INLEIDING 

Hoe dra ‘n mens die belangrikste boodskap van alle boodskappe in ‘n paar bladsye oor? Ek probeer dit in hierdie boek op ‘n eenvoudige wyse na die beste van my vermoë doen; terdeë bewus van my tekortkominge maar met volle vertroue in die leiding van my Hemelse Vader. Hoewel daar heelwat mense is wat glo hulle weet wat geestelike ontwikkeling behels en wat die doel van lewe hier op aarde is, is hierdie diepste boodskap tot nou toe so versluier en weggesteek dat ons steeds gedeeltelik in die duisternis verkeer. Wanneer die lig binne-in jou hart, met ander woorde – in jou diepste wese – begin skyn, besef jy dat jy eintlik nog die heeltyd in die skadu lewe. Dít wat jy gedink het is dag, is eintlik nog nag, en dít wat waarlik dag is, is groter en wonderbaarliker as enigiets wat jy jouself ooit kan voorstel! 

Wie is ek tog om ander te probeer leer? Ek is ook maar net ‘n swak mens wat self dikwels deur die donker valleie van mislukking gestrompel het. Daar het egter buitengewone buite-liggaamlike ervarings oor my pad gekom, en tydens sommige van hierdie ervarings is die essensie van die grootste, onuitspreekbare Liefde aan my getoon, met gepaardgaande waarhede wat ek nie vir myself kan hou nie. 

Mense is produkte van kondisionering – daarom is dit so moeilik om die waarheid aan mense oor te dra wanneer daar reeds ‘n klomp “waarhede” in hul brein gevestig is. Jou brein is so ontwerp dat dit alles stoor wat met jou gebeur en wat jy leer in die vorm van neuronkettings. Jy ervaar die wêreld nou deur hierdie “programmeringsfilter” in die spasie tussen jou ore. Een van die voordele van dié programmeringsfunksie van jou brein is dat dit die lewe vir jou makliker maak: jy hoef byvoorbeeld nie elke oggend in jou identiteitsboekie te kyk wat jou naam is nie. Jy weet dit onmiddellik as iemand jou daarna vra. Jy hoef ook nie weer te leer loop as jy dit eers eenmaal bemeester het nie. Net so onthou jy, hoewel nie bewustelik nie, ‘n ontsaglike hoeveelheid data en oortuigings. Op die onderbewuste vlak en op die bewuste vlak gebruik jou brein se “scanner”, ook genoem die retikulêre aktiveringsisteem, al hierdie data en oortuigings as verwysings- raamwerk en instruksies om jou denke en optredes te reguleer. Hoe “voller” en meer “volleerd” jy glo jou databasis is, hoe moeiliker laat jou brein nuwe inligting en idees toe. “As you think, so shall you be.” Soos wat jy glo, só sal dit vir jou wees. Letterlik. Jou brein sal die heeltyd op die bewuste en onbewuste vlak “werk” om seker te maak jy ervaar dít wat jy glo. Die kennis wat jy reeds het, veroorsaak dat jy jou eie grootste struikelblok is op die pad van ware geestelike insig en groei.

In der waarheid kom ware geestelike insig en groei slegs deur die hart. Wanneer jy liefde in jou hart het en jy waarlik nederig en opreg is, word die liefde tot ons Hemelse Vader geleidelik wakker gemaak in jou siel. Die Gees van die Vader, waarvan die saadjie of “vonk” in jou ontwaak wanneer jy sy Woord hoor en aanneem, groei binne-in jou, dit verenig met jou siel en ware geestelike insig ontluik in jou. Eers wanneer ware geestelike opwekking in jou plaasgevind het, het jy jou aardse roeping voltooi. Die Vader word één met ons en ons word één met Hom, sonder enige beperking op ons persoonlike individualiteit en vryheid.

Die ervarings wat aanleiding gegee het tot die ontluiking van die diepste boodskap van alle boodskappe word vervolgens aangedui. Ek beskou die kern hiervan as volg: Binne-in jou is jou siel, wat tans die vorm van jou liggaam het, maar eintlik ‘n vibrasie van jou eie energie is wat nie saam met jou liggaam vergaan nie. Jou siel is bestem om ‘n heilige wese te word, en kan beskou word as die Bruid waarna die Bybel verwys. Binne-in jou siel ontwaak jou Gees wanneer jy die leer van die Vader hoor en aanneem; dit is die saadjie of vonk wat die Gees van ons Hemelse Vader bevat, wat die suiwerste, edelste en onuitspreekbare hemelse liefde is. Dit kan beskou word as die Bruidegom waarna die Bybel verwys. Jou siel is hier op aarde geplaas om deur ‘n groei- en toetsproses te gaan en om sodoende gelouter te word. Daarom bevind jy jouself nou in hierdie “fisiese” wêreld wat gebaseer is op die beginsel van paradoks: Goed en kwaad, warm en koud, hoog en laag, waarheid en leuen, reg en onreg, positief en negatief. In hierdie wêreld het jy ‘n vrye keuse en kry jou siel die kans om ‘n volwaardige kind van die Vader te word, met ‘n eie bewustheid en vrye wil. Sekere “natuurwette” is deur die Vader daargestel: “Wat jy saai, sal jy maai.” Soos wat jy dink, glo en optree, so sal dit vir jou wees. Die Vader straf niemand nie – jy dra bloot die gevolge van jou eie denke en optrede as gevolg van hierdie natuurwette. Die selfopgelegde “straf” word dus toegelaat sodat jy kan leer en algaande beter insig kry. 

Ons het skeppende vermoëns en kan nie anders as om te skep deur wat ons dink en glo nie – dit is in ons natuur. Ons kan oor en oor dieselfde resultate openbaar, met ander woorde, die status quo handhaaf, of ons kan nuwe dinge skep – goed of minder goed. Maar jy is gebore om te skep – jy kan nie anders nie, want jy is met hierdie ingebore vermoë geskape. Die Vader het ons egter ‘n vrye wil en verstand gegee om mee te dink en kies. Die uitdaging lê daarin dat jy deur al jou ervaringe moet leer en ontdek dat jy in jou diepste wese – die ware jy – ‘n kind van die Vader is; en om dan te kies om Sy wil te vra en dit uit te voer. Daar kan geen onderskeid gemaak word tussen jou fisiese en geestelike lewe nie, alles gebeur saam in dieselfde “veld”. Ons kan die grootste deel van die “veld” egter nie sien of andersins waarneem nie. Dit is doelbewus so geskep, vir ons eie geestelike loutering en ontwikkeling. Wanneer jy dít wat jy dink, praat en doen in ooreenstemming bring met doelwitte wat volgens die orde van die Vader reg is, is groei en voorspoed die resultaat.

Die belangrikste gebod van die Vader is dat ons slegs Hom moet aanbid. Ons moet Hom met ons hele hart liefhê en eer en ons moet ons naaste liefhê soos onsself. Dit is nie in ons vermoë om dit reg te doen voordat ons ware nederigheid en opregtheid geleer het nie. Daarom moet die meeste van ons eers deur die spreekwoordelike “woestyn” gaan en eers op die “ashoop” beland voordat ons die regte gesindheid bereik en tot ware insig kom. Dít is die moeilike deel van die geestelike pad. As jy opreg die waarheid soek, en jy ware nederigheid ontdek, maak jy die ware liefde van die Vader wakker in jou – jou denke, siel en gees word een, en die Gees van Liefde neem oor. Jy oorwin die materie en aardse verknogthede soos hoogmoed en selfsug; jou siel is vry en raak een met die Vader. Die doel van hierdie skrywe is om hierdie perspektief oor te dra, sodat die persoon wat dit begryp en aanneem, die sinvolheid en ontsaglike geleentheid van hierdie aardse lewensavontuur sal besef en met hoop en entoesiasme die beste daarvan sal maak.

Die betekenis van vier begrippe wat in die boek gebruik word, word duidelikheidshalwe hier genoem: 

Liggaam – jou fisiese liggaam 

Siel –die ware jy, die energie-wese wat tans die vorm van jou liggaam het en voortbestaan wanneer jou liggaam te sterwe kom. Jou siel – met ander woorde jy het jou eie bewussyn en identiteit onder alle omstandighede, hier en in die dimensie wat nie fisies gesien kan word nie. Die vroulike term “haar “word vir die siel gebruik – dit het niks te doen met die geslag van jou liggaam nie. 

Vader – die enigste Almagtige, Skepper van Hemel en Aarde; ander name vir Hom is Elohim, JahWeh, die Allerhoogste, Liefde 

Gees – die Gees van die Vader as Skepper wat verwys na die wese en teenwoordigheid van die Vader in ons – ‘n hemelse Heerlikheid wat in ons geopenbaar word tydens ‘n emosionele tweegesprek wat in liefde woordeloos plaasvind.

1. JY IS N SKEPPENDE WESE 

Jy kan nie anders as om te skep nie. Dit is in jou natuur, dit is die aard van die wese wat jy is. Behalwe die geskenk van lewe wat jy ontvang het, is jou grootste bate jou vermoë om te dink en te doen. Hier wil ek net ‘n kort en eenvoudige, verduideliking gee van wat ek geleer en ervaar het oor hoe die skep-meganisme prakties binne ons werk. Ek is oortuig daarvan dat hierdie skeppende meganisme, wat binne ons geplaas is deur die Vader, op ‘n veel wonderbaarliker manier funksioneer as wat hier weergegee word. Hierdie is egter ‘n poging om met die beskikbare kennis en ervaring ‘n eenvoudige en wetenskap – gegronde verklaring te gee. 

Ek was altyd besig om antwoorde te soek oor hoe ons skep, veral toe ek my eie besigheid in hierdie veld begin het. Ek het ontsettend baie gelees in my soeke na antwoorde. Jy lees dinge soos: “As jy dit kan droom kan jy dit doen” en “Soos wat jy glo, so sal dit vir jou wees.” “As you think, so shall you be.” Ek het antwoorde gesoek oor hoe dit werk. Dit het byna soos ‘n obsessie geraak om tot die kern deur te dring. Soos wat daar geskryf staan, as jy hard genoeg klop, dan sal daar vir jou oopgemaak word. As jy hard genoeg probeer, dan kom die antwoorde na jou. En die inligting het na my gekom uit onverwagte oorde, op ‘n wyse wat ek in my wildste drome my nie sou kon voorstel nie. Dit was soos ‘n georkestreerde proses, op die oog af chaoties, sonder orde en vol “toevallighede”, maar die eind-antwoord was so duidelik soos daglig. 

In Spreuke 4:23 staan daar: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Ek het ontdek dat dit letterlik so is. Wees versigtig met wat in jou gedagtes omgaan, want dit wat jy gereeld dink word deel van jou onderbewussyn, dan skep jy daardie omstandighede onvermydelik deur jou denke, woorde en aksies. Spreuke 12:20 sê: “‘n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik.” Denke lei tot woorde, woorde lei tot dade, en dade bring resultate. 

Ek het my vaste werk by Sanlam makelaars dienste bedank in 1994 en my eie besigheid begin. Eers het ek motiverings- seminare saam met een van my mentors, wyle André Pretorius bemark en aangebied. André was vir my ‘n inspirasie, en ek het ontsettend baie geleer uit hierdie vriendskap werksverhouding. Een van André se gesegdes het gegaan oor hoe belangrik dit is om drome te hê, iets om na uit te sien. “Die hede is slegs ‘n eendimensionele lyn waar ons drome verander in herinneringe. Hy wat nie drome het nie, ervaar die hede as leeg en betekenisloos;” het hy gesê. Hy het ook nie geskroom om tydens sy seminare openlik te praat oor die Hemelse Vader en die skeppende talent wat ons van Hom ontvang het nie. “Jy is ‘n koningskind”, het hy dikwels gesê. 

Ek het geleer en ervaar dat die resultate wat jy kry direk verwant is aan dit wat jy insit in jou brein, soos die spreekwoord in rekenaartaal lui “garbage in, garbage out”. As jy jou gedagtes volstop met dit wat negatief is, kry jy negatiewe resultate. As jy jou gedagtes volstop met positiewe materiaal, kry jy positiewe resultate. Ek het die Prosper organisasie begin, en onder andere die Prosper klub. Die doel van die klub is om ‘n bydrae te lewer tot die positiewe denke en optrede van lede, om hulle te inspireer, nuwe perspektief te gee en om ‘n gunstige gesindheid en meganisme te help skep vir prestasie en groei – tot voordeel van almal. Met die hulp van kundiges het ek die Prosper Program vir Doelwitbereiking saamgestel, en dit is ‘n meganisme, ‘n resep van hoe hierdie skeppende meganisme binne jou doelbewus gefokus kan word sodat jy ‘n spesifieke, gedefinieerde doelwit kan bereik. 

Daar is beslis ‘n ingeboude doelwitbereikende meganisme binne- in ons. Een van my mentors, Dr. Rudi Buys, het my geleer dat hierdie meganisme in jou brein op drie vlakke funksioneer: Op die eerste vlak beheer dit alle lewensfunksies van jou liggaam outomaties (bv. asemhaling, hardklop, wond-genesing ens.) Dit werk outomaties, sonder dat jy daarvan bewus is. Of is jy nou besig om jou hart te laat klop ?!! Dus, op die eerste vlak hou dit jou aan die lewe. 

Op die tweede vlak is dit verantwoordelik vir jou oorlewing, die stres-respons wat te doen het met veg of vlug in ‘n noodsituasie word adrenalien outomaties afgeskei, spiere span, hartklop verhoog. So op die tweede vlak beskerm dit jou lewe. 

Op die derde vlak is daar die doelwitstellende, waarmakende vermoë van jou brein. Op die onderbewuste vlak werk jou brein om seker te maak dat dit wat jy glo, m.a.w. dit wat in jou geheue gestoor is, sal realiseer in jou lewe. Ook op hierdie vlak werk dit outomaties om dit wat dominant is in jou onderbewussyn waar te maak, en om die status quo te handhaaf. Sonder dat jy daarvan bewus is werk dit op hierdie oomblik en beïnvloed jou denke en optrede. Op hierdie vlak kan jy egter ingryp en self hierdie meganisme aanskakel deur ‘n keuse te maak oor jou doelwit. 

Op hierdie vlak is die meganisme ook egter voortdurend “aangeskakel”, die sogenaamde retikulêre aktivering-sisteem in jou brein verbind alles in jou brein en liggaam aan mekaar soos ‘n inligtingsnetwerk, dit werk die heeltyd soos ‘n “scanner” en dit sal streef om dit wat dominant is in jou onderbewussyn se “programme”, met ander woorde dit wat jy glo, waar te maak in jou lewe. Jy het dus alreeds ingeboude, gekondisioneerde doelwitte, al het jy hulle nie doelbewus self gestel nie, maar deur omstandighede en kondisionering is hulle wel geskep – dit sluit in jou huidige oortuigings oor jouself, jou vermoëns en die wêreld in die algemeen. Ons is dikwels vasgevang in die omstandighede wat geskep word deur ons oortuigings. Die skrywer Bertrand Russel het dit so beskryf: “Every man is encompassed by a cloud of comforting convictions that moves with him like flies on a summers day!” 

Dikwels skep hierdie oortuigings vir ons ‘n denkbeeldige “tronk” waaruit jy moeilik kan ontsnap. Eintlik is dit net ‘n illusie, want as jy die oortuigings verander dan moet die omstandighede volg, dit is ‘n wet van ons natuur. As jy bewustelik ‘n behoorlik geformuleerde, duidelike doelwit stel en dit deel maak van jou onderbewussyn, as jy dit as’t ware programmeer in jou geheue asof dit alreeds daar is, dan sal jou inherente skeppende vermoë werk om hierdie doelwit waar te maak. 

Hierdie proses word hoofsaaklik deur die retikulêre aktiveringsisteem uitgevoer, en behels onder andere: 

  • Die deurlaat van inligting na die bewussyn, inligting wat jy benodig vir die bereiking van die doelwit. Dit is ‘n wetenskaplike feit dat jou onderbewussyn ook toegang het tot inligting buite jouself, daar is ‘n onsigbare “veld” van inligting rondom ons. 
  • Die meganisme van verbeelding word geaktiveer. Kreatiewe idees en oplossings wat betrekking het op die doelwit maak hul opwagting. 
  • Die meganisme van wilskrag word geaktiveer – die impuls wat jou fisies aksie laat neem om die doelwit te realiseer. 

Dit is ‘n kort, simplistiese verduideliking van hoe die werking van die meganisme vanuit ‘n fisieseoogpunt werk. Dit is egter baie meer kompleks en wonderlik, en ek kan maar net ‘n eenvoudige voorbeeld noem uit talle ervarings van hierdie aard wat ek self gehad het. Aanvanklik het ons ‘n klein Prosper klub inspirasie boekie elke maand gedruk en uitgepos aan ons lede. Op ‘n dag staan ek in die CNA boekwinkel in Wellington en kyk na al die tydskrifte op die rak, en ek dink daaraan hoe graag ek hierdie inspirerende boodskappe aan baie meer mense sou wou gee. In my verbeelding sien ek toe hierdie boodskappe beskikbaar op die rak in elke CNA boekwinkel in die land. Omtrent ‘n maand daarna bied ek ‘n werkswinkel aan in Sunninghill naby Johannesburg, en sonder dat ek daavan bewus was, was een van die uitgewers van die Succeed tydskrif in die gehoor. Na afloop van die werkswinkel bel sy haar man, die redakteur, en hulle gesels met my oor hoe ons kan saamwerk om mekaar te help, aangesien dit ook hulle opregte doel was om entrepreneurs te inspireer en te help. 

Binne ‘n kort tydperk hierna verskyn die Prosper klub inspirerende boodskappe toe binne-in die Succeed tydskrif, op die rakke van elke CNA en die meeste ander boekwinkels regoor die land.Nou hoe het dit gebeur? Dit was nie net ek nie, dit was asof iets veel groter op wonderbaarlike manier daartoe bygedra het dat hierdie doelwit bereik is. Vir ‘n geruime tyd het ons saamgewerk met Succeed, en alhoewel die boodskappe nie meer daarin verskyn nie en ons dit deesdae per e-pos uitstuur, het baie mense so die boodskappe ontvang. 

Dit is asof jou brein meer soos ‘n tipe sender/ontvanger meganisme is, wat boodskappe uitstuur en ontvang in ‘n onsigbare veld van inligting en energie rondom ons. Dus moet jy baie versigtig wees met wat jy ontvang en wat jy uitstuur, want dit lewer onvermydellik resultate. Wanneer ons dit wat ons DINK, PRAAT en DOEN in kongruensie fokus op ‘n doelwit, dan gebeur dit! Ons kan nie anders as om te skep nie, want dit is in ons natuur. Daar is ‘n ontsaglike groot, skeppende vermoë aan ons gegee deur die Vader, dit is inherent aan ons en dit funksioneer voortdurend om ons doelwitte, bewustelik of onbewustelik, waar te maak. In hierdie veld van materie waarin ons onsself bevind, neem dit weliswaar soms lank om ‘n doelwit te bereik, want daar is ‘n vertraging wat meegebring word deur die aard van die materiële wêreld, en die proses sluit gewoonlik baie oënskynlike “mislukkings” en ompaaie in op pad na die eindresultaat, maar as jy uitendelik die doel bereik het, sien jy dat dit so moes gebeur, dat dit die beste pad was tot by die einddoel. 

Dit is belangrik dat ons tot die regte insig moet kom oor hierdie skeppende aspek van ons wesesodat ons dit doelgerig, met wysheid en met respek kan aanwend tot voordeel van almal. 
Wanneer ‘n mens ‘n betekenisvolle doelwit nastreef en jy moelike obstruksies en uitdagings oorkom, lê die waarde van die doelwit gewoonlik nie soseer in die materiële voordele wat dit meebring nie, maar die waarde is gesetel in dit wat jy ervaar en leer in die proses. Dit wat jy geleer het deur moeilikheid en swaarkry kan nie van jou weggeneem word nie. Vir my is dit asof dit ‘n innoefening is vir groter dinge wat ons kan doen in die lewe hierna, nadat die aardse lewe verby is

2. SPIEËLBEELD 

Ek het mettertyd geleer dat alles in die fisiese wêreld in stand gehou word deur die onderliggende geestelike dimensie. Ons hemelse Vader het twee teenpole geskep sodat ons ‘n fisiese leerskool kon hê. Hoewel ek nie die simboliek van alles verstaan nie, glo ek dat alles wat ons in die fisiese wêreld sien en ervaar ‘n spieëlbeeld is van dít wat in die onsigbare of geestelike wêreld aangaan. 

Hierdie insig oor die spieëlbeeld is tydens ‘n diepe gebed aan my geopenbaar terwyl ons op ‘n vliegtuig was iewers tussen Bangkok en Phoeket. Ek het stil geraak en my gemoed het vol geskiet met soveel intense emosies en ‘n opwelling van liefde. Ek het die Vader opreg gevra vir leiding, en hierdie insig het helder in my gemoed verskyn. Ek het net met sekerheid geweet. 

