Inleiding:

Abba Vader website
Abba Vader is die Liefde Self. Tydens n buitengewone buite-liggaamlike ervaring het ek, eenvoudige
mens, hierdie Hemelse Liefde eerstehands ervaar. Ek het myself skielik bevind in n oneindige, lewende
veld van lig waarin salige, lewende golwe van liefde tot in die oneindigheid strek. In hierdie veld van
liefde en lig was daar ‘n enorme, helder reënboog wat tot aan die hemele reik. Ek was binne-in hierdie
see van lig en liefde, dit het in my en deur my vibreer in alle rigtings tot in die oneiendigheid. Dit was
wonderskoon, onuitspreeklik mooi en verruklik. Ek het geweet dit is die veld van die oneindige Liefde,
ons Abba Vader.
Ek het gesien dat die doel van die lewe is om die Ewige Liefde na te strewe, om dit te word. Daar is geen
doel belangriker as dit nie. Ek het hierdie ervaring al in 1999 ervaar, en in 2005 het ek n boekie daaroor
geskryf, met die titel Reënboog in jou hart. Die boekie en my insigte word op hierdie website gedeel. My
doel is om Abba Vader lief te hê en te dien, en ek hoop om mense op ‘n nederige en eenvoudige manier te
inspireer om die onbeskryflike wonder van Abba Vader se geskenk van lewe tot reg te laat kom in hul eie
kosbare siel.
Abba Vader is die Liefde en Hyself het as die mens JaHWeshua na die aarde gekom as ons Redder,
Leidsman en voorbeeld. Hyself het die duurste prys aan die kruis betaal met sy kosbare bloed. Daarom
verdien Hy ons Liefde oor en oor. Daar is minder tyd as wat ons dink, en ek glo vas dat Sy wederkoms na
die aarde in hierdie huidige tydvak geskied.
Ernst van Zyl

My Epos Adres:
ernstvanzyl67@gmail.com

Vir meer insig oor die klankbane, sien hoofstuk 14 / For more insight into the soundtracks, see chapter 14

album-art

00:00
album-art

00:00
1000122522
AFRIKAANSE BOEK
1000122523 (1)
ENGLISH BOOK