natuur, hulle kunsmatige geskepte ongeloof, hulle onberheersde begeerte na mag en geld wat sal help om hierdie metafore te vervul van die skale van die grimmigheid en die roep van die trompette.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Natuurlik moet daar `n suiwerinsproses plaasvind voordat Ek Myself julle aarde weer gaan betree. Soos gedurende bedompige weer, maak die donderstorm die lug skoon deur al die giftige gasse na die aarde te forseer sodat daar suiwer lug kan begin vloei, net so in die geestelike suiwerings proses, as die weerstand sterk is moet dit kragtige uitbrake te voorskyn roep, waarsonder geen gelykmaking kan plaasvind nie. Op julle aarde sal elke konflik deur alle partye be\u00efndig word, deur die erkenning van hulle eie onbewustelikheid en My Alomteenwoordigheid waarteen enige weerstand nutteloos sal wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daarom, aanvaar hierdie uitleg van Openbaring as `n afskildering van alle fases waardeur `n goddelike idee moet gaan voordat dit sy eintlike waarde bereik. Laat hierdie visioene dien as `n gelykenis vir julle om aan te toon hoeveel dit neem totdat die goeie die boosheid oorwin, en die boosheid himself verklaar as die verslaande! As geestelike denkers, neem hierdie visioene as korresponderende wenke. Want net soos wat Johannes die roete van die Christendom in die gees gesien het, is dit gelyktydig afgespie\u00ebl sowel as in die geestelike as die materialistiese sfeer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>[Swedenborg verklaar dat alle profesie\u00eb speel eers in die geestelike sfeer af voordat dit op die aarde op `n natuurlike, letterlike sin afspeel. Daarom s\u00ea hy dat die Boek van Openbaring alreeds afgespeel of volbring is in 1757 waarvan hy `n getuie was, want hy was daar teenwoordig om sy waarnemings te maak. Sien my vertaling uit Swedenborg van die \u201cBoek van Openbaring\u201d waar hy al hierdie simbole beskrywe en uitl\u00ea en aan ons verduidelik hoe die Boek van Openbaring beskou en vertolk moet word.]&nbsp;<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sulke verklarings, soos die trompette se roep en die skale van die grimmigheid is afgelaai op idees. Gelukkig is hy, terwyl hy die bitterste medisyne neem, sal weet hoe om die helende eienskappe daaruit te trek! Die geestelike uitsuiwering en ontwikkeling proses bly oral oor dieselfde stryd van die geestelike teenoor die dierlike natuur: Self-opoffering van jouself, verdraagsaamheid teenoor ander! Daarom, laat elkeen sy eie lewe ondersoek, en hy sal in hierdie visioene van Openbaring meer of min vind dat dit die storie van sy eie lewe is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>(Ontvang deur Gottfried Mayerhofer 1875) \u201cDie Openbaring van Johannes is `n afbeelding of beskrywing van die gewoontes en sedes van die totale tydperk wat op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[24],"tags":[],"class_list":["post-6390","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-brief-letter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6390","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6390"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6390\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6418,"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6390\/revisions\/6418"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6390"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6390"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/abbavader.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6390"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}