Ek het met sekerheid geweet dat liefde tussen ons die sleutel – die konneksie tot eenheid of “wholeness” – volheid is. En die Vader is liefde. Wanneer ‘n reënboog voltooi word, vorm dit ‘n volmaakte sirkel, ‘n geheel. Een. Dit is die simbool van al die skakerings van liefde en die goeie wil. Die reënboog word voltooi deur liefde wanneer alle kleure bymekaarkom (wanneer ons tot die regte insig gekom het volgens die orde van liefde, die orde van die Vader) en ons suiwer siel met die Gees van die Vader verenig. 

Ons onvolmaaktheid verander in volmaaktheid, volgens Sy beeld binne-in ons, en die helderste suiwerste wit lig (die suiwer liefde van die hemelse dimensie) en saligheid is die resultaat. Voordat ons die hoogste moontlike saligheid kan bereik, moet ons eers baie ver van Sy liefde verwyderd wees. Wanneer die reënboog se onsigbare, denkbeeldige onderste draai van die sirkel die laagste en diepste punt onder die horisonvlak bereik (diep binne in die aarde, die materiële, verlore dimensie), is die deursnit van die reënboog die grootste, en kan die boonste draai van die reënboog tot aan die hoogste punt bokant die horisonvlak reik (die hoogste hemele – die saligste geestelike dimensie). 

In my geestesoog sien ek dit soos ‘n sewedimensionele bal, rond soos die son, met geen beperking op die grootte, suiwerheid en helderheid wat dit kan bereik nie. Elkeen van ons is só ‘n “bal” in die kleine en elkeen van ons het hierdie oneindige potensiaal. Saam maak ons almal die heerlikheid en wonder van die geheel uit – die oneindige skepping. Die Vader se totale Wese is sonder einde. Alles wat in die geheel is, is ook teenwoordig in die kleinste deel. Al die klein deeltjies vorm die groot geheel. Dit is onmoontlik vir die menslike verstand om die geheel volkome te begryp. 

Ons kan die simboliese betekenis van alles ook in die orde van die natuur sien, dit hang net af hoe jy daarna kyk. ‘n Saadjie en die blom of boom wat daaruit groei en die vrugte wat dit dra, is’n spieëlbeeld van jou. Die saadjie stel die Gees van die Vader voor; die boom of plant is jou siel; die sonlig en warmte wat die plantjie aanraak is liefde; die vrugte wat daaruit voortspruit, is die goeie werke wat uit jou voortvloei. Die son en die lig wat dit na die aarde uitstraal, is die simbool van Liefde en Waarheid van die Vader en die lewe wat dit aan die aarde en alles daarop (en ons as mense) gee. Donker en nag is ‘n simbool van die teenpool van lig, bv. kwaad en goed,leuens en waarheid, haat en liefde, oordeel en vergifnis, dood en lewe, ens., tot in die oneindigheid. 

Mense se interpretasies van wat die simboliese betekenis van enige voorwerp of lewende organisme is, verskil soms hemelsbreed, maar dikwels kry hulle min of meer dieselfde gevoel wanneer hulle iets in die natuur gadeslaan of ervaar. ‘n Arend wat deur die lug sweef, al hoër en hoër, is vir my byvoorbeeld simbolies van ons strewe na dít wat hoër en meer edel is. As student het ek dikwels naweke tussen Stellenbosch en ons plaas by Vredendal gery. Een Sondagmiddag was ek soos gewoonlik op pad terug Stellenbosch toe. Terwyl ek stadig gery het deur ‘n bergagtige area iewers tussen Clanwilliam en Citrusdal, het ‘n reuse witkruisarend skielik vanuit die niet voor die bakkie ingeswenk. Dit het gelyk of sy vlerkspan net so breed soos die bakkie was. Terwyl die arend vir ‘n paar oomblikke voor en bokant die bakkie gevlieg het, het ek sy kloue reg voor die voorruit gesien – dit het so groot soos hande gelyk. Toe swenk hy op en weg. Ek het my boeglam geskrik, maar was terselfdertyd buitengewoon geroer deur die ervaring. Die fantastiese grasie en vaardigheid waarmee hy weg en op in die lug geswenk het, het my beïndruk. Hy het so naby aan my gevlieg dat dit betowerend was. Lank daarna het ek die ervaring onthou en soms gewonder oor die vreemde toevalligheid dat die witkruis juis op daardie oomblik en plek voor my verskyn het. 

Ná hierdie voorval was daar heelwat ander geleenthede waar ek vreemd geboei was deur dieverskyning van arende. Hul moeitevrye swewing het elke keer snare diep in my geroer. Dit was die versinnebeelding van die strewe na iets wat baie hoog, edel, heilig, onbeskryflik en lieflik is,maar wat tog binne-in my is. Ook onlangs het ‘n reuse witkruisarend en sy wyfie voor my kantoor venster op ‘n boomtak kom sit, skaars 15 meter van my. 

Hulle het direk na my gesit en kyk, selfs nadat ek nader gestap het. Ná ‘n lang ruk het hulle weggevlieg. 
Só word diegene wat ontvanklik is daarvoor, op verskillende wyses emosioneel aangeraak deurgebeure en waarnemings in die natuur. Op soortgelyke maniere ontvang ons versluierde boodskappe dat daar iets dieper agter alles skuil, en dat daar iets groot en baie wonderbaarlik is wat op ons wag.

3. HEMELSE LIG 

Vanaf middel 1999 het ek gereeld buite-liggaamlike ervarings gehad sonder dat ek daarvoor gesoek het. Tydens sommige van hierdie ervarings, ook genoem die sogenaamde “out-of-body experience”, het ek ervaar dat ek deur die lug vlieg, maar in ‘n ander dimensie as wat aan ons bekend is. Tydens hierdie ervarings, wat meestal gebeur het terwyl ek diep ontspanne was, bv. net voor of net nadat ek geslaap het, was ek bewus daarvan dat ek buite my liggaam is. Dus het ek geweet dat ek méér as my liggaam is en dat daar ‘n ander dimensie bestaan wat ons nie met ons gewone sintuie kan waarneem nie. Tydens hierdie ervarings het ek gewoonlik ‘n geweldige vibrasie in my liggaam gevoel, asof al die energie in my in beweging kom. 

Wat ek op 26 Oktober 1999 ervaar het, was egter iets heeltemal anders. Dit was nie soos ‘n droom nie; dit was eg, duideliker en helderder as die werklikheid soos ons dit ken. Daar was ‘n hemelse gevoel en lig teenwoordig wat die belewenis besonders en anders gemaak het. Die helderheid van die ervaring was definitief meer intens as selfs die bekende, gewone helder- wakker toestand waarin ons bedags verkeer. 

Tydens hierdie ervaring bevind ek myself in die middel van ‘n groot oorlogslagveld – ‘n slagveld uit die Eerste of Tweede Wêreldoorlog, en bomme en patrone vlieg oral rond. Dit is donker en vreesaanjaend. Elke bom wat naby ontplof, is oorverdowend en laat jou inmekaarkrimp van vrees. My drie klein kindertjies is by my. Ek is rasend van vrees oor hulle veiligheid en voel magteloos omdat ek hulle nie kan beskerm nie. Die volgende oomblik is daar ‘n reeks ontploffings wat totale verwarring saai; almal hardloop in verskillende rigtings. Ek verloor die kinders heeltemal. Rasend van bekommernis hardloop ek van die een loopgraaf na die volgende terwyl ek na hulle soek. Ek roep en roep, soek en soek, totaal wanhopig van bekommernis en vrees. Skielik kry ek hulle, al drie ongedeerd bymekaar in ‘n loopgraaf! 

Ek is oorstelp van vreugde en verligting en hou hulle styf vas. Op daardie oomblik verskyn daar ‘n helder wit lig. Skielik is dit stil en die gevare is weg. Ek hoor die helder geluid van klein klokkies en hemelse musiek toe die wit lig verskyn. 
Skielik is daar ‘n onbeskryflike gevoel van liefde geborgenheid veiligheid …, wat alle verstand te bowe gaan. Ek sien myself, asof ek vanaf die lig na ons kyk. Ek sien die kinders se gesigte styf teenaan myne. Ek voel ‘n oorweldigende liefde. Ek sê dankie vir die Vader vir die liefde en die boodskap: om vir die Vader, vir hulle en myself lief te wees en liefde te betoon, is die belangrikste. Daar is niks wat so belangrik is as liefde en die koestering daarvan nie. Hierdie gebeurtenis is so helder en duidelik in my gegrafeer dat ek dit, en al die gevoelens wat daarmee saamgegaan het, nog steeds helder en duidelik in my geheue kan herroep.

4.HEMELSE ERVARING 

Op 15 Desember 1999 het die mees uitsonderlike en onuitspreekbare wonderlike gebeurtenis in my lewe plaasgevind. Ons het by my ouers se strandhuis in Lambertsbaai gekuier. Ek het in die namiddag om en by drie- of vieruur alleen in die kamer gaan rus. Dit is onmoontlik om met woorde aan hierdie ervaring reg te laat geskied, maar aangesien woorde die enigste middel is wat ek kan gebruik, sal ek dit só probeer verduidelik: 

Dit het gevoel asof ek vir die eerste keer in my lewe waarlik wakker was. Dit was duideliker en meer intens as enigiets wat ek ooit ervaar het. Ek het myself in ‘n veld van lig bevind. Dit het gelyk of ek hoog op ‘n berg staan en afkyk. Die hele vallei onder my, tot by my voete, was vol van die skoonste en witste wolke. Hierdie veld van wolke het uitgestrek in alle rigtings tot in die oneindigheid. Dit was egter nie gewone wolke nie. Die wolke het gelewe en was soos ‘n lewende see van lig. Daar was een oorheersende gewaarwording: die gevoel van die grootste, suiwerste liefde denkbaar. Die wolke was ‘n see van golwende liefde. Dit was in my; dit het gegolf binne-in my en dwarsdeur die hele oneindige veld van wolke om my, van hier tot in die oneindigheid – dit was oral. Dit was wonderskoon en onuitspreeklik mooi. Ek was in daardie veld van die golwende ligsee van liefde – déél daarvan en één daarmee. 

Die enigste manier wat ek kan probeer om die grootsheid en intensiteit van hierdie hemelse liefde te beskryf, is as volg: As jy dink aan iemand vir wie jy baie lief is, soos ‘n kind of iemand naby aan jou, vervul die beeld of gedagtes van daardie persoon jou met liefde, veral as jy jou voorstel hoe hy/sy kleintyd was. Verbeel jou jy druk daardie kosbare, dierbare liggaampie teen jou vas. Jy voel oorweldig deur die liefde wat uit jou hart vir daardie persoon opwel – daardie onbeskryflike warm/hartseer/ bly/tranerige/tere gevoel. En jy vergroot daardie ervaring tienduisend maal tienduisend keer dan is dit min of meer die gevoel wat ek ervaar het. Woorde skiet heeltemal tekort om dit presies te beskryf. 

– 

Ek het geweet dit is die veld van oneindige liefde van ons hemelse Vader. Dit is al wat werklik bestaan. Dit is hierdie veld van Liefde wat die grondslag van alles is; van dít wat ons nie kan sien nie, sowel as dít wat ons wel kan sien. In dié veld was daar die grootste, helderste en duidelikste reënboog. Dit was lewend met ‘n sagte vibrasie van al die kleure: rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet. Ek het waargeneem dat al die kleure van die reënboog saamgevoeg die helderste wit maak. Die volgende insigte is toe aan my geopenbaar – ek kan nie verklaar hoe dit gebeur het nie, dit was asof dit net in my geheue en in die kamers van my hart geplaas is. Ek weet dit met alle sekerheid en sal dit altyd onthou. (Net soos wat dit op my van toepassing is, is dit ook op jou van toepassing):

1.Ek is ‘n wese van lig. 

2.Ek is al die kleure van die reënboog (alle skakerings van lewe). 

3.Ek is liefde in liefde. (Ek is geskep in en deur hierdie Liefde, ek bestaan uit hierdie veld van Liefde en ek bestaan in die veld van Liefde – dit is wat ek in my diepste wese is.) 

4.Niks kan dit verander nie. 

5.Ek groei en beweeg terug na die Vader (Liefde), na wat ek is. (In hierdie aardse lewe word ons gelouter en deur beproewinge word ons beginsels en waarhede geleer. Dit is ons keuse hoe ons reageer op die lesse. Hierdie keuses, sowel as ons eie soeke na waarheid, bepaal ons innerlike groei.) 

6.Alles wat ek vir ander doen, doen ek vir myself. (Ons is almal deel van dieselfde Wese.) 

7.Geld en materiële dinge is niks. (In die veld van die siel en gees beteken materie niks. Ek kon dwarsdeur alles wat materie is, sien. Dit was heeltemal deursigtig asof dit nie werklik bestaan nie. Onderliggend was hierdie veld van liefde al wat werklik bestaan – die bron van lewe.)

[Nota: Wetenskaplikes weet vandag dat dit wat ons voorheen gedink het vaste en soliede stowwe is, glad nie solied is nie. Sien hoofstuk wat net hierna volg.]

8.Om te géé is wat belangrik is. 

9.Soos ‘n kind moet ek leef – in die nóú. 

10.Alles wat in liefde gedoen word, is geseën. 

11. Sien die lig (reënboog) in elke persoon. (Weet dat hierdie hemelse lig diep binne-in elke persoon aanwesig is ongeag hoe goed of sleg die persoon as mens is. Hoewel ons dit nie in die fisiese dimensie kan sien nie, is dit wel in elkeen aanwesig.) 

12.Wanneer al die kleure van die reënboog saamgevoeg word, is die helderste wit die resultaat. (Al die individuele, unieke eienskappe wat ons deur ons geestelike groei op aarde ontwikkel, maak saam die helderste en suiwerste lig.)

Ek weet nie hoe lank die ervaring geduur het nie; dit kon tien minute of net sowel ‘n ewigheid gewees het. In daardie dimensie is daar geen tyd nie. Aan die einde van hierdie ervaring het ek geweet dat dít wat die basis en essensie van alles is, aan my getoon is. Ek het dit eerstehands aanvaar. Ek was so dankbaar en verlig oor dit wat ek hieruit geleer het. Dit het gelei tot ‘n heeltemal nuwe en kragtige perspektief – ‘n dieper insig in dít wat in ons is. Hierdeur het ek besef dat ons aardse lewe bloot ‘n tydelike leerskool is. Tog is dit ‘n belangrike leerskool, want hier het jou siel die vryheid om keuses te maak. Dit is ‘n wonderlike gemoedsrus om te weet dat die veld van Liefde wat dit alles skep, heeltyd híér is! Dit is in ons en rondom ons hoewel ons dit as gevolg van ons tydelike menslike toestand nie kan waarneem nie. 

– ‘n Aantal mense het al hierdie gelykvormige ligsee gesien en ervaar tydens ‘n toestand van geestesvervoering. ‘n Wyse Egiptiese Griek, Plato, getuig van hierdie ligsee in nagelate geskrifte; so ook nog mense uit die verre verlede. Plato het ingesluimer en het hom in ‘n ligsee bevind waarin hy homself wel in sy gedagtes kon voorstel, maar nie kon sien nie. Daartydens het hy die geluksalige gevoel gekry waarin hy heeltemal één kon wees met die oerlig, wat hy die eintlike godheid genoem het.

5.DIEPER DIMENSIE 

Onderliggend tot al die onsekerheid en smarte van die materiële wêreld, bestaan ‘n ander, ware en suiwer dimensie. Ek kan dit nie aan jou toon nie; dit is iets wat jy egter vir jouself kan ontdek. Dit is die dimensie van ons Ware Vader; die dimensie waarvandaan ons kom en waarin ons steeds bestaan, hoewel ons nie daarvan bewus is nie. Ons kan op hierdie planeet rondhardloop so vinnig en so ver ons wil en soveel besittings en kennis bymekaarmaak as wat ons wil, maar uiteindelik sal alles wat materieël van aard is tot niks kom nie. Jy sien, die “wêreld” waarin ons fisies leef, is bloot ‘n illusie, ons kan dit aanraak, ruik en sien met ons beperkte sintuie. Selfs wetenskaplikes het tot die gevolgtrekking gekom dat dit wat ons ‘n atoom noem en beskou word as die bousteen van die fisiese wêreld, in werklikheid bestaan uit ‘n kern, genoem nukleus (wat bestaan uit protone en neutrone) en ‘n elektron. Hierdie elektron beweeg om die nukleus teen ‘n snelheid van 960 km per sekonde, wat die atoom die illusie van iets solieds gee. (Terloops, die protone en neutrone sit ook nie stil nie, hulle beweeg binne die kern of nukleus teen ‘n snelheid van 64 000 km per sekonde!) Daar is ook ontdek dat die subatomiese partikels glad nie partikels is nie, maar golwe of vibrasies. Vibrasies van energie. Niks solieds bestaan nie. Nêrens nie. 

Die fisikus Fritjof Capra het dit as volg beskryf: “Soos wat ons dieper deurdring in die wese van materie, wys die natuur vir ons geen geïsoleerde ‘basiese boustene’ nie, maar kom eerder voor as ‘n gekompliseerde web van verhoudings tusssen die verskeie dele van die geheel. Hierdie verhoudings sluit altyd die waarnemer op ‘n noodsaaklike manier in. Die menslike waarnemer is die finale skakel in die waarnemingsproses, en die eienskappe en aard van enige atomiese voorwerp kan slegs verstaan word in terme van die voorwerp se interaksie met die waarnemer. In atomiese fisika kan ons nooit van die natuur praat sonder om terselfdertyd ook van onsself te praat nie.” 

Byvoorbeeld, die bladsy waarna jy nou kyk, is meer leë spasie as bladsy. Die elektrone in die atome van die bladsy beweeg so vinnig dat hulle die illusie van soliditeit vir ons oë gee. Indien die elektrone skielik sou ophou beweeg, sal die bladsy voor jou oë in die niet verdwyn. Hierdie is harde, wetenskaplike feite nie metafisiese nonsens nie. Enige persoon wat ‘n bietjie verder hieroor naslaan in wetenskaplike bronne sal die bevestiging hiervoor kry. Dit wat jy op die oomblik lees, is vibrerende energie wat net die illusie van ‘n bladsy het. Ons kan egter nie die vibrasie sien nie omdat ons sintuie nie vibrasies teen so ‘n hoë tempo kan waarneem nie. 

Dieselfde is waar vir dit waarop jy nou sit, alles in die vertrek waar jy jou nou bevind, en alles wat jy al ooit aangeraak het, gehoor het, gesien het, geproe het of geruik het. Dit is ook waar van jou eie liggaam. Wat hou hierdie vinnig-draaiende protone neutrone en elektrone van jou liggaam dus bymekaar? Die onderliggende, dieper, onsigbare, wonderlike, onbeskryfbare onbegryplike en heilige dimensie van ons Vader. Ek verstaan nie al die toetse en moeilikhede en krisisse waardeur ons in hierdie aardse lewe moet gaan nie, maar ek weet wel dat ons tydens ons aardse lewe moet terugkeer na ons Vader voordat die protone, neutrone en elektrone ophou draai – wat wel sal gebeur wanneer ons kortstondige fisiese lewe eindig. Dit is nóú tyd on bewustelik te kies om jou verhouding met Hom in orde te kry Soos daar staan in Matteus 16:26: “Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe?” Daar is baie dinge wat ons moet uitsorteer, omrede ons almal tot ‘n mate, op die een ander wyse, aangetas is deur dit wat verkeerd is in die wêreld. Jy moet die pad na die Vader kry, jy moet jou eie reguit en smal paadjie loop. Om Hom te vind moet ons werklik nederig en opreg word. Die Vader ken reeds die mees intieme dieptes van jou hart beter as jyself. Wanneer jy opreg en aanhoudend antwoorde vra sal dit vir jou gegee word. In dit wat hierna volg, deel ek as ‘n swak mens met jou wat ek ervaar het in my eie soeke na die geestelike dimensie van ons Vader.

6.LAAGSTE DRAAIPUNT 

Hulle sê mense gaan op die ouderdom van ongeveer 40 gewoonlik deur een of ander krisis of “menopouse”, of wat jy dit ookal wil noem. In April 2004 het ek onverklaarbaar verlore begin voel. Hierdie soeke na waarheid waarmee ek voortdurend besig was, het my by ‘n laagtepunt gebring waar ek nie wou wees nie. Nou verstaan ek dat dit deel van my skoonmaakproses was en dat jy op die laagste punt moet gaan draai om ware nederigheid te leer. Dit het vir my gevoel asof al die boeke wat ek bestudeer het, niks werd was nie. Hier diep binne my was daar iets wat kortgekom het. Hierdie gevoel was onverklaarbaar maar baie sterk. 

Die mense wat my ken, weet dat ek altyd op soek was na antwoorde oor dieper dinge, oor geloof, ens. en daarom het ek ook baie gelees. Veral was en is ek baie geïnteresseerd in hoe ons skep (doelwitte bereik) uit niks nie, sowel as in genesing. 

Ek het al meer “verlore” en sonder rigting gevoel en nie een van die boeke wat ek gelees het, het meer veel sin gemaak nie. Ek het ook geweet dat daar dinge in my lewe was waarvan ek gesukkel het om ontslae te raak. Ek het gevoel en geweet dit hou my terug van my Hemelse Vader. Daar was deurentyd hierdie verlange in my – die verlange wat ons almal het omdat ons eintlik Huis toe verlang. Ek en ‘n vriend het twee keer na ‘n sendeling gegaan wat in Israel sendingwerk doen maar in Wellington woon. Ek het die oorweldigende sterk behoefte gevoel om my sondes te bely tydens die tweede besoek. Terwyl hy vir my gebid het, het ek alles uitgeblaker, my hart het stukkend gevoel en ek het gehuil soos ‘n kind. Tydens hierdie gebed het ek al my sondes en smarte oorgegee aan die Vader. Daarna het ek verlig gevoel, lig en sonder laste.

Dit is moeilik om aan iemand hierdie ervarings korrek te probeer beskryf, omdat elke mens geestelike ervarings verskillend ondervind. Die geweldige dankbaarheid wat ek teenoor die Vader voel, is onbeskryflik. Ek voel asof ek dood was en nou die eerste keer weer lewendig is. Ek voel vry van bekommernis. Hierdie tydperk het veel meer behels, wat ek nie alles hier vermeld nie; ondermeer het ek ware nederigheid en opregtheid geleer. Hierdie tydperk was ‘n draaipunt in my lewe.

7.SOEKE NA WAARHEID 

In my soeke na die waarheid het besondere en oënskynlik vreemde toevallighede en gebeure plaasgevind. Een oggend, nadat ek gebid en gesoek het na antwoorde, het ek die Bybel oopgeslaan en my oog het geval op 1 Samuel 9:9: “Kom ons gaan na die siener toe. Die profeet van vandag is vroeër siener genoem.Skielik het ek onthou van die klein naambordjie met ‘n webadres wat ek al ‘n paar keer in die verlede teen lamppale geadverteer gesien het: www.siener.co.za. Ek het geweet ek moet by die adres gaan soek. Dit lei my na baie insiggewende waarhede, onder andere na “Die Nuwe Openbaring van Johannes” soos aangeteken deur Jakob Lorber. 

Dit is vertaal deur wyle Callie Herbst, wie deur diep waters heen hierdie ontsaglike taak voltooi het.

Jakob Lorber was ‘n Oostenryker wat vanaf 1840 verskeie boodskappe neergeskryf het. Hy was ‘n baie nederige persoon, en vir 25 jaar het Jesus (JaHWeshua of JaHshua volgens oorspronklike skrifte) hierdie waarhede woord-vir-woord deur die innerlike woord (innerlike stem) aan hom gedikteer. Hierdie boeke het vir meer as 160 jaar verborge gebly – selfs deur die twee wêreldoorloë. Bomme het omliggende geboue platgevee, maar die geboutjie waar hierdie geskrifte vir veilige bewaring gehou was, het ongeskonde gebly. Dít is van die vele merkwaardige verhale van hierdie geskrifte. Meer inligting is by www.diewaarheidkomvanbo.co.za vir die boeke in Afrikaans en Engels. Die boeke word uitgegee deur die Jakob Lorber-stigting. Die lees van hierdie boeke, geskryf soos Jesus dit self oordra as één met die Vader (soos Hy self praat) het my gehelp om die hart van die Vader te leer ken – sy Liefde, Menslikheid, Wysheid en sy Wil vir ons. 

Jesus het ook hierdie openbaringe voorspel terwyl Hy hier op aarde was, en die volgende daaroor gesê: 

[Aanhalings uit Die Nuwe Openbaring van Johannes, Boek 4, bl 254]: 

“Tog sal al hierdie kennis nie verlore gaan nie, en as daar, vanaf nou gereken, ‘n duisend en nog nie heeltemal ‘n duisend jaar sou verloop het nie, en My leer byna heeltemal in die vuilste materie begrawe sal wees, sal Ek wel in dié tyd weer manne opwek wat dit, wat hier deur julle en deur My bespreek word en wat gebeur het, woordeliks sal opskryf, en in ‘n groot boek aan die wêreld sal deurgee, waardeur die oë van baie geopen sal word!” 

Bl. 255: “Vriend, hier geskied dit nie langs die weg van geheime openbaring nie, maar deur die woord wat in die openbaar gespreek word en wat vir elke liggaamlike oor goed waarneembaar is! Maar dit is heelwat anders om die geheime innerlike woorde te hoor wat uit My hart in die hart kom van die een wat dit in homself hoor, en daarvoor moet daar al ‘n bepaalde, voorbereide lyn van mense wees wat innerlik in staat is om die almag en onbeperkte krag van My Woord te verdra!” 

[Einde van aanhalings] 

Wat my oortuig het dat ek op die regte pad was, was nie net dit wat ek gelees het nie, maar ook die fisiese ervarings. Wat my eie ervarings betref, het ek in my joernaal tot op hede 23 uitstaande belewenisse neergeskryf, hoewel daar baie meer was wat ek nie aangeteken het nie. Ek noem net ‘n paar: 

Op 27/05/2004 in Wellington: Ek het vroegoggend wakker geword en gebid terwyl ek in die bed lê. Ek het ‘n geweldig vibrasie in my liggaam ervaar, tesame met ‘n helder lig en ‘n oorweldigende liefde wat binne my en om my was. Ek was bewus van ‘n groot, helder wit, stralende, liefdevolle figuur voor my; dit het vir my gevoel of dit ‘n ontmoeting met JaHWeshua (Jesus) was. Ná die ervaring het ek ‘n groot dankbaarheid gevoel wat my steeds bybly. 

Op 7/08/2004 op die plaas Noordhoek, op die berg naby Calvinia: Ek het wakker geword met ‘n baie rustige gevoel in my. Die volgende oomblik sien ek myself duidelik ronddwaal soos ‘n verlorene tussen grys en donker wolke op die vlaktes. Ek voel totaal verlore. Toe kom ek tot die besef – duidelik en seker: Ek is geskape uit die Vader en is een met Hom. Dit is vas en seker. Ek is deel van Hom. Ek bid: “Vader, laat U wil geskied.” ‘n Groot rustigheid en gemoedsrus kom oor my. Ek voel Sy teenwoordigheid. Ek voel energie ophardloop van my voete en deur my bene, ‘n aangename gevoel. Ek kyk op en sien ‘n helder lig wat deur ‘n venster skyn. Ek glimlag en gee myself net oor. Ek word ingetrek in ‘n groot en warm bad met spierwit teëls met kristalhelder water. Daar is ‘n klein seuntjie by my in die bad; een van my eie kinders. Hy is vrolik en speel in die water en babbel aanmekaar. Ek word saggies deur die water getrek terwyl die seuntjie sy arms om my nek hou. Dit voel of ek gedoop word. Ek voel rustig, geen bekommernis meer oor enigiets nie. Ek sê dankie aan die Vader en is bewus daarvan dat ek nog die heeltyd wakker is. 

Die oggend vertel ek dit vir my gesin. Dit is amper soos die storie van die verlore seun. Dit is ook my storie en is ook die storie van elkeen van ons. Ek is nou nie meer verlore nie. Ek is nog hier fisies in die aardse dimensie, maar my Gees en siel is geanker deur sy Woord en Genade en Liefde in Hom. Dankie, my Hemelse Vader. 

Vroegoggend op 16/09/2004, Noordhoek: Die vorige aand het ek baie gefrustreerd en opstandig gevoel. Ek het baie nagedink oor die betekenis en geheimenisse in die Bybel. Alles is soos ‘n raaisel. Hoekom moet dit so wees? Ek voel moeg en moedeloos en gaan slaap. Vroegoggend begin ek bid terwyl ek nog in die bed lê. Ek vra die Vader om te help. Ek hou aan bid. Uiteindelik gee ek net oor en sê: “Laat U wil geskied.” Skielik is Sy liefdevolle teenwoordigheid by my en ek voel die vibrasie en warm liefdeslig in my lyf, veral in my bolyf. Ek voel so bly en die grootste moontlike dankbaarheid wel in my op! Ek voel net dankbaarheid en rustigheid. Ek weet die Vader is in beheer en alles sal reg verloop volgens sy plan, hoewel daar onsekerheid by my is oor wat die toekoms inhou. Ek voel dankbaar dat Sy vrede nou in my is. Ek wil dit altyd net so hou. 

Terwyl ek so na antwoorde gesoek het oor wat regtig in die Bybel aangaan en hoekom dit dikwels so onsinnig klink, het die volgende antwoord onder andere te voorskyn gekom. My vriend en een van my mentors, Dr. Rudi Buys, voorheen van Rustenburg, het my geskakel en gesê ek moet lees in 1 Kor. 1 (na aanleiding van iets anders wat ons bespreek het). My oog het geval op vers 21: “Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.” 

Geleerdheid en slimmigheid kan jou nie help om tot ware kennis van dít wat belangrik is, te kom nie. Net die toepassing van die Vader se twee grootste gebooie kan: Eer Hom en aanbid Hom alleen, wees lief vir jou naaste soos vir jouself. Verder is nodig – opregte nederigheid, waarheid, en geduld – maar bowenal moet ons die Vader en mekaar opreg liefhê soos wat ‘n kind liefhet. Dan wek die Vader se Gees binne ons en dan word ons geleer van binnekant af, in die kamers van ons harte. Dít wat uit die Gees van die Vader binne ons voortspruit, dít alleen is die bron van ware kennis. Daar was baie ander ervarings en drome wat ek nie hier vermeld nie. Kenmerkend van sommige van hierdie ervarings is ‘n sagte, fyn vibrasie van lig en liefde wat ek fisies deur my liggaam voel spoel. Ook ervaar ek gereeld, veral wanneer ek bid, ‘n sensasie wat soos ‘n krieweling op my hoof voel. Dit voel amper soos wanneer iets of iemand jou hare se punte saggies aanraak, veral in die omgewing van die kroontjie. Soms kry ek ook, gewoonlik onverwags, helder gedagtes of insigte wat voel of dit direk uit my hart kom. Ek skryf dit gewoonlik dadelik neer of ek spreek dit spontaan uit. Elkeen van ons ervaar geestelike ervarings verskillend, ons is elkeen uniek. Wat wel dieselfde is, is egte liefde.

8.LIEFDE IN JOU HART 

Hoe kan ek probeer om die edelste en hoogste van emosies te beskryf? Die liefde tot die Vader en tot mense, wat oor ‘n tydperk in my wakker gemaak is, kan ek ten beste as volg beskryf: Dit is soos wanneer jy dink aan iemand vir wie jy baie lief is, byvoorbeeld jou kind, jou broer, jou suster, jou vrou, jou ouer of enige persoon wat jou naaste familie is, of wat vir jou soos naaste familie is. As jy aan hierdie persoon dink met deernis wanneer hy/sy miskien in groot nood of pyn is – of heeltemal in teenstelling groot blydskap of verligting ervaar, en jy hou daardie ervaring van deernis in jou verbeelding vas, dan wek jy liefde op. Jy voel hartseer en bly tegelyk, jy voel miskien selfs ‘n bietjie tranerig en jy weet ook nie altyd of dit trane van hartseer of blydskap is nie! Jy wil by daardie persoon wees. Die liefde tot die Vader voel so, net baie sterker en gaan gepaard met ‘n diepe dankbaarheid, agting en respek. Dit is al manier hoe ek dit kan beskryf. Wanneer deernis vir iemand in my opgewek word, skiet my gemoed dikwels vol en projekteer ek ook daardie liefde in my hart na die Vader. Partykeer gebeur dit net spontaan en ander kere bring ek dit self aan wanneer ek aan die Vader dink, altyd met die hoogste respek en diepe dankbaarheid. Wanneer dit spontaan gebeur, is dit gewoonlik in oomblikke wanneer ek in my binneste stil word. Ek dink net aan Abba Vader en die liefde wel in my binneste op, ek kan dit nie verhelp nie en wil dit nie verhelp nie. Dit is ‘n gevoel van eenheid en kommunikasie sonder woorde. Liefde is tot beskikking van elkeen, jy moet dit net self in jou hart opwek. Liefde kan die maklikste opgewek word wanneer jy iets onselfsugtigs vir jou naaste doen wanneer hy/sy hulp nodig het. Die dankbaarheid wat van daardie persoon na jou geprojekteer word, of bloot net die wete dat jy waarlik iets goeds, iets goddeliks in die kleine uit jou eie gedoen het, wek liefde en ‘n sagtheid vir daardie naaste in jou op en tot almal rondom jou. Die ware reënboogspektrum van liefde ontspring in jou hart en al die skakerings saam maak die helderste, edelste en kosbaarste liefde wat uit jou straal.

9.DIE STORIE VAN JOU LEWE DIE GROOT BELONING 

Op die oomblik is jy in hierdie fisiese liggaam op die planee aarde. Hoe jy hier gekom het, is nie nou ter sprake nie, probeer net insien dat daar ‘n hoër doel met jou aardse lewe is. Die doel hiervan is dat jy jou siel moet wakker maak deur die regte lewensbeskouing en optrede volgens die orde van die Vader sodat jou siel en Gees (wat een is met die Vader) kan ontwaak en ontwikkel tot ‘n onafhanklike kind van die Vader. 

Jy is hier gebore en het onderneem om te vergeet waarvandaan jy kom, sodat die aardse ervaring ‘n egte en werklike leerskool en groeigeleentheid is. Dit is amper soos wanneer jy na ‘n fliek gaan kyk: Voordat jy daar instap, weet jy dit is nie werklik nie; jy weet daar is akteurs en rolprentkameras wat dit afgeneem het; jy weet menige los tonele is geredigeer om een rolprent te maak en alles het gebeur volgens die oorspronklike teks van die draaiboekskrywer. Die fliek het nie sommer net “random” ontstaan nie. Tog “gee jy jou oor” aan die klug, jy besluit willens en wetens om vir die tydsduur van die rolprent te “glo” dat dit werklik gebeur en jy leef jou in die storie in. Jy weet nie wat alles gaan gebeur nie en wat die einde gaan wees nie, maar soos die storie vorder, maak jy jou eie afleidings. Jy vereenselwig jou dikwels met sommige van die hoofspelers, dalk met die hoofkarakter of held/heldin in die storie. Dit word amper jou eie te ervaring; dit is asof jy daardie persoon word en al sy/haar lief en leed self ervaar. 

Ons kan probeer om op ‘n soortgelyke manier ons bestaan hier bed op aarde te beskou. As daar ‘n groot Skrywer is wat reeds die teks geskryf het om beswil van die hoofkarakter – eintlik jy – dan is dit tog duidelik dat jy jou nie dood hoef te bekommer oor die uiteinde van die storie nie. Tensy dit deel is van die teks dat jy wel op ‘n stadium in jou lewe in doodsangs moet verkeer – om beswil van die ontwikkeling en vrymaking van jou siel! Tydens hierdie storie is daar sekere gebeurtenisse en omstandighede wat doelbewus geskep is om jou siel te onderrig en te louter. Uit jou oogpunt beskou, terwyl jy in hierdie uiters werklike ervaring is, probeer jy ten alle koste die swaar vermy. 

– 

Jy word gekondisioneer deur die hele sameswerende komplot van die wêreld dat materiële dinge soos geld en aansien die belangrikste is. 

Die groot “magte” van die wêreld of sogenaamde “Illuminatie” wat in beheer is van die geldmag, beheer ook van die grootste kerke, regerings, staatsinstansies, opvoedkundige stelsels, televisie-netwerke en maatskappye. Omtrent alles wat van die wêrelds-ingestelde magte af kom, is daarop ingestel om van mense slawe te maak. Nie slawe in kettings nie, maar slawe in figuurlike kettings wat werk van agt tot vyf in die dag, of party wat ongereelde ure werk – sommer nagte deur ter wille van geld. Nie dat daar enige iets verkeerd is met werk nie, in teendeel. “Arbeid adel”, sê die spreekwoord. Maar die probleem is dat ons so ingetrek word deur hierdie wêreldse komplot dat ons nie meer die bome van die woud kan onderskei nie. Ons “verkoop” ons siel vir die bord lensiesop van die wêreldse vooruitgang, aansien, genietinge en vir materiële oorlewing. 

Ons raak so gekondisioneer deur die wêreld en deur fisiese, materialistiese oorlewing dat ons die siel en die geestelike aspek, wat eintlik al is wat werklik saak maak, heeltemal agterweë laat! Watter werk is werklik belangrik? 

Die volgende aanhaling uit Boek 5 van Jakob Lorber toon duidelik wat Jesus hieroor aan die mense geleer het, hfst. 73, bl. 187: 

[Begin van aanhalings]: 

[par. 9] Ek sê: “Waar en wanneer dan ook ‘n mens waarlik vir die heil van sy siel gewerk het, daar en dan het hy ook die meeste en waaragtigste en hoogste onselfsugtig gewerk; want om op die regte, goeie manier besig te wees vir die welsyn en die heil van die siel sluit immers sonder meer alle ander selfsugtige bedrywighede geheel en al uit, omdat selfsugtigheid en eieliefde die liefde vir Elohim en die naaste volledig uitsluit.” 

[10] “Wie op aardse wyse vir sy liggaam sorg, soek die skatte van hierdie wêreld, woel in die materie en begrawe sy siel dus in die oordeel en in die dood. Al het so iemand ook die hele dag deur met ploeg en bylpik op die veld met soveel ywer gewerk, dat hy teen die aand behoorlik in sy eie sweet gebad het, dan was hy in vergelyking met wat Ek arbeid noem, nogtans ‘n dagdief, ‘n lui kneg vir die veld van Elohim se Ryk.” 

[11] “Want wie nie in sy gees werk vir die ware doel wat aan hom deur Elohim gestel is nie, soos wat hy na reg en billikheid volgens Elohim se orde behoort te doen, werk sekerlik ook nie vir die tydelike en ewige welsyn van sy naaste nie en vind dit nie die moeite werd om Elohim te soek en Hom van naderby te leer ken nie, span hom nog minder in vir die heil van sy naaste en as hy alreeds iets vir hom doen, dan doen hy dit ter wille van homself, sodat sy naaste op die een of ander manier in staat sal wees om hom talle kere meer van diens te wees as die goeie wat hy eenvoudig vir hom gedoen het.” 

[Einde van aanhalings] 

Let wel: Die Meester sê nie dat jy nie aardse werk moet doen nie. Hy sê dat die die ontwikkeling van jou siel en gees volgens Sy orde die belangrikste is, en dat ons dit eerste moet stel! 

Ons sal eenheid met die Vader nie vind in enige aardse sekuriteit nie – sekuriteit bestaan nêrens sonder Hom nie. Ons sal Hom nie in enige “gebou”, bedoelende enige menslik geskepte instansie of doktrine, vind nie. Ons kan Hom maar net alleenlik op ons eie vind wanneer ons alleen in die oop vlakte (in opregtheid, eerlikheid en openheid) staan. Daar kan ons Hom binne-in ons vind wanneer ons emosies, denke en dade in ooreenstemming is met sy verordeninge. 

Al ons dwalinge en lyding op pad na die groot doel; dit alles maak deel uit van die storie. Elkeen van ons word groot met ‘n sekere opvoeding, wat ook vooraf georkestreer is, en só ontwikkel jy jou karakter – goed of sleg, of meestal ‘n kombinasie van albei. Vol inherente swakhede gaan ons die skool van die 

– 

lewe in. Miskien word jy oorval deur rampe of krisisse, jy word dalk mishandel of siekte of finansiële krisisse of die verloor van ‘n naasbestaande tref jou. Op ‘n hoër vlak, waarvan ons nie bewus is hier in die aardse dimensie nie, werk siele saam om mekaar te help om hierdie groei-ervarings te hê. Dit het alles een doel: om jou siel te louter en te veredel tot geestelike rypheid. Jy het vrye keuse oor hoe jy in elke situasie gaan reageer. Aanvanklik, en dikwels vir baie lank, maak ons oor en oor dieselfde foute. Só leer ons baie lesse, en in die proses vind kosbare groei plaas, en ons word dors na die waarheid. As ons geestelik (en dikwels ook fisies) plat en teen die grond is, wanneer ons ware nederigheid geleer het en berou het oor die swak keuses wat ons gemaak het, is ons harte ontvanklik om die ware boodskap van ons Hemelse Vader te hoor. Dan kan ons hoor (m.a.w. voel in ons harte, in ons emosionele siele-wese) dat ons uit die Vader, die Groot Liefde kom en dat ons die saad of vonk van die Groot Liefde in ons dra. Ons maak hierdie Liefde in ons wakker wanneer ons in ons emosionele wese (siel) tot die regte insigte kom en die gebooie van die Vader navolg uit liefde, en nie uit vrees nie. 

Let wel: Wat is die doel van die Vader? Om sy skepsels te dwing deur swaarkry en reëls om almal eenvormig sy slaafse navolgers te word? Allermins. Hoekom sal Hy dit doen as Hy almagtig is en legioene engele tot sy beskikking het? Nee, hier is veel meer agter die storie. Hy het ons geskep uit Liefde, en Hy gee ons die kans om volwaardige kinders van Hom te word deur die ontwikkeling van ons eie unieke persoonlikhede – en om dit goed te doen laat Hy toe dat ons deur onsekerheid, swaarkry en loutering gaan, sodat ons self hierdie ontwikkeling deur ons eie onafhanklike en vrye denke kan meebring! Indien jy self kinders het, sal jy graag wil hê dat hulle almal bloot klone van jou moet wees wat presies doen wat jy doen, dink wat jy dink en voel soos jy voel? Beslis nie! 

Ek wil juis hê dat elkeen sy of haar unieke persoonlikhede en vaardighede ontwikkel, maar ek wil ook hê dat hulle uit vrye wil vir my as hul vader moet eer en volgens die goeie orde wat ek vir hulle geleer het, moet leef tot beswil van hulself en almal om hulle. 

Elkeen van ons het ons eie storie, en saam maak ons stories een GROOT storie. Het jy vrye keuse oor wat in jou storie gebeur en hoe dit gaan eindig? Ek dink ‘n mens moet dit uit die oogpunt van die groot paradoks (skynbare teenstrydigheid) probeer verstaan. Winston Churchill het op rype leeftyd lank hieroor gedink en toe tot die volgende gevolgtrekking gekom, min of meer in die volgende woorde: “Ná lange oordenking en bepeinsing oor die saak van vrye wil en predestinasie het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom – dit is een en dieselfde.” Vir ons menslike verstand is dit nie logies nie en is dit vreemd om te verstaan, maar ek vermoed dit is hoe dit is. Vir die Hemelse Vader is niks onmoontlik nie. Hy meng nie in met ons vrye wil nie. Ons besluit self of ons goed of kwaad skep deur ons eie woorde en dade. 

Hy het ons geleer om te bid: “Laat U wil geskied, soos in die hemel (die geestelike in ons) net so ook op die aarde (die natuurlike in ons).” Ons moet dus ‘n samehorigheid bewerkstellig tussen die geestelike in ons (jou gees) en die natuurlike in ons (jou siel). Gees verwys na die onsigbare, dieper veld van lig en liefde wat bestaan diep binne ons – op ‘n plek wat nie eintlik ‘n plek is nie – maar wat oral is, soos wat ek voorheen probeer het om met die beperkte hulpmiddel van woorde te beskryf in die hoofstuk getiteld Hemelse ervaring. Siel verwys na die geskape “jy”, die mensekind met ‘n eie bewussyn, emosies en denke, wat woon in ‘n tydelike fisiese liggaam maar wat nie die liggaam is nie. 

Die liggaam is toegerus met ‘n fisiese brein wat eintlik maar net soos ‘n programmerings-hulpmiddel en filter vir die siel is, en wat amper ‘n soortgelyke funksie het as die sender- of ontvanger- meganisme van ‘n radio. Die brein is in beheer van jou fisiese liggaam, wat die “tempel” is waarin jy woon. 

Aanhaling: “… u sien dus dat Ek nie die kwade skep nie, Ek plaas nie die keersy van alle moontlike geestelike eienskappe in die wêreld volgens, ‘n bepaalde orde nie, nee, hulle vorm hulleself, deur die enige groot hoofwet van My en My skepping, deur die groot woordvryheid.” – Aanhaling uit die skrywe van Gottfried Mayerhofer, “Geheime van die skepping” bl. 91 

Normaalweg in ons lewensverhaal laat ons ons aardse tempel onbewustelik en bewustelik besoedel deur kondisonering van die wêreld en deur ons eie swak keuses betreffende ons denke en optredes. Dikwels maak ons verkeerde besluite en doen verkeerde dinge, en dit is asof dit onvermydelik is – alhoewel ons totale vrye keuse het en kon kies om dit nie te doen nie. Hoe werk dit dan eintlik? Dit is die groot paradoks, die raaisel in die spieël. In ons aardse dimensie is dit onmoontlik om te verstaan voordat ons eendag ten volle in die gees opgewek is. Die Vader se doel is dat jy moet ontwikkel tot sy onafhanklike kind, volledig gelyk aan hom, ‘n nuwe Skepper wat ook Een is met Hom.

10.IN STILTE EN VERTROUE IS JOU KRAG 

In my soeke na waarheid is die volgende antwoord oor innerlike “stilte” herhaaldelik aan my gegee. Hoe dikwels ervaar ons onstuimigheid, rusteloosheid, bekommernis, verwarring en verdeeldheid? Bykans daagliks in die lewe van feitlik elke persoon – net die grade verskil. Watter persentasie van elke dag verkeer ons in een of meer van hierdie gemoedstoestande? Wanneer jy mooi nadink oor jou eie situasie en jy kyk na die situasie van die gemiddelde persoon, moet jy erken dat die “normale” persoon waarskynlik die grootste deel van sy/haar dag in ‘n onrustige gemoedstoestand deurbring. Bekommernis, siektes, konflikte, rekeninge, frustrasies, probleme, beplanning, bemarking, sperdatums, eksamens, kinders…. hou ons besig en hou ons dikwels aan die hardloop. En so gaan nog ‘n dag van jou kort aardse lewe verby. 

Op 7 en 8 September 2004 is die boodskap “Wees stil” herhaaldelik aan my gegee: 

Eerstens het ek ‘n e-pos van my vriend en mentor, Dr. Rudi Buys, uit Kanada ontvang. Ek kon egter nie die boodskap oopmaak en lees nie. Elke keer was daar iets wat my onderbreek of voortdurend besig gehou het. 

Later die dag het my vriend Nico by my aangekom en gesê dat stilte en vrede in jou gemoed nodig is vir geestelike vooruitgang – om die Vader se teenwoordigheid bewustelik by jou te hê. 

Vroeg die volgende oggend trek ek ‘n kopie van die Landbouweekblad-tydskrif nader (gedateer 3 Sept. 2004) en val dit oop op bl. 78. Ek lees ‘n rubriek met die titel: “Daar’s diepte in die stilte.” In hierdie rubriek skryf Kobus van der Westhuyzen dat wanneer jy langs die Victoria-waterval staan, waar die massa water oor die groot rotse val, jy net die harde donderende geraas van water hoor. As jy ‘n entjie verder langs die stroom af gaan, tot daar waar die water onderdeur ‘n brug vloei, is die water stil en diep. Daar is diepte in stilte, en hierdie beginsel behoort ons in ons lewens toe te pas. In die geskrifte, 1 Konings 19:11-13, 

het die profeet Elia die Vader dringend nodig gehad terwyl hy probeer wegvlug het van Isebel (Isebel is simbolies van die gees van verleiding en afgodsaanbidding). Hy het na die woestyn gevlug en in ‘n grot gaan skuil. ‘n Sterk wind het verbybeweeg, gevolg deur aardbewings en vuur. 

Deur dit alles kon hy nie die Vader vind nie, maar toe die onstuimigheid verbygegaan het, kon hy die (innerlike) fluistering van die Vader se stem hoor. 

Net daarna maak ek die e-pos van Rudi Buys oop en daarin sê hy ek moet Jesaja 30 lees. In vers 15 lees ek: So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag in stil wees en vertroue hê.” 

Toeval bestaan nie. Wanneer jy ernstig vra na antwoorde, kom dit na jou toe. 

Ek het baie van die waarde van “stilte” in jou gemoed geleer uit werk wat ek vroeër met die gebruik van klanktegnologie gedoen het. Om mense te help fokus op ‘n doelwit, konsentrasie tydens studie, memorisering en kreatiewe probleemoplossing word rekenaar-gegenereerde harmonieuse klanke gebruik wat jou breingolfritmes help verander na meer ontspanne toestande. Dit werk byna soos musiek maar is baie meer effektief. Navorsing en praktiese ervaring het getoon dat daar ideale breingolftoestande of -frekwensies is vir spesifieke take, soos konsentrasie of die visualisering van ‘n spesifieke eindresultaat. Jou breingolwe is klein voltfluktuasies wat ‘n impuls tussen die neurone veroorsaak. Dit vind voortdurend plaas. Wanneer jy iets dink of voel, is daar ‘n groep neurone wat gelyktydig van polariteit verander. 

Navorsers kan hierdie voltfluktuasies meet, die neuron in rus het ‘n rustende polariteit van minus 80 millivolt. Wanneer jy dink of iets voel, styg dit na plus 40 millivolt. Dit vind voortdurend plaas en verskillende frekwensies is tegelykertyd teenwoordig. Dit word gemeet in siklusse per sekonde, ook genoem Herz. 

Wat van belang is, is dat jou gemoedstoestand en spanningsvlak ‘n enorme impak het op die frekwensies. As jy byvoorbeeld baie gespanne is, is die frekwensies vinniger; dit word genoem ‘n hoë Beta-toestand. (‘n Normale Beta- toestand kom voor wanneer dominante breingolffrekwensies tussen 14 en 40 Hz is.) Wanneer jy rustiger is, word die frekwensies stadiger. ‘n Ligte ontspanne toestand kan iewers in die Alpha-toestand wees (tussen 7 en 14 Hertz) en as jy baie diep ontspanne is, word dit die Theta-toestand genoem (tussen 4 en 7 Herz). Wanneer jy slaap, is die dominante breingolffrekwensies slegs in die 68 omgewing van 4 Hz. 

Al hierdie frekwensies is gelyktydig aanwesig, maar jou “toestand” of “gemoedstoestand” word beïnvloed deur jou gemiddelde breingolftempo en vice versa. Dokters kan hierdie frekwensies monitor wanneer hulle jou aan ‘n sogenaamde elektroënsofalograaf (EEG) koppel. In ons eie informele navorsing in hierdie veld het ek myself onderwerp aan die meting van hierdie breingolfrime. Dié toetse het ons gedoen met vergunning van die tegnici by die neurologiese afdeling van die Tygerberg-Hospitaal. Dit is insiggewend om te sien hoe jou breingolfritmes versnel wanneer jy gespanne is. Tydens die meting het ek net begin ontspan, toe daar een van die kolligte wat die kameraman gebruik het, ontplof. Onmiddellik kon jy die onstuimige golwe op die uitdruk van die EEG-masjien waarneem. Jy kan ook duidelik sien hoe die golwe kleiner en rustiger word hoe dieper jou vlak van ontspanning is. 

Hoekom is dit van belang? Om geestelike groei te ervaar, moet jy leer om in jou gemoed stil te raak en “na binne” te gaan, sonder om die hele tyd oorweldig te wees deur gejaagdheid en bekommernis. Daar is wetenskaplike redes waarom dit noodsaaklik is om rustig te wees wanneer jy “na binne” gaan, soos wanneer jy na antwoorde soek of wanneer jy bid. Navorsing en praktiese ervaring dui daarop dat inligting beter vloei tussen die twee breinhelftes of -hemisfere deur die sogenaamde corpus callosum (inligtingskanaal tussen die twee helftes) wanneer jou breingolwe stadiger is, m.a.w. wanneer jy meer ontspanne is. Breinfunksies soos kreatiwiteit en memorisering verbeter en dit is 

makliker om helder te dink oor ‘n probleem of om die groter prentjie te sien. Hoe hoër die spanningsvlak en dus die breingolfritme, hoe meer afgesluit en inmekaargetrek raak die are in die brein, en hoe “ontstuimiger” raak die brein. Dit verduidelik ook waarom sommige studente partykeer heeltemal “toeslaan” wanneer hulle aan die spanning van eksamen onderwerp word. Ten spyte daarvan dat hulle die werk goed ken, kan hulle partykeer niks onthou wanneer hulle dit onder druk toestande moet weergee nie. 

Die oomblik as hulle weer by die eksamenlokaal uitstap en begin ontspan, gaan die kommunikasiekanaal weer “oop” en onthou hulle weer alles. 

Ons kan die waarde van ‘n stil gemoedstoestand ook as volg illustreer: Veronderstel jy staan op ‘n rots langs die see, terwyl die see baie onstuimig is en die golwe met groot gedruis rondom jou breek. Gestel jy neem ‘n klein klippie en gooi dit in die water … wat sal jy sien? Jy sal feitlik nie die effek van die klippie op die water kan waarneem nie. As die see baie onstuimig is, kan jy selfs ‘n groter klip in die water gooi en steeds nie die effek daarvan behoorlik waarneem nie. Maar as jy op daardie selfde plek staan terwyl die see kalm en plat is, wat sal gebeur wanneer jy die klippie in die water gooi? Jy sal die rimpelingseffek van die klippie duidelik kan sien. Jou brein is net so. Wanneer jy antwoorde soek, bid of die Woord van die Vader wil hoor, moet jou breingolwe rustig wees. 

bekommernis van die materiële 

Wanneer die druk en oorlewingstryd en die gejaag na geld ensovoorts jou brein ontstuimig maak, kan jy niks van die Vader hoor en verstaan nie. Maar wanneer jy stil en rustig is, is jou gemoed oop en ontvanklik vir dit waarna jou siel soek. 

Wanneer jy afkyk na die oppervlak van die ontstuimige water kan jy nie jou weerkaatsing sien nie; die oneindige rimpelings en beweging maak dat die beeld totaal verwronge en uit fokus is. Maar wanneer jy afkyk na die oppervlak van die water wanneer dit so glad soos ‘n spieël is, kan jy jou spieëlbeeld helder en 

duidelik sien. Wanneer ons stil sit en ons afsluit van die geraas en beweging van die materiële wêreld; alleenlik dan kan ons ons innerlike emosies en denke rig na die Allerhoogste. Dan kan ons die innerlike gewaarwording van liefde en die stem van die Vader hoor. 

Terwyl ek hierdie woorde skryf, besef ek hoe futiel dit is om aan iemand net met woorde te probeer verduidelik wat die innerlike gewaarwording van die Vader se liefde en van sy stem is. Jy moet dit self gaan toepas – self die Vader in die stilte soek. Anders is dit soos ‘n siende persoon wat probeer om vir ‘n blinde, wat nog nooit daglig gesien het nie, te verduidelik hoe sonlig lyk. Dit is onmoontlik. Net deur self te gaan doen en te gaan soek, met opregtheid en nederigheid, sal jy dit kan ervaar. En jy kan, want jy is ook geskep deur die gedagtes van die My Vader. Hy het sy asem in jou ingeblaas om jou lewe te gee, die mobrvonk van sy Gees is ook in jou siel aanwesig! 

In die Bybel staan daar ook: Wees stil en weet dat ek God is.In ‘n gemoedstoestand van innerlike vrede en stilte kan ons, net soos Elia, sy teenwoodigheid aanvoel soos ‘n fluistering in die windstilte. In die boodskap wat Rudi Buys op die 7de September vir my gestuur het, het hy ook onder andere die volgende ingesluit (Dit is belangrik om stil in jou gemoed te raak wanneer jy die Woord lees. Moenie bolangs lees nie, maar drink dit in): 

Joh 14:18 

Ek sal julle nie as weeskinders [alleen, agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. hakies is vertaal uit die “Amplified Bible”.] 

Joh 14:27 

verlore, hulpeloos] [Alles binne hierdie 

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. [Moenie toelaat dat jy kwaad gemaak en gesteur word nie. Moenie jouself toelaat om bang, geïntimideer en lafhartig te wees en van stryk gebring te word nie.] 

2 Kor 12:9 Sy antwoord was: “My genade [My guns en liefdevolle welwillendheid en genade] is vir jou genoeg [voldoende teen enige gevaar en stel jou in staat om die probleme manmoedig te deurstaan]. My krag kom juis tot volle werking [volledig en voltooi] wanneer jy swak is. Daarom sal ek liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus [die Messias] my beskutting [wandel met my en plaas ‘n tent van beskerming oor my] kan wees.

11.HOOGSTE IDEAAL N BOODSKAP VAN HOOP 

Wat is jou hoogste ideaal? Die meeste mense het nie ‘n duidelike ideaal of doelwit nie. Wanneer jy hulle vra wat dit is, sal die meeste vae antwoorde gee soos: “Net om gelukkig te wees”, “om by my familie te wees”, “om finansieel onafhanklik te wees”, “om sonder skuld te wees”, “om baie geld in die bank te hê”, “om gesond te wees”, ens. Vir die meeste mense is dit ‘n kombinasie van bogenoemde. 

Diep in ons binneste weet ons daar is iets wat baie belangriker is as die wêreldse gebeurtenisse wat rondom ons plaasvind. Selfs al dring dit nie tot jou bewussyn deur nie; dit is daar, iewers in jou onderbewussyn. Soms, wanneer jy ‘n pragtige sonsopkoms of sonsondergang sien, of die sterre op ‘n helder aand, of ‘n pragtig blom, of wanneer jou kind jou ‘n spesiale glimlag of ‘n warm drukkie gee, voel jy die roering binne-in jou dat daar iets baie spesiaal onderliggend tot dit alles is. William Blake het geskryf: “I have felt a sense sublime, whose dwelling is in the light of setting suns…” 

Hierdie roering binnekant is die bewustheid van die siel van haar afkoms, haar afkoms van ‘n plek of dimensie wat onbeskryflik mooi en goed is, vanuit die Liefde self. Binne die siel is die vonk of saadjie van die Gees van die Vader. Wanneer jou siel (jyself) uit vrye wil hierdie liefde in jou opwek tot die Vader en tot die mense om jou, ontkiem hierdie saadjie en die vonkie raak ‘n liefdesvlam wat groei en groei. Jou siel en die Gees van die Vader verenig en jy word waarlik ‘n kind van die Vader. Dit is die hoogste ideaal waarna enige mens kan strewe. 

Die materiële wêreld en alles daarbinne is niks anders as die tydelike manifestasie van die Vader se wil nie. Indien jy dit volkome as die waarheid besef, sal jy dan nog dieselfde dink en optree? Verseker nie. Jy sal aangevuur wees om antwoorde te kry oor die hiernamaals en die geestelike dimensie. Maar waar kry jy die antwoorde? Tensy jy werklik gedrewe is om die waarheid te soek en jou lewe te verander, bly die meeste mense in hul bestaande toestand. Hier wen die gekondisioneerde 

“status quo”. Dit is makliker om maar net aan te gaan met die aardse lewe en nie jou kop te breek oor die hiernamaals en die geestelike nie. Dit is hoekom dit eintlik ‘n groot voordeel vir jou siel is wanneer jy deur een of ander krisis gaan, al klink dit hoe verkeerd, want dit het die potensiaal om jou wakker te skud tot ‘n geestelike ontwaking. Kan jy jou voorstel wat in die gemoedstoestand van iemand omgaan wat byvoorbeeld met ‘n terminale siekte gekonfronteer word, of iemand wat erge fisiese pyn ervaar? Of in die hart van ‘n ouer wat ‘n kind aan die fisiese dood afgestaan het? Of in die hart van ‘n persoon wat alle fisiese besittings verloor het as gevolg van ‘n bankrotskap? Of in die hart van ‘n persoon wat ‘n misstap begaan het en nou tronk toe moet gaan? Hierdie persoon se siel ervaar vrees, alleenheid, ongekende hartseer, verwyte – in erge gevalle glo mense dat hulle in ‘n hopelose toestand sonder enige hoop op die toekoms is. 

Dit is die loutering van die siel, die lyding waardeur jy geestelik versag en verander word en groei. Dit is swaar en kom dikwels wreed voor. Maar dit het ten doel om die siel tot diep in haarself te laat kyk. Dit help om die siel skoon te maak van die verkeerde programmering van die verlede en berei dit voor vir die ontvang en aanvaarding van ‘n geestelike insig. Al hierdie moeilike dinge wat met jou gebeur, het ten doel om jou siel tot dieper insig te bring, hoewel ons dit moeilik uit ‘n menslike perspektief verstaan. Wanneer jou siel tot nuwe insigte kom, nederig is (sonder ware nederigheid is dit onmoontlik om die liefde van die Vader te ontdek), opreg is, en uit vrye keuse die waarheid en leer van die Vader aanneem, is sy binne die orde van die Vader en beweeg sy nader na die opwekking van die Gees binne-in haar. Wat is die leer van die Vader? Om jou naaste lief te hê en om die Vader bo alles lief te hê. Met toepassing van hierdie leer en deur jou eie innerlike groeiproses word jy as ‘n nuwe, goddelike wese in eie reg gebore – in wese ook een met die Vader. Dit is die groot geskenk en geleentheid wat ons van die Vader ontvang het. In die volgende afdeling volg die riglyne in die woorde van Jesus (JaHWeshua) soos wat Jakob Lorber dit verneem en neergeskryf het.

12.WEG NA DIE EWIGE LEWE 

Nota oor die Nuwe Openbaring van Johannes soos geskryf deur Jakob Lorber: 

Is hierdie skrywes geloofwaardig? Dit is die eerste reaksie van jou gekondisioneerde brein. Daar bestaan soveel dwalinge en verwarrende boodskappe wat deur stomme mense, meestal goedbedoelend, opgedis word dat mens nie kan help om ‘n skrywe, wat nogal voorgehou word as komende van die Meester Homself, daterende uit 1840, met wantroue te bejeën nie. Al wat ek jou vra, is om dit ‘n kans te gee en na jou hart te luister terwyl jy dit lees. Vra jouself af of jy dink dat enige mens tot hierdie heldere onderrig in staat sou wees. Maar bowenal, luister na jou binneste. As die boodskap vir jou is, sal jou siel dit herken. 

Dit is baie moeilik om net sekere dele uit hierdie werke te kies omdat daar so oneindig baie waardevolle insigte en lesse in te vind is. Dit is oorspronklik uit Duits vertaal in Nederlands, en weer uit Nederlands in Afrikaans, daarom klink die taalgebruik hier en daar effens “Nederlands”. Dit is egter duidelik verstaanbaar. Hierby volg ‘n paar uittreksels: 

Die weg na die ewige lewe, soos weergegee deur Jakob Lorber, Boek 4, bl. 172-186: Oorspronklik uitgegee deur die Jakob Lorber-stigting, in Afrikaans vertaal en gedruk deur Ariel Drukkers, Hartebeespoort. 

(Nota: Dié boodskap is deur Jesus gegee aan ‘n groot groep van sy leerlinge in die tyd toe Hy hier op aarde was. In hierdie geval het Hy ook aan sy leerlinge gewys dat die Gees en die wysheid van die Vader diep verborge in die siel van elke persoon aanwesig is, selfs in die laagste, slegste misdadiger en uitvaagsel. Geen enkele siel kan so erg verdorwe wees dat sy nie meer genees kan word nie. Wanneer die siel tot die ware insig kom, genees sy haarself. In hierdie geval is bogenoemde met die hulp van ‘n aanvanklik bose en verlore man, Zorel, aan die leerlinge getoon. Jesus is self aan die woord terwyl Hy met Zorel praat, nadat Zorel reeds die waarheid oor homself en sy 

godt lewe hier op aarde begin insien het. Dit wat gespreek word, is spesifiek op toepassing van die lewe van Zorel, maar ek plaas dit hier aangesien ek dit sien as ‘n reguit en duidelike opsomming van die riglyne van die Vader wat ons moet volg om die weg na die ewige lewe te vind. Die naam Elohim word hier gebruik vir die Vader.) 

[Begin van aanhalings]: 

12.1 WEG NA DIE EWIGE LEWE Hfst. 78: Maar tot groot verrassing en verbasing van Zorel sê Ek vir hom: “Wie sy gebreke berouvol erken en boete doen vir die ware, lewende nederigheid van sy hart, is vir My kosbaarder as nege-en-negentig regverdiges wat die boetedoening nog nooit nodig gehad het nie. Kom daarom nou na My toe, boetvaardige vriend, want in jou heers nou die ware deemoedige gevoel wat vir my kosbaarder is as dít van hulle wat vanaf die oerbegin regverdig is en in hulle harte roep: ‘Hosanna, Elohim in die hoë, dat ons U gewyde Naam nooit geskend het deur ‘n willens en wetens begane sonde nie!’ Dit mag hulle roep en daartoe het hulle ook die reg, maar dit maak ook dat hulle met veroordelende oë na ‘n sondaar kyk en sy nabyheid vermy soos die pes.

[2] Hulle lyk soos geneeshere wat self blakend gesond is, maar daarom bang is om daarheen te gaan waar ‘n sieke hulle om hulp roep, uit vrees om uiteindelik self siek te word. Is dié geneesheer dan nie beter en meer agbaar, wat geen siekte ontsien en hom haas na elke sieke wat hom geroep het nie?! Ook al word hy soms besmet, dan vererg hy hom nie daaroor nie, maar help die sieke en ook homself. En so is dit goed! 

[3] Kom daarom nou na My toe, dan sal Ek jou toon wat my leerling jou nie kon toon nie, naamlik die enige ware weg van die lewe en die liefde en die ware wysheid uit die liefde! 

[4] Deur hierdie woorde van My kry Zorel moed en kom skoorvoetend na My toe. 

[5] Toe hy by My is, sê Ek: “Vriend, die pad wat tot die lewe van die gees lei, is doringagtig en smal! Dit beteken só ongeveer: ‘Al die bittere, erge en onaangename wat jy in hierdie lewe van die kant van die mense af ondervind, moet jy met alle geduld en sagmoedigheid bestry, en wie jou kwaad aandoen, sal jy nie dieselfde kan terugdoen nie, maar die teendeel, dan sal jy gloeiende kole op sy hoof stapel! Wie jou slaan, moet jy nie in gelyke munt terugbetaal nie, absorbeer liewer nóg ‘n klap van hom om vrede en eenheid tussen julle te bewaar; want slegs vrede is bevorderlik vir die groei van hart en siel in die gees.”” 

[6] Wys niemand af wat jou vir ‘n diens vra of vir ‘n gawe nie, vooropgestel dat die diens wat van jou verlang word nie teen die gebooie van Elohim en die staatswette ingaan nie, wat jy baie goed sal kan bepaal. 

[7] Vra iemand jou vir ‘n kleed, gee hom dan ook nog die mantel daarby, en hy sal besef dat jy ‘n leerling uit Elohim se skool is! As hy dit besef, sal hy die mantel nie van jou aanneem nie; neem hy hom egter, dan is sy besef nog uiters swak en treur dan nie oor die mantel nie, maar omdat ‘n broer die nabyheid van die die ryk van Elohim nog nie kon onderskei nie. 

[8] Wie jou vra om één uur met hom saam te gaan, gaan maar twee ure saam, sodat jou bereidwilligheid hom sal toon uit watter skool diegene moet wees wat tot so ‘n hoë graad van selfverloëning in staat is! Op dié manier sal selfs die dowes en blindes die korrekte aanwysings kry dat die ryk van Elohim nader gekom het. 

[9] Aan julle werke en dade sal die mense herken dat julle almal My leerlinge is. Want dit is makliker om waarheid te preek, as om waarheid te doen. Watter nut het die woord as sodanig, as dit nie lewend word deur die daad nie? Wat het jy aan die mooiste gedagtes en idees, as die krag jou ontbreek om dit ooit in die praktyk te bring?! Ook het jy niks aan mooi en ware woorde as jy hulle nie eers vóór alles wil uitvoer nie. Slegs die werk het waarde: gedagtes, idees en woorde is waardeloos as hulle nie, hoe dan ook, ten uitvoer gebring word nie. Daarom moet elkeen wat goed preek, ook self goed handel, anders is sy prediking nie meer werd as ‘n leë dop nie!

12.2 ARMOEDE EN NAASTELIEFDE 
Hfst. 79 (Die Meester): “Daar bestaan in die wêreld ‘n groot aantal gevare vir die siel. Aan die een kant is daar die armoede; sy begrippe van ‘myne’ en ‘joune’ word al swakker namate die mens meer daaronder gebuk gaan. Laat die armoede onder die mense daarom nooit te groot word as jy ‘n veilige pad wil loop nie!”

[2] Maar laat diegene wat reeds arm is, hulle meer welgestelde broers vra wat hulle nodig het; as hulle teen harde harte stuit, laat hulle hulleself dan na My toe wend en dan sal hulle geholpe raak! Armoede en nood is geen verontskulding vir diefstal en nog minder vir die dood van die beroofde nie! Wie arm is, weet nou tot Wie hy hom moet wend. 

[3] Armoede is weliswaar ‘n groot plaag vir die mense, maar dit dra daarin die edele kiem van nederigheid en van ware beskeidenheid en sal daarom ook altyd onder die mense voorkom. Maar tog moet die rykes dit nie te groot laat word nie, omdat hulle andersins baie gevaar loop, hier en eendag ook in die hiernamaals. 

[4] As daar armes onder julle is, sê Ek vir julle almal: “Julle hoef hulle nie soveel te gee dat hulle ook ryk moet word nie, maar julle mag hulle geen nood laat ly nie! Dié wat julle sien en ken, moet julle na reg en billikheid help! Daar sal egter nog baie op hierdie groot aarde wees wat werklik ontsettend arm is en wat baie groot nood sal ly. Julle ken 

hulle egter nie en hoor ook nie hulle gekerm nie; daarom beveel ek hulle ook nie in jul versorging aan nie, maar slegs hulle wat julle ken en die wat dan ook na julle toe kom.” 

[5] Wie van julle met sy hele hart ‘n vriend sal wees van die armes, vir hom sal Ek ook ‘n vriend en ware broer wees in die tydelike én die ewige, en hy sal die innerlike wysheid nie van ‘n ander wyse hoef te leer nie, maar Ek sal hom dit in die volheid van sy hart gee. Wie sy arme broer sal liefhê soos homself en ‘n arme suster nie sal wegjaag nie, van watter stam of watter leeftyd hy ookal mag wees, na hom toe sal Ek altyd Self kom en My getrou aan hom openbaar. Ek sal dit vir sy gees, wat die liefde is, sê en dié sal sal daarmee die hele siel en sy mond vul. Wat hy dan sal sê of skryf, sal deur My vir alle tye der tye gesê en geskryf wees. 

[6] Die siel van die hardvogtige sal egter deur slegte geeste gegryp word en hulle sal haar ten gronde rig en gelyk maak aan die siel van ‘n dier, en so sal sy dan ook in die hiernamaals sigbaar word. 

[7] Gee graag en gee ryklik, want soos wat jy gee so sal jy ook weer ontvang! Wie ‘n hardvogtige hart het, kan nie deur my barmhartigheidslig deurdring word nie en in hom sal die duisternis woon en die dood met al sy verskrikking! 

[8] Maar ‘n sagte en week hart sal deur barmhartigheidslig, wat in wese baie sag is, baie gou en maklik deurbreek word, en Ek Self sal dan in so ‘n hart binnegaan met alle volheid van my Liefde en Wysheid. 

[9] Glo dit! Want die woorde wat Ek nou vir julle sê, is lewe, lig en waarheid en ‘n daad wat volbring is, waarvan elkeen wat dit sal navolg, die werklikheid sal ervaar. 

12.3 LIGGAAMLIKE BEGEERTE 
Hfst. 80 (Die Meester): “So, die armoede het ons nou bespreek en tewens het ons die gevare gesien wat uit sy sterk toeneming te voorskyn kan kom. Ons het egter ook gesien hoe dit verhelp kan word en om welke redes, en watter voordele daar vir die mens kan voortvloei uit die navolging van hierdie les van My, wat vir julle almal bestem was. Daarmee is ons met hierdie plaag en ergernis afgehandel en vervolgens kom ons nou op ‘n ander terrein, wat weliswaar baie min lyk na die pas behandelde, maar wat tog baie nou daarmee verbonde is. Hierdie terrein heet: Vleeslike lus.”

[2]Min of meer lê die vernaamste kwaad by alle mense eintlik dáár. Uit hierdie lus kom byna alle liggaamlike siektes voort en die sielsiektes kan sekerlik sonder enige twyfel daaraan toegeskryf word. 

[3]Die mens kan homself makliker van enige ander sonde bevry as hiervan, want die ander het slegs uitwendige beweegredes, maar hierdie sonde vind sy beweegredes in homself en in die sondige vlees. Daarom moet julle jul oë afwend van die verlokkende gevare van die vlees, totdat julle meester geword het oor die liggaam! 

[4]Behoed die kinders daarvan dat hulle dié drempel nie oorskry nie en behou hulle kuisheid, dan sal hulle as hulle volwasse is, hulle liggame maklik kan beheers en nie so ligtelik tot ‘n val kom nie; maar, eenmaal onagsaam – en die bose gees van die vlees het besit geneem van die liggaam! Geen duiwel is moeiliker om uit die mens te verdryf as die vleesduiwel nie; dit kan slegs deur baie vas en bid uit die mens verdryf word. 

[5] Sorg dus daarvoor om die kinders nie te bederf of hulle deur oormatige optowwery en deur uitdagende kleding liggaamlik te prikkel nie! Wee die een wat so teen die natuur van die kleintjies sondig! Waarlik, vir hom sou dit beter gewees het as hy nooit gebore was nie! 

[6]Ek sal Self diegene wat hulle besondig aan die gewyde natuur van die jeug met al die krag van my toorn tugtig! Want as die vlees eenmaal geskend is, het die siel geen vaste onderbou meer nie, en verloop haar vervolmaking moeilik. 

[7]Wat ‘n werk is dit nie vir ‘n swak siel om die voos vlees weer te genees, tot ‘n geheel te maak en alle littekens te laat verdwyn nie! Watter angs ervaar sy nie dikwels wanneer sy merk hoe voos en swak haar liggaam, haar aardse huis, is nie! Wat is die oorsaak daarvan? Die slegte begeleiding van die kinders en die vele naarhede wat hulle deur allerhande dinge moet verduur! 

[8]By name in die stede is die sedelike bederf groter as op die platteland; maak daarom, as julle eenmaal leerlinge van My is, die mense daarop attent en wys hulle op die geweldige baie bose gevolge van ‘n toegee aan die vlees op jeugdige tydperk. Baie sal dan daarmee rekening hou en daaruit sal gesonde siele te voorskyn kom, waarin die gees makliker op te wek sal wees as wat nou by geweldig baie die geval is! 

[9]Kyk eers na alle blindes, dowes, kreupeles, melaatses, jiglyers; kyk verder eers na alle soorte gebreklike en met allerlei liggaamlike kwale behepte kinders en volwassenes! Alles gevolge van ‘n voortydige skending van die vlees! 

[10] Die man mag vóór sy vier-en-twintigste jaar geen meisie aanraak nie – julle weet goed op watter manier Ek dit veral bedoel – en die meisie moet sekerlik agtien jaar wees of minstens voluit sewentien; vóór dié tyd is sy nie ryp nie en mag sy geen man beken nie, want enkele kere kom dit wel voor dat ‘n meisie vóór dié leeftyd skynbaar ryp is. As sy egter te vroeg in aanraking sou kom met ‘n wellustige man, dan sal haar liggaam reeds geskend wees en sy word ‘n swakke en deur hartstog beheerste siel. 

[11] Dit is moeilik om die geskonde vlees van ‘n man te genees – maar by die jong vrou waarvan die vlees voortydig gebreek is, is dit nog baie moeiliker! Want ten eerste sal sy nie so maklik volkome gesonde kinders in die wêreld bring nie, ten tweede word sy van week tot week wellustiger en uiteindelik word sy selfs ‘n hoer, wat ‘n vreeslike skandvlek is vir die mensegeslag, nie soseer vir haar nie, maar veeleer vir hulle deur wie se onverskilligheid sy so gemaak is. 

[12] Wee egter die een wat misbruik maak van die armoede van ‘n jong meisie en haar liggaam skend! Waarlik, vir hom sou dit ook beter gewees het as hy nooit gebore was nie! Maar wie met ‘n reeds bedorwe hoer gemeenskap het, in plaas van om haar met die korrekte middele van die verderflike pad af te bring en haar op die goeie weg te help, dié sal eendag voor My ‘n meervoudige, streng oordeel moet ondergaan; want wie ‘n gesonde slaan, het nie so ‘n groot sonde begaan as iemand wat ‘n kreupele mishandel het nie. 

[13] Wie gemeenskap gehad het met ‘n volkome ryp en gesonde vrou, het weliswaar ook gesondig, maar omdat die kwaad wat daardeur aangerig is, geen spesifieke, skadelike gevolge het nie, veral as beide heeltemal gesond is, het dit slegs ‘n geringer oordeel tot gevolg. Vir wie egter uit suiwer, reeds bestaande wellus ‘n jong vrou, ook al is sy hóé ryp, dit aandoen wat hy by ‘n hoer sou doen, sonder om ‘n lewende vrug in die skoot van die jong vrou te verwek, sal ‘n dubbele oordeel te wagte wees; as hy egter dieselfde by ‘n hoer doen, sal op hom ‘n tienvoudige oordeel wag! 

[14] Want ‘n hoer is ‘n jong vrou waarvan die vlees en die siel volkome ontwrig en swak is. Wie haar met ‘n hart wat eerlik en aan my getrou is, uit haar nood sal help, sal eendag in my ryk hoog aangeskrewe staan. Wie teen smadelike betaling gemeenskap met ‘n hoer het en haar nog slegter maak as wat sy alreeds is, sal eendag beloon word met die loon wat elke kwaadwillige doodslaner kry in die poel wat vir alle duiwels en hulle helpers gereedstaan. 

[15] Wee die land en wee die stad waar ontug bedryf word en wee die aarde wanneer hierdie groot boosheid op haar bodem die oorhand sal kry! Oor sulke lande en stede sal Ek tiranne aanstel: Hulle sal die mense opbrengslose laste moet oplê, sodat alle vlees sal verhonger en sal ophou met die misdadigste handeling wat een mens ooit aan sy arme medemens kan begaan! 

[16] Maar ‘n hoer sal alle eer en agting, selfs by hulle wat haar vir smaadgeld gebruik het, verloor en haar vlees sal vervolgens ook nog ly onder allerlei ongeneeslike of moeilik geneeslike besmetlike siektes. Sodra daar egter een is wat haar behoorlik sal verbeter, sal sy weer deur My in barmhartigheid aangekyk word! 

[17] As ‘n wellustige persoon egter na ander bevredigings- middele gryp as die skoot van die vrou wat deur My daarvoor bestem is, sal hy moeilik my aansien ooit sien! Moses het weliswaar die steniging daarvoor gelas, wat Ek daarom nie geheel ophef nie, omdat dit ‘n harde straf is vir sulke reeds heeltemal duiwelse misdade en misdadigers, maar Ek gee julle slegs die vaderlike raad om sulke sondaars uit die gemeente te verwyder, hulle eers in ‘n verbanningsoord groot nood laat ly en eers wanneer hulle byna naak by die grense van die vaderland aankom, weer aan te neem, in ‘n instituut vir geestelike versorging in te bring en hulle daar nie vroeër uit te laat totdat sulke mense geheel en al verbeter het nie. As hulle na grondige kontrole, gedurende ‘n lang tyd duidelik bewys het dat hulle genees is, kan hulle weer na die gemeenskap terugkeer. Wanneer hulle egter ook nog maar die geringste spoortjie toon van wellustige aanvegtinge, kan hulle liefs hulle lewe lank opgesluit bly, wat baie beter en heilsamer is as dat die onbedorwe mense van ‘n gemeenskap deur hulle verpes word. 

[18] Jy, Zorel, was in daardie opsig ook nie heeltemal suiwer nie, want reeds as seun was jy behep met allerlei onsuiwerheid en ‘n ergerlike voorbeeld vir jou medejongens. Maar dit kan jou tog nie as sonde toegereken word nie, omdat jou opvoeding nie sodanig was dat jy daaruit tot enige suiwere waarheid kon kom waaraan jy kon sien wat volgens Elohim se orde heeltemal reg is nie. Die betere het jy eers begin insien toe jy by ‘n advokaat die regte van die Romeinse burgers geleer ken het. Vanaf dié tyd was jy weliswaar geen diermens meer nie, maar tog wel ‘n wetsverdraaier van die eerste water en jy het jou naaste bedrieg net waar dit maar moontlik was. Maar dit is nou alles verby en jy staan nou volgens jou huidige insig as ‘n beter mens voor my! 

[19] Maar ondanks dit alles merk Ek tog dat daar in jou nog baie liggaamlike wellus aanwesig is. Ek maak jou spesifiek daarop attent en raai jou aan om jouself op hierdie punt baie in ag te neem; want sodra jy ‘n ietwat beter lewe sal lei, sal jou vlees, wat nog baie gate vertoon en nog lank nie van sy voosheid genees is nie, hom begin te roer en dan sal dit jou baie moeite kos om dit tot rus te bring en om uiteindelik die ou voosheid wat daarin aanwesig is, volledig te genees. Behoed jou daarom van alle onmatigheid; want in die on- en oormatigheid rus die saad van die vleeslike wellus! Wees dus in alles matig en laat jou nooit, sowel met die eet as met die drink, tot onmatigheid verlei nie, omdat jy jou vlees andersins moeilik sal kan beheers! 

[20] En so het ons dan nou ook die terrein van die vlees deurgegaan, vir sover dit tans vir jou nodig is. En nou begewe ons onsself op ‘n ander terrein, wat by jou ook as swaarwegend betitel kan word!

12.4 DIE WARE GEE WAT VIR ELOHIM WELGEVALLIG IS 

Hfst. 81 (Die Meester): “Hierdie terrein behels die suiwere begrip ten aansien van ‘myne’ en ‘joune’. Moses sê: ‘Jy mag nie steel nie!’ en ook: ‘Jy mag niks begeer wat van jou naaste is nie, behalwe wat strook met dit wat regverdig is!”” 

[2] Jy kan wel op opregte wyse iets van jou naaste koop en dit daarna regmatig en volgens almal se mening eerlik besit; maar as jy iemand iets heimlik wil afneem, is dit ‘n sonde teen die Wet van Elohim wat deur Moses aan die mense gegee was, omdat so ‘n handelswyse duidelik in stryd is met alle naaste liefde. Want wat vir jou regsgevoel onaangenaam moet wees wanneer ‘n ander jou dit aandoen of aan sou doen, dit moet jy ook jou naaste nie ponuoti aandoen nie! 

[3] Diefstal het meestal sy oorsprong in eieliefde, omdat traagheid, die verlange na ‘n goeie, luukse lewe en niksdoen daaruit voorkom. Dit veroorsaak ‘n sekere moedeloosheid wat omgewe word deur ‘n hoogmoedige vrees, waardeur ‘n mens weliswaar nie daartoe oorgaan om iets te vra nie, wat maar lastig is, maar eerder heimlik gaan steel en ontvreem. Die diefstal vind dus sy oorsprong in ‘n aantal gebreke, waarby die hoog ontwikkelde eieliefde die duidelikste oorsaak van al die ander is. Deur ‘n egte, lewende naaste liefde kan ‘n mens hierdie kwaal van die siel al te maklik te lyf gaan. 

[4]Verstaanbaar sê jou verstand nou vir jou: ‘Die beoefening van naasteliefde sou maklik gewees het as jy reeds die es Nooor middele daarvoor sou besit het! Uit honderd mense was daar egter maar altyd net ‘n stuk of tien wat so welgesteld was dat julle hierdie glansryke deugde kon beoefen; die ander negentig het meestal tot hulle behoort op wie hiedie deugde deur die tien rykes toegepas moes word. As ‘n mens egter slegs deur die uitoefening van die naasteliefde die kwaad van die diefstal die beste kan bestry, dan sal die negentig armes hulleself wel baie moeilik daarvan kan vrywaar, want hulle kort die middele om hierdie deugde so kragdadig as moontlik te beoefen.’ 

[5]Verstandelik gesien het jy korrek gedink en niemand kan met sy wêreldse verstand iets daarteen inbring nie. Maar die verstand van jou hart spreek ‘n ander taal, naamlik: ‘Nie slegs deur gifte (dit wat geskenk word) word die werke van die naaste liefde beoefen nie, maar veeleer deur allerlei goeie dade en eerlike en opregte hulp, waarby dit natuurlik nie aan goeie wil mag ontbreek nie.’ 

[6]Want goeie wil is die siel en die lewe van ‘n goeie daad; waar dit kortkom, het selfs die beste werk heeltemal geen waarde vir die regterstoel van Elohim nie. As jy egter ook sonder enige middel die lewende, goeie wil het om jou naaste op die een of ander wyse te help wanneer jy hom in ‘n bepaalde nood sien of aantref, en dit doen jou verdriet aan wanneer jy hom nie kan help nie, dan heg Elohim aan die goeie wil van jou baie meer waarde as aan die werk van ‘n ander mens wat eers daartoe oorgehaal moet word om te help. 

[7]En as iemand wat ryk is, en wat ‘n hele verarmde gemeente weer op die been gehelp het omdat die gemeente hom beloof het om, sodra hulle weer welvarend word, hom die tiende te gee en bepaalde dienste te verleen, dan is sy algehele goeie werk vir Elohim niks werd nie, want hy het sy loon reeds opgeëis. Wat hy gedoen het, sou elke woekersugtige vrek ter wille van die voordeel gedoen het. 

[8]Hieraan sien jy dat vir Elohim en ten gunste van die eie innerlike, geestelike lewe, elke mens, of hy nou ryk of arm is, die naasteliefde kan beoefen. Dit kom slegs neer op ‘n waaragtige, goeie wil waamee elkeen graag en vol toewyding doen wat hy maar kan doen. 

[9]Natuurlik het die goeie wil as sodanig ook geen waarde as jy ‘n bepaalde vermoë sou besit en dit jou ook aan die goeie wil sou ontbreek, maar as jy daarby tog met die oog op jouself, jou kinders, jou verwante en nog heelwat ander sake bepaalde oorwegings sou laat geld, en jy diegene wat behoeftig voor jou staan, hetsy maar ‘n klein bietjie of miskien selfs heeltemal glad nie sou help nie, met die gedagtes dat jy nooit kan weet of die hulpsoeker tog nie ‘n lui bedelaar is wat die gevraagde hulp nie waardig is nie. So sou ‘n mens maar net ‘n bedelaar steun in sy luiheid, en daardeur aan iemand wat dit meer werd was, jou hulp onttrek! Maar as daar dan iemand kom wat dit meer werd is, is daar weer dieselfde bedenking, want mens kan immers nie met volkome sekerheid weet of hy dit geheel en al werd is nie! 

[10] Ja, vriend, wie hom by die bewys van weldade, ook al is dit met die beste wil van die wêreld, afvra of wat hy sal doen belangrik is of nie, dié se goeie wil is en het nog lank nie die ware lewe nie, daarom het nóg sy goeie wil, nóg sy goeie dade ‘n besondere waarde vir Elohim. By iemand wat die geld daarvoor het, moet wil en daad gelyk wees, anders ontneem die één aan die ander waarde en die lewensgeldigheid vir Elohim. 

[11] Wat jy doen of gee, doen en gee dit met baie vreugde, want ‘n vriendelike gewer en helper het ‘n dubbele waarde vir Elohim en is ook dubbel so naby die geestelike volkomenheid! 

[12] Want die hart van die vriendelike gewer lyk soos ‘n vrug wat maklik en gou ryp word omdat hy ‘n oorvloed aan egte warmte in homself het, wat hoogs noodsaaklik is vir die rypwording van ‘n vrug omdat in die warmte die ooreenkomstige lewenselement, die liefde, heers. 

[13] So is die vreugde en vriendelikheid van die gewer en helper juis die oorvloed aan egte, innerlike, geestelike lewenswarmte, wat nie genoeg aanbeveel kan word nie. Daardeur word die siel haas tweemaal so gou ryp vir die volledige opname van die gees in haar algehele wese, en dit moet ook so wees omdat juis hierdie warmte ‘n oorgang is van die ewige gees in die siel, wat daardeur steeds meer na die gees gaan lyk. 

[14] Maar ‘n gewer en weldoener is, ook al is hy hoe aktief, veels te ver verwyder van die doel van die ware innerlike, geestelike lewensvervolmaking namate hy suurder en onvriendeliker word by die gee en die hulp wat hy verleen. Want die onvriendelike en suur gedrag by die gee bevat nog materiële, wêreldse elemente en is daarom baie verder verwyderd van die suiwer hemelse element as blymoedigheid en vriendelike gedrag. 

[15] Daarom moet jy by die gee en hulp ook geen ernstige en dikwels bitter vermanings gee nie, want dit veroorsaak by die arm broer dikwels baie droefheid wat maak dat hy in sy hart sterk daarna gaan verlang om van die weldoener, wat hom steeds so ernstig vermaan, tog maar niks meer verder aan te neem nie. Die weldoener self word deur die paslike vermaning egter dikwels ietwat trots, en diegene wat die weldade aanvaar, voel hulle daardeur te veel verneder en voel dan eers goed hoe groot sy nood naas die welstand van die weldoener is, en dit maak dan dat die neem baie moeiliker word as die gee. 

[16] Wie geld en ‘n goeie wil het, kan maklik gee. Maar die arm ontvanger sien daarteen op om ook by die vriendelikste gewer, deur armoede gedwing om die weldoener, ook al is hy hoe vriendelik, te moet lastig val. Hoe swaar moet dit hom dan nie geval as die weldoener hom met ‘n stuurs gesig tegemoet kom en hom, vooruitlopend op die weldaad, ‘n aantal wyse lesse gee, en as hy later in die nood is, vir die ander wat om hulp vra, pynlike hinderpale word om nog eens aan die deur van die boeteprediker te kom vra. Die tweede maal verwag hy naamlik ‘n nog wyser, langer en dus indringender preek, wat volgens sy begrippe moontlikerwys soveel sê as: ‘Kom nie so dikwels by my aan nie of ook nooit meer terug nie!’, hoewel die gewer beslis in die verste verte nooit daaraan sou gedink het nie. 

[17] Die rede waarom ‘n blymoedige en vriendelike gewer soveel voor is as ‘n stuurse boeteprediker, is dat hy die hart van die ontvanger troos en verhef en dankbaar stem. Ook word die ontvanger daardeur met ‘n liefdevolle en vrugbare vertroue tot Elohim en die mense vervul, en sy andersins swaar juk word hom tot ‘n ligter las gemaak, wat hy dan met meer geduld en oorgawe dra as tevore. 

[18] ‘n Blymoedige en vriendelike weldoener is vir ‘n arm, noodlydende broer dieselfde as ‘n sekere en veilige hawe vir ‘n skipper op die stormagtige see. Maar ‘n stuurse weldoener in die nood lyk net soos ‘n baai, wat minder te ly het van die storm en wat die skipper wel vrywaar van ‘n algehele stranding, maar wat hom tewens voortdurend angstig in spanning laat sit of daar nie na die storm, soos wat dit dikwels gebeur, ‘n enorme, vernietigende springvloed die baai sal oorval, wat hom dan groot skade sou berokken soos tevore toe die storm op die vol see was. 

[19] Nou weet jy ook alles wat Elohim wil met betrekking tot die ware en geestelike voltooiing van ‘n naasteliefde wat maklik en gou uitgevoer kan word. Handel hiervolgens, dan sal julle ook maklik en so gou moontlik die enigste ware lewensdoel bereik het!

12.5 NEDERIGHEID EN HOOGMOED 

Hfst. 82 (Die Meester): “Maar nou volg nog ‘n besonder belangrike lewensterrein. Eers daarop kan ‘n mens in die siel die volledige, geestelike wedergeboorte bereik, wat die waaragtigste triomf en die hoogste doel van die lewe is. Hierdie terrein staan lynreg in teenstelling met trots en hoogmoed en heet nederigheid.” 

[2] In elke siel is daar altyd ‘n gevoel van eiewaarde en eersug, wat by die kleinste geleentheid en aanleiding maar al te gou ontvlam tot ‘n allesvernietigende, onbeheerste toorn, wat nie eerder te doof of volledig te blus is voordat hy die slagoffers wat hom beledig het, verteer het nie. Deur hierdie vreeslike drif word die siel egter so ontwrig en vol materie, dat sy nog baie ongeskikter word vir ‘n innerlike, geestelike vervolmaking, as wat die gloeiende sand van die groot Afrika-woestyn geskik is vir die stil van jou dors! 

[3]Deur die drif van misrabele hoogmoed word die siel uiteindelik self soos die gloeiende woestynsand, waarop selfs die armsaligste mosplantjie nie kan groei nie, laat staan nog ‘n sappiger en geseënder plant. So gaan dit ook met die siel van ‘n hoogmoedige wese! Haar wilde vuur verseng en verbrand en vernietig grondig al die edele, goeie en ware van die lewe en duisendmaal duisende jare sal verstryk alvorens Afrika se sandwoestyn haarself sal herskep in vriendelike en van seën oorvloeiende velde. Daaroorheen sal al die waters van die see nog talle kere moet spoel! 

[4]Kyk eers na ‘n trotse koning wat vanweë ‘n kleinigheid deur sy buurman beledig word! Sy siel raak daardeur in vuur en vlam; sy oë sproei toornige, oplaaiende vlamme en onherroeplik klink dit: ‘Die verskriklikste wraak aan die eervergete belediger!’ En die van ouds bekende, treurige gevolg daarvan is ‘n verwoestende oorlog, waarin honderdduisende hulle vir hulle trotse en oormoedige koning op die ellendigste wyse moes laat verskeur. Met groot welgeval kyk die in toorn ontstoke koning dan vanuit sy tent na die ontsettendste veldslae en moorde, en elke woestě krygsman wat die bevegte teenstander ‘n groot, gevoelige verlies kon toebring, beloon hy trots met goud en edelstene. 

[5]Wanneer so ‘n koning deur sy oorweldigende mag al nagenoeg alles van sy belediger ontneem het, vind hy dit nog lank nie genoeg nie! Hy wil hom self ook nog voor sy oë gruwelik gemartel sien! Daarteen help geen bid en smeek nie. En wanneer die belediger voor die oë van die trotse koning onder die vreeslikste en pynlikste martelinge gesterf het, word sy liggaam bowendien nog afskuwelik vervloek en as voer vir die rawe uitgestrooi, en nooit keer in die diamanthart van so ‘n koning iets van berou terug nie. Inteendeel, die toorn of die gloeiende woestyn van Afrika bly aan elkeen die vreeslikste dood bring wat dit ooit sou waag om ook maar die plek waar die koning staan, nie die hoogste eer te betoon nie. 

[6]So ‘n koning het natuurlik ook wel ‘n siel, maar hoe sien sy daaruit? Ek sê vir jou: erger as die gloeiendste plek in die groot Afrika sandwoestyn! Dink jy dat so ‘n siel ooit verander sal kan word in ‘n boomtuin van Elohim se hemele? Ek sê vir jou: Afrika se woestyn sal duisendmaal eerder die heerlikste dadels, vye en druiwe voortbring as wat so ‘n siel ook maar die kleinste druppeltjie van die hemelse liefde sal ken! 

[7] Vermy daarom, julle almal, vóór alles die hoogmoed, want niks ter wêreld verwoes die siel meer as skuimbekkende hoogmoed en trots nie! Die begeleier daarvan is ‘n voortdurende dors na wraak, soos wat die ewige en onstilbare dors na reën die voortdurende begeleier is van Afrika se groot, gloeiende sandwoestyn, en ook alle diere wat voet op hierdie bodem sit, word maar al te gou deur dieselfde plaag geteister, soos wat die bediendes van iemand wat trots is, uiteindelik ook self verskriklik trots en wraaksugtig word. Want wie dienste verleen aan ‘n trotse persoon, moet uiteindelik ook self trots word; hoe sou hy anders die een wat trots is kon dien?!

12.6 OPVOEDING TOT NEDERIGHEID 

Hfst. 83 (Die Meester): “Maar hoe kan ‘n mens hom dan beskerm teen hierdie allergrootste ondeug, terwyl die kiem daarvoor tog in elke siel aanwesig is en heel dikwels by kinders reeds ver deurgedring is? Dit is net deur nederigheid moontlik!” 

[2]En juis ter voortdurende beteueling van hoogmoed, is daar op hierdie aarde onder die mense soveel meer armoede as rykdom. Plaas by wyse van proefneming ‘n koningskroon op ‘n arme bedelaar se kop, dan sal jy gou merk dat sy vroeëre nederigheid en geduld vinniger as blits verdwyn. Daarom is dit goed dat daar maar weinig konings en baie deemoedige bedelaars is. 

[3]Elke siel het ‘n hoogheidsgevoel wat volgens Elohim se idee en wil uit Hom geërf is. Die bestaan van hierdie hoogheidsgevoel kan mens goed aflei uit skaamtegevoel van kinders. 

[4]Die skaamtegevoel van kinders is ‘n gewaarwording van die siel, ‘n gevoel wat op ‘n gegewe oomblik by haar opkom. Hierdie gevoel manifesteer woordeloos die ontevredenheid van die siel wat tog iets geesteliks is, oor die feit dat sy haar beklee sien met ‘n plomp en onhandelbare liggaam waarvan sy sonder pyn nie kan wegkom nie. Hoe teerder en gevoeliger die liggaam van ‘n siel is, des te sterker sal haar skaamtegevoel wees. As ‘n goeie opvoeder van die kleintjies nou die kuns verstaan om hierdie onuitroeibare gevoel te omvorm tot ware nederigheid, dan word hierdie gevoel vir die kind ‘n beskermgees en plaas hy die kind op die pad waarop hy, as hy daarop verder gaan, maklik al vroeg tot geestelike volmaaktheid kan kom. Maar as die leiding van hierdie aangebore gevoel ook maar enigsins van die regte rigting afwyk, kan dit dadelik aanleiding gee tot hoogmoed en trots. 

[5]Om die skaamtegevoel te omvorm tot sogenaamde kinderlike eersug, is heeltemal verkeerd, want dan begin ‘n kind dadelik dink dat hy beter is as ‘n ander. Hy word gou beledig en geraak en ween bitter trane daaroor; met hierdie gehuil gee hy helder en duidelik te kenne dat hy deur iemand in sy eer gekrenk is. 

[6] As swak en kortsigtige ouers dan probeer om die beledigde kind te kalmeer deur die belediger van die kind, ook al is dit slegs vir die skyn, tot verantwoording te roep en straf te gee, het hulle reeds by die kind die eerste kiem gelê van die stil van die dors na wraak. Sou die ouers hulle kind altyd op hierdie wyse kalmeer, sal dit dikwels tot gevolg hê dat hy sowel vir hulle as vir baie ander mense ‘n duiwel sal word. Maar as die ouers verstandig is en die kind vroegtydig al voortdurend wys op die grotere waarde in ander mense en kinders, en so die skaamtegevoel single ombuig tot ware nederigheid, sal hulle van hulle kinders engele maak, wat later as egte lewensvoorbeelde die ander met hulle lig sal voorgaan as stralende sterre in die nag van die aardse lewe, en wat hulle sal verkwik met hulle sagmoedigheid en geduld. 

[7]Maar omdat kinders slegs selde so ‘n opvoeding kry waardeur hulle gees in hulle siel gewek sou word, moet die volwasse, tot suiwer insig gekome mens vóór alles daarvoor sorg dat hy sy uiterste bes sal doen om tot ware en werklike nederigheid te kom. Solank hy nie die laaste reste van hoogmoedigheid in homself uitgeroei het nie, kan hy nóg hier, nóg in die hiernamaals oorgaan tot ‘n volledige voltooiing van die pure geestelike, hemelse lewe. 

[8]Wie by homself wil vasstel of hy volkome nederig is, moet hom innerlik afvra of daar nog iets is wat hom kan beledig, of hy sy ergste beledigers en vervolgers maklik van ganser harte sal kan vergewe en aan diegene goed kan doen wat hom kwaad aangedoen het, of hy so nou en dan nie enige verlange voel na wêreldse glorie nie en of hy dit selfs aangenaam vind om hom die minste onder die minstes te voel en om enigeen in alles te kan dien! Wie dít alles sonder verdriet en weemoed kan, is reeds hiér iemand wat tuishoort in die hoogste hemele van Elohim en hy sal dit ewiglik bly, want deur so ‘n ware nederigheid word nie alleen sy siel heeltemal één met haar gees nie, maar ook die grootste deel van sy liggaam. 

[9] Daarom sal so,’n mens ook nooit die dood van die liggaam voel en smaak nie, omdat die hele eteriese deel van die liggaam die deel wat eintlik die natuurlik lewende is – reeds hiér saam met die siel en haar gees onsterflik geword het.  

[10] Deur die fisiese dood word slegs die gevoel – en lewelose skadugedeelte van die siel losgemaak. Daarvan kan die siel geen angs en geen verdere pyn meer ondervind nie omdat alles wat in die liggaam gevoel het en dus lewend is, homself reeds lankal verenig het met die siel. Daarom kan so ‘n volledig gevormde mens van die afval van die tog al gevoellose en dus dooie, uiterlike skadulewe dan ook net so min voel as wanneer ‘n mens tydens sy ten volle natuurlike lewe sy hare knip of die naels waar dit te lank geword het, of wanneer ‘n velskilfer afval, wat hom hier en daar van die tog al gevoellose opperhuid van die liggaam losmaak. Want wat aan die liggaam nooit enige gevoel gehad het nie, kan ook geen gevoel hê wanneer die siel die liggaam volledig verlaat nie, omdat al die gevoelige en lewende dele van die liggaam hulle alreeds tevore heeltemal met die siel verenig het en nou één wese daarmee vorm, wat nooit daarvan geskei kan word nie. 

[11] Nou sien julle wat ware nederigheid is en wat dit doen; lê julle in die vervolg dus op hierdie deug toe! Wie dit, wat Ek nou vir julle gesê het, getrou navolg, sal by homself konstateer (vasstel) dat hierdie eenvoudig te verstane woorde, hoewel dit alles gegee is sonder enige oratoriese, niksseggende verfraaiing, nie afkomstig is van ‘n mens nie, maar van Elohim. En wie daarvolgens leef en handel, wandel op die goeie weg na die ware, innerlike, geestelike voltooiing van die lewe. 

Maar sê jy nou vir My ook of dit alles vir jou heeltemal duidelik en verstaanbaar geword het! 

[Einde van eerste uittreksel] Hierna volg enkele ander uittreksels wat verdere insig gee:

12.7 DIE TOORNVAN ELOHIM 

Hfst. 141 bl. 329 par. [3]: “As julle oor die toorn van Elohim lees, dan moet julle dit sien as die altyd gelyke en vaste erns van sy wil; en hierdie erns van die wil in Elohim is immers juis die binneste kern van die reinste en magtigste liefde waaruit die oneindigheid en alle werke daarin soos kuikens uit die eier voortgekom het – en dit kan tog nooit vir iemand kwaad word nie! Of dink iemand van julle dalk dat Elohim, net soos ‘n dom mens, kwaad sou kon word?” 

12.8 ELOHIM SE TOORNBY ADAM EN EVA 

Hfst. 142 bl. 330 par. [2]: “Het dit nog nie tot jou deurgedring dat al vyf boeke van Moses en al die profete, en die geskrifte van Dawid en Salomo, maar net langs die weg van die innerlike, geestelike analogie begryp kan word nie?!” 

[3]Dink jy dan in alle erns dat Elohim vir Adam deur ‘n engel wat, om hom te verjaag, ‘n vlammende swaard as wapen in die hand dra, uit die paradys verdryf het? Ek sê vir jou: ook al het Adam hierdie visioen gehad, dan was dit tog maar net ‘n beeld van wat eintlik in Adam self plaasgevind het, en hoort as sodanig by die proses van sy opvoeding en by die vestiging van die eerste godsdiens en oergemeente by die mense op aarde. 

[4]Op aarde is daar nêrens ‘n stoflike paradys waar die gebraaide visse sommer in mens se mond inswem nie, maar hy moet hulle eers vang en braai en dan eers met mate eet. As die mens egter werk en vrugte versamel wat die aarde hom skenk, en hy vir hom daardeur ‘n voorraad opgebou het, dan was elke aardse streek wat die mens in kultuur gebring het, ‘n ware aardse paradys! 

[5]Wat sou daar van die mens en sy geestelike ontwikkeling tereggekom het as hy hom in ‘n ware paradys van niksdoen en eet oor niks hoef te bekommer het nie, en hy niks gehad het om voor te sorg nie; as hy hom so te sê die heerlikste vrugte in die mond gelê sou wees; as jy vir homself, lêend op heerlike malse gras, maar iets hoef te wens en alles sal daar gewees het, sodat hy slegs sy mond hoef te open om die lekkerste happies daarin te laat skuif? Wanneer sou sou die mens dan by hierdie opvoedmetode die nodige selfstandigheid verwerf het om te lewe? Ek sê vir jou dat as die paradys so was soos wat jy dink, die mens tot op hierdie uur niks anders sou gewees het en sou geweet het as ‘n goed versorgde gemeste os, of ‘n vraatsugtige poliep op die bodem van die see nie. 

[12] Toe latere, spesiaal hiervoor toegelate natuurverskynsels die eerste mense dwing om hul eerste voedingstuin te verlaat en verder op die aarde rond te kyk, gebeur dit ook nie as gevolg van ‘n soort goddelike toorn nie, maar slegs uit liefde vir die mens om hom weer uit sy traaggeworde sinlikheid op te wek en hom tot werksaamheid aan te spoor, om sy ervarings uit te brei.

12.9 VOORDELE VAN KORREKTE OPVOEDING VAN DIE SIEL 

Hfst. 217 bl. 517-519 (Die Meester): “As die siel van die mens egter onder allerlei wêreldse, materiële sorge begrawe lê, of as sy begin om haar daarin te begrawe, dan verduister sy haar ligwese, wat ten slotte heeltemal donker en duister moet word. Daar is dan geen voorraad kragtige liefde meer daarin aanwesig nie, en die klein bietjie wat nog aanwesig is, is nouliks voldoende vir eie gebruik; dit is dan die eieliefde, wat aan niemand anders meer gegee kan word nie. Maar as die liefde so klein geword het, waar moet ‘n kragtige geloof en ‘n kragtige wil dan vandaan kom, want die geloof is immers die lig uit die vlam van die liefde, en die wil, die orals werksame krag van die lig!” 

[2] Wanneer sulke mense, wat arm is aan liefde, uiteindelik, ook al is dit maar baie vaag, in hulleself sou gaan waarneem dat hulle vanweë hulle swakheid van die hulle liefde niks regkry nie en hulle meestal ‘n streep deur elke gemaakte rekening te siene kry wat hulle aan hulleself te wyte het, omdat daar geen resultaat kan wees of kom as die vereiste krag daarvoor ontbreek, dan sou hulle wel nog gehelp kon word; maar so word hulle maar net boos en verbitterd oor die sukses van ‘n ander. 

[3] Weliswaar is toorn (woede) ook ‘n lig, maar ‘n verderflike lig. In daardie helse lig sien hulle dan ook baie gou allerlei drogmiddele waarmee hulle hulleself kan bevoordeel. Weldra probeer hulle die middele, maar hulle misluk meestal omdat dit drogmiddele is. Maar al die mislukkings maak hulle nie wyser nie, maar nog kwater en boser. Hulle word trots en hoogmoedig en begin hulle toevlug te neem tot gewelddadige middele en begin om dit ook toe te pas. As dit ‘n aantal kere slaag, word hulle nog brutaler, hulle word wreed en probeer alles uit die weg te ruim wat hulle as belemmering sien vir hul vermeende sukses. So het hulle vir hulleself deur louter slegte middele aanmerklike welvaart besorg en sien nou dié weg waarop hulle self opgeklim het tot die sukses as die enigste korrekte en die 

ware. 

[4] As sulke mense soos gewoonlik ook kinders kry, kan dit tog onmoontlik anders dat hulle opgevoed sal word op die wyse waarop die ouers die wêreldse sukses bereik het, naamlik deur allerlei wêreldse wysheid. Hulle laat sulke kinders dan van alles leer, maar slegs van die wêreld! Van die ontwikkeling van die hart, wat ‘n mens eerste onder hande moet neem, is heeltemal geen sprake van nie en dit kan ook nie, omdat sowel die ouers as die leraars en opvoeders, wat uit winsbejag voortkom en vriendelik vir hulle wil wees, self geen begrip meer het van die hart van ‘n siel nie. 

[5] Alles word gedoen om die verstand maar so vroeg moontlik te ontwikkel en in te skerp. Daartoe word die kind deur allerlei geskenke en onderskeidings soveel moontlik aangespoor, word by die ontwikkeling van sy verstand reeds vanaf die eerste begin soveel moontlik gedoen in selfsug en winsbejag, dra fyn en duur kleding en ken 

homself/haarself van pure hoogmoed dikwels nie meer op tienjarige leeftyd nie. Wee die arme kind of ook ‘n ander arme mens wat ‘n kind met soveel verbeelding nie die vereiste eer sou betoon of hom selfs sou hoon! Hy het hom dan daarmee ‘n blywende vyand besorg! 

[6] Hoe kan sulke mense dan nog aan die innerlike lewenskrag wat op My gelyke lê, dink?! Waar sal jy daardie heerskappy kan vind van die mens oor die hele natuur en oor die elemente, waaruit al die geskapenes uiteindelik bestaan en moet bestaan? 

[7] As die mens die hart egter eerste en voor alles ontwikkel, gevolg deur ‘n baie maklik te bewerkstellig en effektiewe ontwikkeling van die verstand eers daarna, dan word so ‘n ontwikkelde verstand ‘n noodsaaklike eteriese liglewe wat die siel omring soos wat die ligeter die son omring, waaruit al die heerlike gevolge dan te voorskyn kom wat julle soos hierdie aarde orals tot lewe sien kom. 

[8] By die korrekte vorming van die menslike siel is en bly die siel iets innerlik wat aktief is, en dit wat julle ‘verstand’ noem is die uitstromende resultaat van die innerlike werksaamheid van die siel. Die lig van die verstand, wat na buite gerig is, verlig vir die siel alle moontlike kritieke, uiterlike omstandighede en die wil van die siel vermeng haar dan met die uitstralende lig en maak op wonderbaarlike wyse alles vrugbaar en laat dit gedy; want as die orde van die mens op dié wyse volgens my orde is, kom die wil en die vertroue ook uit My of my almagtige wil voort, waarvolgens immers elke skepsel hom dan beslis moet neerlê. Wat so ‘n mens, wat binne my orde lewe, dan wil, moet in die wye omtrek gebeur, want deur die uitstralende lewensfeer van ‘n mens stroom in wese my Gees, waarin alle dinge moontlik is. 

[9] As so ‘n mens dan heeltemal deur of uit sy gees wedergebore word, is hy volkome aan My gelyk, en kan jy self in alle lewensvryheid wat hy maar wil, binne my orde, wat hy dan self geword het, en as hy volgens sy vrye wil iets wil doen, moet dit gebeur. In die volmaakte lewenstoestand, omdat hy aan My volledig gelyk is, is die mens dan nie net heerser en meester oor die skepsels en die elemente van hierdie aarde nie, maar sy heerskappy strek hom dan, net soos Myne, uit oor die hele skepping in Aiebrieliu die eindelose ruimte, en sy wil kan aan die tallose wêrelde wette voorskif en dit sal opgevolg word. Want sy verglansde gesigsvermoë deurdring alles net soos Myne en eintlik saam met Myne, en sy onbeperkte waarneming sien orals in die hele skepping wat daar nodig is, en kan ook enigiets voorskryf en skep en help: want hy is immers in alles één met My.

12.10 MAG VAN DIE VOLMAAKTE SIEL 

Hfst. 218 bl. 520 (Die Meester): “Maar voor My menswording kon niemand hierdie graad van allerhoogste lewensvervolmaking bereik nie, en daarom het Ek nou op hierdie aarde gekom om julle deur die wedergeboorte van julle gees in julle siel, tot my ware kinders te maak. As ek nou dus oor ‘n volmaakte siel praat, geld dit suiwer vir die siel waarin my gees weliswaar reeds werksaam is, maar waarmee hy nog nie heeltemal één is nie.” 

12.11 OPVOEDING VAN KINDERS 

Hfst. 124 bl. 287 par. [3]: “Buig daarom al julle kinders reg tydens hul jeug, waarin hulle maklik te lei is.

[4]’n Kind is tot aan die sewende jaar altyd nog veel meer dier as mens. Want wat by die kind mens is, lê meestal nog in diepe slaap versonke. Omdat ‘n kind dus veel meer dier is as mens, het hy ook maar net baie dierlike en daarby uiters min werklike menslike behoeftes. 

[5]Gee hulle slegs die nodigste! Maak hulle vroegtydig gewoond aan die ontbering van allerlei dinge, prys die brawes nooit te oordrewe nie, wees egter ook nie te hard teenoor diegene wat minder begaafd en braaf is nie, maar behandel hulle met ware liefde en geduld. 

[6]Laat hulle hul oefen in allerlei goeie en nuttige dinge, en maak die kind, al is hy hóé goed en braaf, nooit ydel of egoïsties nie en laat hy homself nooit oorskat nie. Ook moet mens kinders, veral as hulle mooi is, nooit deur mooi en duur klere nog ydeler en trotser maak as wat hulle alreeds van nature is nie. Mens moet hulle suiwer hou, daar egter nooit ‘n huisgodjie van maak nie, dan sal mens hulle vanaf die geboorte reeds op dié weg bring wat hulle in hul rypere jeug daar sal bring waar julle almal nou eers deur My gekom het. 

[7]Die maagd sal kuis en sedig die staat van eerbare moeder bereik en die jongeling sal met ‘n siel wat tot dié van ‘n man ryp geword het en ‘n helder gees daarin het, man word en ‘n seën wees vir sy mense en vir die aarde en al haar skepsele. 

[8]Maar as jy te veel toegee aan die dierlike luste en hartstogte van jou kinders, sal jy daarmee ook vir alle ondeugde ‘n nuwe en breë poort oopmaak, waardeur hulle in groot menigtes onheilbringend hierdie wêreld sal binnedring; en as hulle eenmaal daar is, sal julle tevergeefs met allerlei wapens teen hulle in stryde wees en niks uitrig teen hul mag en groot geweld nie! 

[9]Versorg daarom die boompies sodat hulle reëlreg hemelwaarts groei en suiwer hulle sorgvuldig van alle wilde vergroeiing; want as die bome eenmaal groot en sterk geword het en hulle stam lelike kronkels het, wat ontstaan het deur die slegte winde, dan sal julle dit ondanks al julle kraginspannings nie weer reguit kan buig nie! 

12.13WEDERGEBOORTE EN KORREKTE OPVOEDING 

Hfst. 220 bl. 525 par. [8]: (effens verkort) Ek het nou die nuwe weg so voorberei dat My Gees, wat Ek nou as ‘n vonk van my Vaderliefde in die hart van elke siel lê en gelê het, deur julle liefde tot My, en daardeur waaragtig en daadwerklik tot die naaste, gevoed word, en in julle siel sal groei, en na die bereiking van die regte grootte en krag homself volledig met die genese siel sal verenig en daarmee één word wat dus wedergeboorte van die gees moet en ook sal heet.” 

[9] Wie dit bereik het, staan dan natuurlik onvergelykbaar baie hoër as enige ander siel, al is sy ook hoe volmaak in haarself; so ‘n siel is weliswaar ook tot baie in staat, maar desondanks, tog ewiglik nie tot alles wat aan die volledig wedergeborene siel voorbehou is nie. 

[10] Hierdie vonk van my liefde word egter eers volledig in die hart van ‘n mensesiel gelê, as ‘n mens my woord gehoor het en dit in geloof in sy hart aangeneem het; solank dit nie die geval is nie, kan geen mens, al is sy siel hoe volmaak, die wedergeboorte van die gees bereik nie. Want sonder my woord wat Ek nou tot julle spreek, sal die vonk van my liefde nie in die hart van julle siel kom nie, en as sy nie daar is nie, kan sy ook nie in ‘n siel groei en gedy nie, en dus ook nie daarin wedergebore word nie. 

[11] (laaste sin). . . Die hart word gevorm deur die ware liefde en deur sagmoedigheid en geduld. 

[12] Leer die kinders al vroeg om die Vader in die hemel lief te hê, toon hulle hoe goed en liefdevol Hy is, soos Hy alles wat bestaan terwille van die mense besonder goed, mooi en wys geskape het, en hoe Hy veral die klein, Hom bo alles liefhebbende kinders toegedaan is! Maak hulle by elke geleentheid opmerksaam dat die Vader alles reël en doen en laat gebeur, dan sal die harte van die kleintjies na My toe keer en my liefde sal baie gou in hulle begin groei! As julle die kleintjies so sal lei, sal julle geringe moeite baie gou goue vrugte dra – maar andersins, dorings en distels, waarop nóg druiwe nóg vye sal groei! 

12.13 WONDERKRAG VAN DIE WEDERGEBORENE 

Hfst. 225 bl. 533 par. [3]: “Julle siele sal weliswaar, op ‘n paar na, nooit as siele tot die insig kom nie, maar hulle sal deur my oorgrote liefde vir julle so gelouter word dat hulle volkome geskik sal wees om my Gees volledig te kan opneem. As julle dan, nie deur julle verdienste nie, maar alleen deur my liefde, met barmhartigheid en erbarming, in die gees wedergebore word, sal julle nog groter dinge verrig (as wat julle hier gesien het). Nie deur die krag van die volmaaktheid van julle siele nie, maar deur die Krag van my Gees wat julle siele, wat op sigself maar swak is, deurdring, waardeur dan natuurlik ook julle siele vir ewig steeds meer lewenskragtig sal word! Ek wil egter geen wonderdoeners van julle maak nie, maar egte weldoeners van die mense! As my Gees wat in julle gewek is, volledig in julle gaan werk, sal julle begrip helder en verlig word, en daardeur sal julle langs ‘n baie natuurlike weg die kragte van die natuur beluister, en haar geeste of respektiewelik die geestelike, oorspronklike, spesifieke wesens aan julle diensbaar maak, daardeur sal julle groot aardse lewensvoordele verkry, wat julle egter moet gebruik vir die welsyn van die armer mensdom. . .!” 

12.14 VERHOUDING TUSSEN SIEL EN GEES 

Hfst. 226 bl. 534 (Die Meester): “Die siel sal haar steeds so tot die gees in verhouding stel soos die aardse liggaam tot die siel. Die liggaam van ‘n siel, al is dit hoe volmaak, het in sekere sin ook ‘n eie wil om te geniet, waardeur die die siel bedorwe kan word as sy daarop ingaan. ‘n Korrek opgevoede siel sal egter nooit ingaan op die vraatsug van die liggaam, en steeds die baas oor haar liggaam bly nie: maar by ‘n verkeerde opgevoede siel is dit wel moontlik.” 

[2] Tog bestaan daar tussen siel en gees maar net dieselfde verhouding as tussen ‘n oervolmaakte siel en haar liggaam. Die liggaam kan self begeertes hê soveel as wat dit maar wil, en met al sy stekels, wat dikwels baie skerp is, die siel prikkel om daaraan te voldoen en dit te bevredig, maar dan sê die volmaakte siel tog altyd met sukses néé daarteen! En presies dieselfde doen my Gees in die siel waarin hy heeltemal oorgegaan het! 

[3]Solank die siel heeltemal opgaan in die wil van die gees, so lank gebeur alles presies volgens die wil van die gees, wat ook my wil is; maar wanneer die siel egter, deur herinnerings van vroeër, wat meer besig was met sinnelike dinge, ingetrek raak, dan tree die gees op sulke oomblikke terug en laat die siel net oor aan die uitvoering van haar begeerte, waarvan meestal niks tereg kom nie, veral as die uitvoering daarvan baie weinig of dikwels ook heeltemal niks geesteliks ten doel het nie.

[4]Die siel, wat weldra haar egoïstiese swakheid en onhandigheid bemerk, laat dan ook baie gou haar, op eie begeerte gerigte, drome vaar, verenig haar weer baie innig met die gees en laat sy wil oorheers. Dan is daar natuurlik weer orde en krag en mag in oorvloed.

12.15REDE VIR ONTHULLINGS VAN DIE MEESTER 

Hfst. 263 bl. 615 par. [1]: “. . . sodat julle dit alles nie meer volgens bygeloof, maar volgens die volledige en heel natuurlike waarheid sal beoordeel en julle daarvolgens sal rig.” 

[7] Natuurlik sal dit julle ook baie moeite kos om dit te bereik waar julle siel geheel en al deurdronge word van die gees en daadkrag; maar wanneer julle met sekerheid daardeur verryk sal word met die allergrootste en allerhoogste lewensgoed, dan kan julle jul dit laat welgeval! Want alle al lela obec wonderbaarlike eienskappe van een volmaakte mensesiel en alle skatte van hierdie aarde is immers nog nie die kleinste doudruppel vergeleke met die groot wêreldsee van dit wat baie eerder op julle wag deur die korrekte opvolg van my woord en wil nie. Die eens komende stoflike dood van julle liggaam, wat julle egter wesenlik weinig net so min sal steur as wanneer julle ‘n ou, vervalle huis sou verlaat wat elke oomblik in duie kan stort, om eerder in die plek daarvan vir altyd en ewig ‘n nuwe huis te betrek – ‘n huis waar die storms van geen enkele tydperk ‘n houvas op kan kry nie! 

[8]Want waarlik sê Ek vir julle: Alle wedergebore mense wat na my woord handel sal die liggaamlike dood nie voel nie, soos wat die wêreldse mense en baie diere dit vrees nie, maar hulle sal self vrywillig die liggaam verlaat wanneer Ek hulle, omdat Ek hulle vir hoër doeleindes nodig het, uit hierdie wêreld na My huis sal roep! 

[Einde van uittreksels] 

13. KLEIN OPSOMMING VAN DIE GROOT STORIE 

Die Vader se gedagtes is nie ons gedagtes nie, daarom kan niemand op aarde sê dat hy alles insien en verstaan nie. Maar waar ons voorheen net ten dele geken het, begin ons nou meer ten volle ken, en dit gebeur regoor die aarde in die harte en verstand van hulle wat opreg die waarheid soek en wat nastreef dit wat goed is. 

Só beskou ek dit: Die Vader is al wat bestaan in die oneiendigheid, en in sy Wysheid besluit Hy om uit Hom wesens voort te bring. Hy gee van hierdie wesens kans om nie net sy skepsels te wees nie, maar om volwaardige kinders van Hom te word, na sy beeld m.a.w. gelyk aan Hom wat betref ingesteldheid, goedhartigheid, volmaaktheid, reinheid, wysheid en bo alles liefdevolheid. Hierdie wesens kom na die aarde, wat Hy vooraf presies ontwerp het as die ideale leerskool vir sy skepsels, waar diegende wat waarlik sy kinders wil wees kan leer en ontwikkel deur praktiese ervarings. Om die fisiese wêreld te kan skep, skep Hy uit sy magtige wil twee pole, waarvan een die anti-pool van Hom is, nl. donkerte of die gebrek aan liefde. Dit is hoekom die Satan hier na die aarde uitgewerp is, om ons te verlei na die donkerte, vyandskap, haat, materialistiese selfsugtigheid, seksuele losbandigheid, hoogmoed, ydelheid, die afgrond, die dood – die teenpool van Liefde, sagmoedigheid, geduld, verdraagsaamheid, vergifnis, genade, reinheid en Lig. Sy skepsels moes eers verwyder word van Hom, in ‘n fisiese wêreld waarin hulle heeltemal vergeet het waar hulle vandaan kom en vergeet het dat hulle uit Hom geskep is. Om hulle die geleentheid te gee om volwaardige kinders van Hom te word, sodat hulle volkome gelyk aan Hom kan wees, maar tog nie net klone van Hom nie maar kinders met ‘n eie ontwikkelde identiteit en wil, gee Hy hulle vrye wil, en met hierdie vrye wil meng Hy nooit in nie. 

Hy skep al die materiaal en materie waarbinne en waarmee ons kan “werk” om die einddoel te bereik. Hy plaas die siel, vir jou, binne in ‘n vleeslike liggaam, en binne-in die siel kom die vonk of saadjie van sy Gees wanneer jy sy woord hoor en aanneem, en 

die Gees begin om die siel te lei sodra sy tot die regte insig begin kom. Hierdie fisiese materiaal om ons, wat die tydelike manifestasie van sy wil is, sluit alles in wat ons nodig het vir oorlewing en vir ons ontwikkeling. Hy maak alles op die aarde en in die heelal ‘n spieëlbeeld van die ware realiteit. As jy mooi gaan dink, kan jy ‘n verband kry tussen sy orde en dit wat ons hier in die natuur kan waarneem, selfs het Hy dit so bestem dat ons ook vaders en moeders kan wees, en dat ons ook fisies kinders kan “skep”, met onderliggend die wonderwerking van sy Gees. Wanneer ons self kinders het, leer ons van ouerliefde, en ons kan daaruit ook ‘n bietjie insig kry oor hoe die Vader vir ons as sy kinders liefhet. Ons en ons kinders, elk met ons eie identiteit en wil, se einddoel is om deur die regte insig en bewussyn ‘n nuwe wese te word wat verenig is met die goddelike Gees in ons, ‘n ware kind van die Vader – dan word jou siel omskep tot ‘n verheerlikte wese, maar met volle behoud van jou eie bewussyn en identiteit. 

Daar is ‘n sekere orde wat Hy ingestel het en dit kom basies neer op oorsaak en gevolg. Wat jy saai, sal jy maai. En omdat Hy en die onderliggende kern van alles wat Hy geskep het, liefde, suiwerheid, goedheid en edelheid is, neig alles in die aardse belewenis terug na hierdie waardes. Die oomblik as jy buite hierdie orde oortree, dan sal jy die gevolge daarvan dra, en met die tyd begin jy te leer. Oortredings van die orde verooraak liggaamlike siektes en allerlei ellendes en teëspoed. Alles wat jy ervaar het, het ten doel om jou terug te laat groei na die Vader, na waar jy vandaan kom ‘n moeisame proses. Maar in die proses het jy die ongelooflike groot geskenk ontvang om jou eie bewussyn te kan hê, om jou eie identiteit te kan hê, jou vryheid en onafhanklikheid met al die seëninge wat daarmee saamgaan. Met eindelose geduld en liefde laat Hy toe dat die skepsels self hulle foute maak en uiteindelik leer uit hul foute. Hy het dit so bestem dat Hy in die menslike persoon Jesus na ons toe gekom het, om ons vry te stel van die duisternis en om aan ons te toon dat die Seun, wat Liefde is, binne ons is. Dit is so bestem dat die Bybelse geskrifte en dit wat aangeteken is, ‘n goue draad van waarheid behou het, maar dat dit en die godsdienste wat daaruit voortgevloei het, ook verdraai is deur die skrywers en priesters sodat baie afdwaal. Op die ou end ontdek die soekers na ware waarheid en goedheid dat die antwoord in eenvoud is, binne-in die binnekamer van ons harte (m.a.w. in ons innerlike emosionele siele-belewenis en – bewustheid), en nie in enige sinagoge of kerkgebou se doktrines te vinde is nie. 

Alles is so saamgestel dat jy onvermydelik deur hartseer en swaarkry moet leer, en so gelouter en gesuiwer word – dus is die prys wat ons moet betaal, hoog. Maar die ontsettende geskenk wat ons kan ontvang, nl. om in alle opsigte ‘n volwaardige kind van die Hemelse Vader te word, en die meegaande seëninge en né die heerlikheid daarvan, is groter as wat beskryf kan word. Dit is oor en oor die moeite werd om alles van ons kant af in die stryd te werp om ons erfenis te verkry! Ons moet los kom van die materiële verknogthede, ons moet ons siele-energie rig op dít wat onsigbaar is vir die menslike oog maar EWIG is! Hy het ons goed toegerus om die einddoel, die hoogste ideaal te bereik. Ons het ‘n ingebore, skeppende vermoë wat ons kan aktiveer deur ‘n vaste keuse, en deur ons denke, woorde en dade kongruent te fokus op die hoogste ideaal. 

Ons moet dit nóú doen. Deur Hom is daar ‘n eindtyd bestem waar die geestelike en dit wat wêrelds is, geskei word. Ons moet nou doelbewus groei in die geestelike, in die wil van die Vader, sodat ons nie met hierdie skeiding vasgevang word in materie nie. Diegene wat alreeds geestelik gegroei het en geestelik ingestel is, sal reeds die tekens van die eindtyd in die natuur eiben sien. Dit is nou hier. Diegene wat steeds wêrelds ingestel is, sal dit nie raaksien of wil raaksien nie, en wêreldse geleerdes sal allerhande wetenskaplike verduidelikings voorhou. Die oorsaak van alles is egter die Vader, wat dit so bestem het sodat meer mense geestelik sal begin dink, antwoorde soek, innerlik sal verander en gered sal wees. 

14.SLOTWOORD 

Niemand kan saligheid verdien nie, dit kom eerstens deur die genade van die Vader. Ons taak is om tot die regte insig te kom deur die gesindheid van ware nederigheid en opregtheid. Sy gebod is so eenvoudig dat die meeste mense dit moeilik kan verstaan omdat hulle nie ware liefde gee en ervaar nie. Dit is egter die liefde en die liefde alleen wat jou siel kan help tot eenwording met die Gees, omrede die hele Wese van die Vader en sy Gees, liefde is. Ongeag al ons gebreke, swakhede, oortredinge en aardse “domheid”, en al die swaarkry en hartseer en gestorte trane – weet dat dit bestem was om so te wees vir jou eie ontwikkeling. Weet ook dat die wonder van die Vader in jou is. Jou innerlike wese en kern is wonderbaarlik, gebore uit die Vader van die Hoogste Hemele. As jy ware liefde in jou hart opgewek het, sal die groot Liefde vir ewig in jou hart kom woon. Al die kleure van die reënboog maak saam die helderste, suiwerste wit.

GEBED VAN DIE SIEL CD 

Die doel van hierdie CD is om onsself te herinner dat ons met die regte gesindheid in die hart moet bid. Riglyne oor hoe ons dit behoort te doen word in die JEUG VAN JAHSHUA (JESUS), geskryf deur Jakob Lorber, deur Jesus gegee. By hierdie geleentheid, terwyl Jesus nog in die vlees ‘n kindjie was, het Josef, Jesus se aardse vader, ‘n tafelgebed gedoen en Elohim gedank vir die voedsel. Drie priesters wat teenwoordig was, het hom verbaas gevra watter Elohim hy dank. Is hierdie Kind dan die eerste, egte Elohim nie? Waarom dank hy dan nog ‘n ander een? Josef was effens verbaas oor die vraag en het nie presies geweet wat hy daarop moes antwoord nie. 

Aanhaling uit DIE JEUG VAN JAHSHUA (JESUS), Jakob Lorber, bl. 198: 

‘Maar die Kindjie sê: “Josef, maak jou geen onnodige bekommernis daaroor nie, want wat die drie gesê het, dit sal vervul word! Maar wees nou nie besorgd nie, want jy bid nogtans net tot één Elohim en Vader!” Josef het die Kindjie gekus en gesê: “Ja voorwaar, as in Jou nie die hart van die Vader was nie, dan sou Jy nooit sulke woorde kon gespreek het nie! 

Want waar op die hele wêreld is daar ‘n kind van Jou leeftyd wat by magte is om uit Homself sulke woorde te praat, soos ‘n wyse nog nooit gespreek het nie?! 

Sê my daarom of ek vir Jou volledig as my Elohim en Meester moet aanbid!” 

Hierdie vraag van Josef aan die Kindjie het die gemoedere van alle aanwesiges verbaas. 

Maar die Kindjie het sag laggend aan Josef gesê: “Josef, weet jy wel hoe die mens tot Elohim moet bid? 

Kyk, jy weet nie heeltemal nie; daarom wil Ek dit vir jou sê!” “Luister, die mens moet tot Elohim bid in gees en waarheid, maar nie met die lippe, soos die kinders van die wêreld dit doen nie wat meen dat hulle Elohim gedien het as hulle ‘n tydlank hulle lippe beweeg het nie. Wil jy egter in gees en waarheid bid, dan moet jy Elohim liefhê in jou hart en goed doen aan alle vriende en vyande, dan sal jou gebed regverdig wees voor Elohim!. 

As iemand egter net op vaste tye met die lippe ‘n kort rukkie voor Elohim geprewel het en tydens die geprewel aan allerlei wêreldse dinge gedink het wat hom nader aan die hart lê as sy gewyde gebed, ja meer as Elohim Self,- sê My, is dit dan wel ‘n gebed?! Werklik, miljoene sulke gebede sal deur Elohim presies so verhoor word as wat ‘n klip die stem van ‘n skreeuer verhoor! 

Maar as jy bid uit liefde tot Elohim, dan hoef jy nooit te vra of jy My nou moet aanbid as die mees gewyde Elohim en Vader nie. 

Want wie so tot Elohim bid, bid ook tot My; want die Vader en Ek is één van liefde en één van hart.” Hierby verskyn die woorde van die drie snitte op die Gebed van die siel CD:

1.Jarah se gebed 

(Jarah was ‘n 15-jarige dogter wat baie lief vir die Vader was, sy het in Jesus se tyd hier op die aarde geleef. Sy was geestelik volwasse en het baie wysheid en insig gehad) 

“Ek verplaas my met nou met al my gedagtes en gevoelens in die diepste wese van my hart, waar die Vader se liefde woon. Daardeur word hierdie gewyde liefde net so gevoed as wanneer ‘n mens op ‘n swakke vuurgloed wat nie meer vlam nie, droë en baie ligte, brandbare hout lê. Hierdie vlammetjie ontvlam tot ‘n helder vuur, en my hart word helder verlig en heeltemal warm van lewe. 

O Vader in die hemele! Geheilig sy U Naam. Laat u Vaderliefde kom na ons arme sondaars, wat vol dood en nag is! U enig heilige en apartgestelde wil geskied hier op die aarde soos in al U hemele! As ons teen U ewige, heilige orde, oortree het, vergeef ons dan die dwaasheid en wees geduldig en begrypend met ons, soos ook ons met diegene geduld en begrip toon wat ons op die een of ander wyse onreg aangedoen het! 

Laat nie toe dat ons liggaamlike swakheid dan ook bo ons vermoë deur die wêreld en deur die duiwel versoek word nie, maar verlos ons deur U groot barmhartigheid, liefde en medelye van duisendvoudige kwaad waardeur ons liefde tot U, o groot en heilige Vader, vertroebel en verswak sou kan word! Maar as ons honger en dors is, sowel geestelik as liggaamlik, gee ons dan, liewe Vader, dit wat U vind wat ons daagliks nodig het! 

Aan U al my liefde, alle eer en alle lof van ewigheid tot ewigheid. Amen” 

2.Boodskap uit die hart 

Om meer insig te kry oor waar hierdie boodskap werklik vandaan kom, plaas ek ook hierdie kort aanhaling uit die DIE JEUG VAN JAHSHUA, bl. 196, waar die Kindjie Jesus die volgende sê: 

“Kyk, waar die liefde van die Vader is, daar is ook Sy hart; in My is die liefde van die Vader en dus ook Sy hart! 

Niemand dra sy hart buite homself nie, dus ook nie die Vader nie; daar waar Sy hart is, daar is Hy ook!” Einde van aanhaling. 

Boodskap uit die hart: 

“Mensekind. Ek ken jou al baie lank, en ek ken jou baie goed. Ek is die Liefde wat binne jou woon. Wanneer jy Liefde voel, dan is ek in jou en by jou. Ek is Liefde en bestaan vir ewig, en ek het jou al geken lank voordat jy op die aarde gebore is. Uit Liefde wat volmaak is, en veel groter is as wat jy nou kan begryp, is jy geskape. Liefde bring altyd meer liefde voort, daarom is jy geskape as ‘n kosbare kind waarin Liefde kan leef, meer kan word, en waarvandaan meer liefde uitgestraal kan word. Liefde is skeppend, en skep met volmaakte wysheid. Liefde kan net goed voortbring, daarom is jou uiteindelike doel goed. Jy is geskape met ‘n hoër doel, jy het ‘n belangrike roeping om te vervul vanuit Jaw die perspektief van die ewigheid. 

Jy het al baie dinge hier in die leerskool van die aarde ondervind. Baie dinge wat jou soms gelukkig en soms baie ongelukkig gemaak het. Ek weet van alles, van elke gevoel, elke gedagte en elke optrede. Ek weet van die swaar, ek weet van jou pyn en hartseer. Om Liefde waarlik te leer ken, moes jy tydelik ook die teenoorgestelde van liefde ervaar. Om waarlik ‘n vrye kind van die Liefde te word, kry jy die kans om self te kies. Op die aarde laat ek twee pole toe, Lig en liefde, en my teenoorgestelde, wat duisternis, oordeel, haat en vrees is. Hier kry jy kans om alles te ervaar en self te kies. Ek vra jou om na my te kom. Kies liefde, en jy kies lewe. Jy kan my nie sien nie, maar jy kan my in jou hart, in jou emosies voel wanneer jy sagmoedig is. Jy kan my in jou hart hoor wanneer jy baie stil is en met jou hart luister. 

Jy kan liefde ervaar en vergroot in jou hart wanneer jy jou naaste help. ‘n Liefdevolle gebaar van hulp of ondersteuning aan diegene wat om jou is en oor jou pad kom, is die beste manier om liefde binne jouself op te wek. 

Daar is ‘n eevoudige gebod gegee wat jou sal lei op die pad na jou saligwording. Ek is die enigste Vader van alles wat bestaan, en vir My moet jy liefhê met jou hele hart en jou hele siel en jou hele verstand. En jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 

Jy moet niemand of niks anders aanbid en aanroep nie, maar slegs vir My. Tog is daar baie wat ander gode aanbid, selfgemaakte wêreldse gode in hul soeke na eie mag. 

Wanneer daar hoogmoed, selfsug, oneerlikheid, onreg, 

verknogtheid aan die aardse besittings en aan aardse genot in jou is, kan Ek nie in My volmaaktheid en volheid by jou wees nie. Wanneer sagmoedigheid, nederigheid, verdraagsaamheid, geduld, opregtheid, mededeelsaamheid en regverdigheid in jou is, dan kan Ek in My volmaaktheid en volheid in jou en by jou wees. Hoe meer liefde jy dan in jou hart het en gee, hoe meer sal jy ontvang. 

Maak jou hart en gemoed skoon van dit wat jou weghou van liefde af. Jou ingebore kompas, jou gewete, sal vir jou aandui 

wat jy moet regstel, oorweeg net alle aspekte van jou lewe baie mooi, en meet dit aan My gebod. Jy het ‘n baie groot geskenk ontvang, groter as wat jy nou kan besef. Jy het die geleentheid om volwaardig My kind te wees, om te deel in alles wat Ek het. Ek is die liefde wat elke sel in jou liggaam aan die lewe hou, Ek is die Liefde waaruit jou kosbare siel voortgespruit het, en Ek gee hierdie geskenk van lewe aan jou. Neem dit in liefde aan, soos wat ek dit in Liefde gee. 

Ek deurdring alles. 

Ek is baie naby aan jou. Ek is die Een wat in jou hart, jou diepe emosionele wese is. Ek is die Een wat nou deur jou oë na die wêreld kyk. Ek is oneindig lief vir jou met My volmaakte liefde, en niks sal dit ooit verander nie.” 

Amen

3.Gebed van die Siel 

“O my Hemelse Vader, hoor my opregte gebed. Ek weet dat leë lippetaal vir U niks beteken nie, maar net die opregte emosies en gevoel in die hart van my siel. Ek dra nou die volgende gevoelens in my hart aan u oor terwyl ek dit met my verstand verwoord. Dankie vir lewe. Dankie vir liefde. Uit my diepste siel- wese eer ek U en erken ek U as die enigste Skepper van die Hemel en die Aarde. Dankie vir U geduld met my. Ek was verlore, en U het My gered. U het nooit ingemeng met My wil nie, want U het ‘n vrye wil vir my geskenk saam met die geskenk van lewe. U laat toe dat ek my eie foute maak, en deur praktiese ervaring geskool word tot die regte insig volgens U orde, wat apart gestel is en heilig is, en nie van die wêreld is nie. U laat toe dat ek self, deur my eie fisiese en emosionele ervarings, leer van sagmoedigheid, nederigheid, geduld, respek, regverdigheid, opregtheid, geduld, hoop, geloof, en liefde – al die elemente wat ek moet leer om my siel van die gedoemde wêreld te bevry. Ek dank U vir elke les. Hoe swaar dit ookal soms is, is dit niks in vergelyking met die waarde van die ewige lewe vir my siel nie. 

Skenk my asseblief die insig om nie bekommerd te wees oor die oorlewing van my vleeslike liggaam nie, maar skenk my asseblief ook die krag, wysheid en geduld om met verdraagsaamheid regdeur elke probleem of krisis te gaan, en daaruit vir my siel die lewegewende lesse te haal wat nodig is vir ware lewe. Dankie dat U die regte leer vir ons hier op aarde gebring het, en dat U ons reeds vrygekoop het van die juk van oordeel en straf. Lei ook vir ons om diegene wat U leer nog nie aangeneem het nie, behulpsaam te wees wanneer hulle met woorde of ook sonder woorde daarvoor vra. 

Ek is my lewe, my alles, aan U alleen verskuldig. Help my asseblief om waardig U kind te wees volgens U orde. Die liefde teenoor U wat ek nou in my hart voel, verkwik my soos ‘n klein kind wat sagkens deur sy ouer se arms vasgehou en toegevou word en veilig en geborge en gelukkig is. Dit verkwik my soos ‘n plant wat eens in ‘n lang droogte was, en nou U sagte reën op hom voel, en wat met lewenskragtigheid na bo uitspruit. Deurdring asseblief my siel met U kosbare Liefdeslig. Laat U gees in my opgewek word volgens U wil, en steeds meer my siel deurskyn met U liefde en waarheid en wysheid. 

U is my alfa en my omega, my begin en my einde. Ek rig my volle aandag op U hier in my hart, hier diep binne-in my diepste gevoel. Ek eer U. Leer my, o Vader. Laat die gedagtes wat in my ontspring, volgens U wil wees. Laat ek dit herken as U wil, en skenk my wysheid en insig en lewenskrag volgens U wil en U ewige orde. As dit U wil is, laat my toe om U dienaar te wees. Lei my om U liefde en boodskap met woord en daad te bring aan my naaste, sodat ek hulle kan help volgens U wil. Vergewe asseblief my swakhede, en help my om dit te oorkom. Laat my groei om ‘n volwaardige kind van U te wees, sodat ek sterk en standvastig ook my wil, gelyk aan U wil, kan aanwend in U skeppingsplan. Liewe Vader, dankie vir alles. Laat U wil geskied. Amen”

ABBA